Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Anchien Troskie (Troskie, Anchien)
vetseun
Die Staat Teen Anna Bruwer / (eBook) . 2012 KWELA/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780795704123
ISBN: 9780795704130

Die opvolg op Dis ek, Anna Wat het met Anna gebeur die oomblik na sy die sneller getrek het? Na sy haar stiefpa wat haar soveel jare lank fisies en emosioneel verrinneweer het, vroeg een oggend in Bloemfontein in die oe gekyk, en toe geskiet het? Agt jaar na die verskyning van Dis ek, Anna neem Anchien Troskie aldus Elbie Lotter weer haar pen op, en skryf die opvolg. Hoe vra 'n mens vergifnis, en wanneer mag jy wraak neem? Dit is die vrae waarmee Anna - en ook die skrywer - worstel ... 'n Skreiend eerlike roman oor Anna Bruwer se lewe na die moord op haar stiefpa - 'n boek gevul met deernis, en eindelik ook hoop.

vetseun
The State Vs Anna Bruwer / (eBook) . 2012 KWELA/NASIONALE BOEKHANDEL
Vertaling: Edwin Hees
ISBN: 9780795704147
ISBN: 9780795704154

What happened to Anna the moment after she pulled the trigger? After she looked her stepfather in the eye, and shot him, the man who sexually abused her and her sister for so many years? Seven years after It's Me, Anna, a publication sensation at the time of its release, the author revisits the story of Anna Bruwer. How does one seek forgiveness for murder? Or is retribution the only way to bring about justice? These are the questions Anna - and the writer - wrestle with.This is an excruciatingly honest depiction of Anna's life after her stepfather's death: a novel filled with compassion, and ultimately hope.

vetseun
Dis Ek, Anna (eBook) ............ NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780795703485

Sy het haarself Stom Anna genoem. Omdat sy aan iemand kon vertel van dit wat tussen haar en haar stiefpa plaasgevind het nie. Nie aan haar ma nie, nie aan haar beste vriendin nie, en selfs nie aan haar eie pa nie. Dit is 'n verhaal wat sy nou eers, jare later, kan uitskryf. Nou eers kan sy die swye verbreek oor hoe haar stiefpa haar diepste menswees aangetas het. En hoe sy uiteindelik ánderkant uitgekom het.

vetseun
Die Besoeker / (eBook) .... KWELA/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780795702990
ISBN: 9780795703362

Deur die skrywer van Dis ek, Anna en Nooit is 'n lang, lang tyd. Emmie is 'n sekretaresse by 'n vooraanstaande privaat skool. Teen haar sin word sy 'n dwelmhandelaar . . . En voor sy haar oe kan uitvee word haar eie lewe 'n maalkolk van leuens, verraad, en uiteindelik moord. Tot 'n beskermengel op haar pad verskyn.

vetseun
Nooit is 'n lang, lang tyd . 2008 KWELA
ISBN: 9780795702778

"Drie vriende (in hul veertigs) gaan hou saam vakansie langs die see. "

Deur die skrywer van die topverkoper "Dis Ek, Anna" wat sy onder die skuilnaam Elbie Lötter geskryf het.
Dié debuutroman herinner 'n mens sterk aan die werk van Jodi Picoult en Joanna Trollope.

En in 'n oogwink verander 'n jare lange standvastige vriendskap in 'n stormagtige moeras. Karien kom vroeër terug huis toe, ná sy ontdek haar een beste vriendin het haar man verlei, Daleen kom uiteindelik met die sak patats te vore dat sy eintlik gay is, en net te bang was om haar twee boesemvriendinne met die waarheid te vertrou, en Amelia sit tussen die duiwel en die diep blou see - verlig dat sy eindelik die waarheid oor haar egbreuk vertel het, maar diep hartseer oor die verbrokkeling van 'n kosbare vriendskap.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )