Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Braam van Wyk (Van Wyk, Braam)
vetseun
Identifiseer Die Bome Van Suider-Afrika . 2008 STRUIK
Braam van Wyk; Piet van Wyk
ISBN: 9781770077300

Identifikasie van bome word algemeen as moeilik beskou, veral in 'n streek soos Suider-Afrika met 'n groot planteverskeidenheid waar sowat 2 100 boomspesies natuurlik voorkom, met nog 'n paar honderd meer wat uit ander dele van die wereld afkomstig is. Identifiseer die bome van Suider-Afrika - die eerste van sy soort vir die streek - verskaf die agtergrondkennis wat nodig is om bome te identifiseer. Die titel bevorder 'n benadering wat lesers sal toerus om enige veldgids tot bome met groter gemak en meer vertroue te gebruik. Dit begin met basiese inligting oor plantvorm en ontsluit dan stelselmatig die bou van bome om 'n duidelike begrip oor te dra van waarna 'n mens moet kyk om 'n onbekende boom te identifiseer. Die titel is in twee dele verdeel: Deel een, goed toegelig met kleurillustrasies en foto's, beskryf die verskillende dele van 'n boom en hul rol by identifikasie. Deel twee bevat 'n sleutel tot 43 boomgroepe gebaseer op maklik waarneembare stingel- en blaarkenmerke. Daar is gevind dat, as 'n eerste stap tot identifikasie, dit vir die leek nuttiger is om groepe te herken eerder as die formele plantkundige families wat dikwels gebruik word. Die gebruik van 'n simbool om die hoofkenmerke van elke groep uit te beeld, maak dit vir die beginner makliker om 'n begrip van die verskeidenheid bome te vorm. Behandelings van die groepe bied verklarende notas oor groepkenmerke en wenke oor identifikasie van spesies.

vetseun
Dis Koud Hier .................... 1971 TAFELBERG


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)