Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Brenda Apsley (Apsley, Brenda)

Brenda Apsley is ervare skrywer en redakteur in die VK wat ten volle betrokke is by die ontwikkeling van oorspronklike idees, die skryfproses en projekbestuur. Sy is 'n gerespekteerde skrywer met 'n reeks titels uit haar pen wat strek van boeke vir babas tot tienerverhale.

Brenda Apsley is an experienced writer and editor involved in the development of original ideas and concepts, writing and project management. Her books range from first books for babies, to teen novels; and all have in common the effective communication of innovative and inspirational ideas.

vetseun
1, 2, 3 ... Laat Waai! .......... 2013 HUMAN & ROUSSEAU
Illustrasie: Emi Ordas
ISBN: 9780798162807

Prettige aktiwiteite en kleurvolle prente maak dit maklik en lekker om te leer tel saam met al die dieremaats en goeters wat gaan. Uitvou-bladsye en 'n draaiwiel sorg vir slim syferpret!
Enjoy learning to count with fun activities and all the animals friends and things that go. Fold-out pages and turning wheel creates clever number fun!

vetseun
1, 2, 3 ... Plaas! ................. 2013 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798162791
Prettige aktiwiteite en kleurvolle prente maak dit maklik en lekker om te leer tel saam met al die diere op die plaas. Uitvou-bladsye en 'n draaiwiel sorg vir slim syferpret!
Enjoy learning to count with fun activities and all the animals on the farm. Fold-out pages and turning wheel creates clever number fun!

vetseun
Waar Is Baba? .................. 2013 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798159494

Geniet die prettige, leersame aktiwiteite en trek die prentebladsye uit om te sien waar die babadiere wegkruip.
Watter diere woon in die see? Watter diere het kolle? Hoeveel hondjies tel jy? Kom kyk hoe oulik is al die mamma- en baba-diere!
Enjoy the fun early learning activities and pull out the picture pages to find out where the baby animals are hiding!
Which animals live in the sea? Which animals have spots? How many puppies can you count? Come and see how cute all the animal mommies and babies are!

vetseun
Waar is Mamma? ............. 2013 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798159487

Geniet die prettige, leersame aktiwiteite en trek die prentebladsye uit om te sien waar die babadiere wegkruip. Watter diere woon in die see? Watter diere het kolle? Hoeveel hondjies tel jy? Kom kyk hoe oulik is al die mamma- en baba-diere!
Enjoy the fun early learning activities and pull out the picture pages to find out where the baby animals are hiding!
How many legs does a spider have? Who has two horns? Can you find the little kitten? Come and see how cute all the animal mommies and babies are!

vetseun
Bababoek ........................... 2012 HUMAN & ROUSSEAU
Illustrasie: Jeanette O'Toole
ISBN: 9780798157223

Van die oomblik dat hulle gebore word is babas unieke individue met hul eie identiteit. Voltooi hierdie boek en skep 'n spesiale persoonlike aandenking aan jou baba se eerste lewensjaar. Dit is iets wat jy - en jou kind - vir baie jare sal bewaar en waardeer.

vetseun
Die Teddies Se Groot Avontuur . 2012 HUMAN & ROUSSEAU
- Proppie-prentjies
Illustrasie: Craig Cameron
Vertaling: Leon Rousseau Imprint:
ISBN: 9780798156363

Oupa gee vir die apies 5 take voor hulle spesiale gas kom kuier. Maar wie is die gas? Kies sagte apie-proppies en prop hulle by al die tonele in - haal hulle dan uit en speel weer! 'n Heerlike interaktiewe pretboek met voel-en-vat elemente.

vetseun
Diere-families ................... 2012 HUMAN & ROUSSEAU
Illustrasie: Jeanette O'Toole
ISBN: 9780798156134

2-5 jaar. Kom ontdek verskillende diere-families in hierdie prettige kartonboek. Vou die bladsye oop en draai die prentewiel. Kan jy die mamma-kat help om haar klein katjie te soek? Kom help die lammetjie om sy familie te vind. Kyk hoe groot gaan die klein hondjie nog word en vind uit wat noem ons 'n baba-koei!

vetseun
Diere-plesiere ................... 2012 HUMAN & ROUSSEAU
Illustrasie: Jeanette O'Toole
ISBN: 9780798156158

2-5 jaar. Kom speel saam met al die diere-maats in hierdie prettige kartonboek. Vou die bladsye oop en draai die prentewiel. Kan jy die katjie help om haar bolletjie wol te soek? Kom kyk watter soort diere het strepe en watter het kolle! Kan jy grom soos

vetseun
Skoonvee Leerboek ......... 2012 HUMAN & ROUSSEAU
Illustrasie: Craig Cameron
ISBN: 9780798157179

Leer hoe om syfers van 1 tot 20 te skryf en eenvoudige somme te doen. Gebruik die penne in drie verskillende kleure om die aktiwiteite te voltooi; vee dan die bladsye skoon met die skoonmaker aan die pen en speel weer!

vetseun
Skoonvee Leerboek .......... 2012 HUMAN & ROUSSEAU
Illustrasie: Craig Cameron
ISBN: 9780798157186

3-8 jaar - Leer hoe om die letters van die alfabet en eenvoudige woorde te skryf met hierdie prettige skoonvee-boek. Gebruik die penne in drie verskillende kleure om die aktiwiteite te voltooi; vee dan die bladsye skoon met die skoonmaker aan die pen en speel weer!

vetseun
Wie Kom Kuier By Die Apies? . 2012 HUMAN & ROUSSEAU
Illustrasie: Craig Cameron
Vertaling: Leon Rousseau
ISBN: 9780798156356

Oom Bertus Beer neem die klein teddies op 'n groot avontuur. Maar niemand weet waarheen nie! Voel-en-vat, kies sagte teddie-proppies en prop hulle by al die tonele in - haal hulle dan uit en speel weer!

vetseun
Lief Vir Leer ....................... 2011 HUMAN & ROUSSEAU
Illustrasie: Craig Cameron
ISBN: 9780798155083

Vir 4-7 jariges. Op 'n dag sien Tillie die beertjie hoe die ander bere skool toe gaan. Sy is nog te jonk om saam te gaan, maar Oupa Bielie-Beer se hy sal haar solank leer lees. Tillie se jy kan ook saam met haar leer! Oupa Bielie-Beer vra vir Tillie om allerhande goeters te soek en dan die eenvoudige woorde te lees. Kom lees saam met Tillie! Die draaiwiele en uittrek-bladsye is groot pret en vol verrassings. Jy kan die speelteels op die laaste bladsy gebruik - druk die regte prent-en-woordteel op die regte plek in, haal dit dan uit en speel weer!

vetseun
Lief Vir Leer ........................ 2011 HUMAN & ROUSSEAU
Illustrasie: Craig Cameron
ISBN: 9780798155076

Vir 4-7 jariges. Kinders leer lekker tel, terwyl hulle gaan verken saam met die onnutsige klein brakkie, Basjan. Basjan is kleiner as sy broers en susters, maar hy het groot planne! Hy ontmoet allerhande interessante nuwe maats, terwyl hy die wereld verken en saam met Basjan leer ons speel-speel hoe om tot by tien te tel. Die draaiwiele en uittrek-bladsye is groot pret en vol verrassings. Jy kan die speelteels op die laaste bladsy gebruik - druk die regte prent-en-woordteel op die regte plek in, haal dit dan uit en speel weer!

vetseun
Rits Rond ........................... 2011 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798152884

Kartonboek met 5 drukknopieprentjies. Kom speel en rits rond saam met allerhande voertuie! Wie bestuur die trok? Wie vlieg die vliegtuig? Jy kan besluit! Prop die drukknopie-prentjies van die karaktertjies in by al die tonele, prop hulle dan uit en speel weer!

vetseun
Little Learners ................... 2011 HUMAN & ROUSSEAU
Illustrasie: Craig Cameron
ISBN: 9780798155069

For 4-7-year-olds. Little Learners will have fun learning to read first words with Tilly and Big Big Grandpa Bear! One morning Tilly watches all the other bears go off to school. She wants to go with them to learn to read, but Mummy says: "Not yet, Tilly." Big Big Grandpa Bear smiles."I'll teach you to read, Tilly," he says. Tilly says you can learn too! There are fun turning wheels and pull-out pages to play with. Press the number tiles in place, then pop them out and play again!

vetseun
Dinosourusse ................... 2010 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798152020

Vind uit oor dinosourusse en allerhande prehistoriese dinge in hierdie wonderlike pretboek! Gebruik die pen, leer speel-speel en in eenvoudige stappe hoe om te teken, en skep dan jou eie prentjies. Hierdie bladsye kan skoongevee word, sodat jy dit weer en weer kan gebruik. Die magnete kan gebruik word vir die pretbladsye in die middel van die boek.

vetseun
Doringrosie ........................ 2010 HUMAN & ROUSSEAU
Illustrasie: Jo-Anne Shilliam
ISBN: 9780798151993

Eendag lank gelede was daar 'n koning en 'n koningin wat baie graag 'n baba wou he. Maar die dag toe hulle uiteindelik 'n babadogtertjie kry, spreek 'n bose fee 'n aaklige towerspreuk oor haar uit. Lees hierdie klassieke storie en kies sagte prentplakkers van vilt om die lee prentjies vol te maak, deur dit maklik op die viltbladsye op elke tweede bladsy van die boek vas te druk.

vetseun
Eendjie Soek Sy Huis ...... 2010 PROTEA BOEKHUIS
Illustrasie: Brenda Apsley
Vertaling: Carina Diedericks-Hugo
ISBN: 9781869193744

Geniet dit om die storie te lees en kies sagte viltprentjiestukkies om elke toneel te voltooi. Arme Eendjie! 'n Groot storm waai hom ver, ver weg van sy huis. Hy probeer sy weg terugvind huis toe en op pad ontmoet hy'n klomp nuwe maatjies! Die storie is perfek vir selflees en voorlees. Met die 30 sagte viltstukkies en plakareas word die boek meer as net 'n leesboek. Dit is 'n lees-, speel- en kreatiewe boek!

vetseun
Kleure ................................. 2010 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798151962

Rooi, geel, blou, groen, oranje, pienk, bruin en pers! Vou die flappies in hierdie titel oop en leer alles van kleure. Wat is alles rooi? Kan jy
soos 'n groot bruin beer grom? Het jy geweet 'n blou ruspe word . . . 'n pragtige blou skoenlapper? Watter kleur is 'n herfsblaar? Dis groot pret om die kleurvolle flappies oop te vou en al die antwoorde te vind!

vetseun
Muisie Volg Haar Neusie . 2010 PROTEA BOEKHUIS
Illustrasie: Jeannette O'Toole
Vertaling: Carina Diedericks-Hugo
ISBN: 9781869193737

Muisie ruik 'n lieflike, nuwe geur in die Pophuis. Sy volg haar nuuskierige neusie om uit te vind wat dit is. Geniet dit om die storie te lees en kies sagte viltprentjiestukkies om elke toneel te voltooi.
Die storie is perfek vir selflees en voorlees. Met die 30 sagte viltstukkies en plakareas word die boek meer as net 'n leesboek. Dit is'n lees-, speel- en kreatiewe boek! Muisie ruik 'n lieflike, nuwe geur in die Pophuis. Sy volg haar nuuskierige neusie om uit te vind wat dit is. Geniet dit om die storie te lees en kies sagte viltprentjiestukkies om elke toneel te voltooi.

vetseun
Rooikappie ........................ 2010 HUMAN & ROUSSEAU
Illustrasie: Jo-Anne Shilliam
ISBN: 9780798151986

Rooikappie moet 'n mandjie eetgoed na haar ouma toe neem. Maar in die woud kom sy 'n geslepe wolf tee en hy beraam 'n plan om Rooikappie en haar ouma op te vreet! Lees hierdie klassieke storie en kies sagte prentplakkers van vilt om die lee prentjies vol te maak deur dit maklik op die viltbladsye op elke tweede bladsy van die boek vas te druk.

vetseun
Syfers ................................. 2010 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798151979

Vou die flappies oop en leer alles van syfers! Leer om van 1 tot 10 te tel, hoe om die syfers te herken en hul name te se. Dit is groot pret om die flappies oop te vou en te sien watter kleurvolle verrassings daaragter wegkruip! Om te leer tel is so maklik soos 1, 2, 3!


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)