Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Betsie van Niekerk (Van Niekerk, Betsie)
vetseun
Gamkab ........................ 1996 TAFELBERG

Die Oranjerivier, 'n seun en sy pa, en 'n resieskano is materiaal genoeg vir 'n opwindende verhaal, veral omdat die rivier bekend is vir sy talle stroomversnellings, waarvan Gamkab die grootste en gevaarlikste is.
In hierdie verhaal gaan die seun Louis, 'n enigste kind wat in die moeilikheid beland het by die skool orndat hy weens groepsdruk betrokke geraak het in 'n motorradio-diefstal, alleen saam met sy pa op 'n kanovaart.
Die besonderhede van die diefstal en wat presies daardie aand gebeur het, ontvou deur die loop van die verhaal en behou die spanningslyn. Ná sy aanvanklike onwilligheid begin Louis tog die inspannende ritme van die roeitog geniet. 'n Keerpunt volg wanneer sy pa beseer word en Louis die verantwoordelikheid moet oorneem om kamp op te slaan en voor te roei.
Ten slotte pak hulle die groot stroomversnelling by Gamkab aan, en hulle máák dit. Uiteindelik kom pa en seun met veel beter begrip van mekaar by hul eindbestemming aan. Louis weet nou dat 'n mens maar bang mag wees en foute maak. Sy pa, wat hy gedink het alles altyd so perfek doen, het immers die dom fout gemaak om in 'n troebel rivier in te duik. Deur die verhaal word Louis se vreesagtigheid en gebrek aan selfvertroue geleidelik vervang deur 'n gevoel van daadkrag, moed en selfvertroue.
Die toenadering tussen pa en seun wat hiermee saam groei, is aangrypend. Louis het nie alleen die rivier oorwin nie, maar ook sy gevoel van selfveragting. Sy pa het geleer om op te hou om hom te kritiseer en minderwaardig te laat voel. 'n Vriendskap is gesmee.Hier is 'n skrywer aan die woord wat deur 'n eerstepersoonsverteller die leser 'n ruirnte laat ervaar wat hy kan sien in alle skakerings van kleur en lig, vat hom die geluide van die natuur kan laat hoor, die son en die water op sy vel kan laat voel. Alle sintuie word aangespreek deur 'n taalgebruik en woordeskat wat soepel, helder, vars en nuut is. Die skrywer het 'n gawe om natuurbesonderhede moeiteloos raak te vat in pragtige momente en die atmosfeer wat deur hierdie natuurbeskrywings geskep word, speel net so 'n groot rol as die storielyn self.Dan is daar ook uitmuntende aksiebeskrywings soos die deurroei deur Long Tom, die relaas van die pa se duikongeluk en natuurlik die finale poging by Gamkab self. - graffitibooks.co.za


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )