Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Adriaan Snyman (Snyman, Adriaan)

sien http://www.springbokboeke.co.za/ vir baie meer informasie

vetseunvetseun
Siener - Blaas die basuin . 2008

Mense ken Siener van Rensburg se visioene en weet dat dit steeds aktueel bly. Hierdie is nuwe verklarings, asook dié van ander profete oor wat vorentoe in Suid-Afrika gaan gebeur. Die boek is aanvullend aan Boodskapper van God.

vetseunvetseun
Siener van Rensburg: Boodskapper van God . VAANDEL UITGEWERSvetseun

"Boodskapper van God is die verhaal van 'n ware profeet wat die toekoms van volkere vooruit kon sien. Maar hy het veral gesien wat met sy volksgenote gaan gebeur, en hierdie lywige biografie van 500 bladsye is vol onthullings, historiese gegewens, visioene en honderde verklaring van die Siener se gesigte.
Sy profesieë vertel die bitter en ontstellende verhaal van ontroue Afrikanerleiers se herhaaldelike verraad, van 'n volk se verguising, 'n staatsgreep en revolusie - maar dis ook die verhaal van loutering, straf en uiteindelike eenwording, 'n nuwe Boererepubliek en ongekende voorspoed.
Talle van sy visioene is reeds sedert die omstrede demokratiese verkiesing van 1994 bewaarheid en ander is besig om in vervulling te gaan:

Dis 'n boek wat elke Suid-Afrikaner behoort te lees!

"Die boek is 'n moet vir elke volkspatriot wat belangstel in die wel en weë van ons volk. Selfs vir volksgenote wat op moedverloor se vlak sit, is daar duidelike bewyse dat ons 'n uitverkore volk met 'n verhewe doel is." - Johan Venter, Die Afrikaner.

"n Boek wat die Boereprofeet teruggee aan sy volk" - Charles Fryer, Tafelberg Uitgewers."

resensie: roekeloos.co.za : iafrica.com

vetseunvetseun
Siener-toer-2001 (VHS/DVD) . VAANDEL UITGEWERS

vetseun
Waarskuwing 2000 .

" Waarskuwing 2000 is 'n boek wat elkeen behoort te lees. Dis volgepak met noodsaaklike inligting en feite oor wat deur regerings dwarsoor die wêreld beplan word.
Die mensdom stuur in hierdie dae van die tweede Millenium onstuitbaar af op die grootste ramp sedert die dae van die Sondvloed, maar niemand besef skynbaar wat besig is om te gebeur nie.

Maar regerings beskik vandag ook oor die kundigheid om die totale wêreldbevolking in slawekettings te slaan, en dit is presies wat hulle gaan doen.
Is u gereed daarvoor? En kan daar nog iets gedoen word om dit te verhoed?
Hierdie boek is miskien die laaste waarskuwing wat u sal kry?"

vetseunvetseun
Die Laaste Loopgraaf . 1997 VAANDEL UITGEWERS/LEWENDE HOOP
(Siener oor sy volk se laaste groot stryd)

"Siener van Rensburg - die laaste loopgraaf, is Adriaan Snyman se nuutste en waarskynlik ook die heel opwindenste toevoeging tot sy reeds uitgebreide publikasies oor ons eie Boereprofeet se visioene oor sy volk se eindbestemming. En hier maak die skrywer veral gebruikvan nuwe verklarings wat betrekking het op gebeure soos prinses Diana se dood; die 'Duitse Patriotte' se oorlogsverklaring, en die Boere staatsgreep. Daarna beskryf hy ons Derde Vryheidsoorlog en die inswering van ons eerste ware president van die Nuwe Boererepubliek:
"En daar in die waterryke landstreek van Prieska kies ons toe ons eerste regering en ons eerste President.
"Die mense was verwonderd toe hulle hom in sy pluiskuil en manel sien verskyn; want hy was nie groot van persoon nie en ook glad nie oud nie, met min hare en groot wenkbroue en skerp oë, En baie was nog meer verwonderd toe hulle hom later in sy rytuig sien verbykom op die nuwe grootpad wat met Duitse hulp gebou is, want sedert die dae van Paul Kruger het hulle nog nie weer 'n president in 'n koets sien ry nie...""

vetseun
Boereprofeet: Verdere visioene en verklarings . 1994

vetseun
Bloedvlag oor Prieska . 1999 VAANDEL UITGEWERS
En ander Profesieë in aantog 1899-2000
(Siener en die nuwe Millennium)

"Siener van Rensburg se visioene praat van 'n bloedvlag wat oor 'n vrye volk gehys gaan word. Ons vryheid gaan ons nie sonder stryd kry nie, want die sonde van die volk is groot. Daar word gepraat van 'n nag waarin die blankes aangeval gaan word, 'n tyd waarin ons die swartes uit die land gaan verdryf. Maar dan is daar nog 'n stryd vir ons voor - een waarin nuwe leiers gaan opstaan en die volk na vbryheid gaan lei, want wanneer die swartes weg is, volg 'n groter bedreiging - die liberaliste en uitlanders. Ander belangrike visioene word ook in hierdie boek bespreek en dit maak 'n belangrike deel uit van die Siener Van Rensburg-versameling"

vetseun
Die Oera Linda Boek . 1998 VAANDEL UITGEWERS/LEWENDE HOOP

"Daar bestaan al sedert 2193 v.C. 'n oeroue dokument (Die Oera Linda Boek) wat handel oor 'n 4000 jaar oue beskawing. Hierdie handgeskrewe teks bevat ook talle verstaanbare Afrikaanse woorde en uitdrukkings! En hoewel dit reeds in 1872 in Nederlands gepubliseer is, word die inhoud daarvan nog doelbewus doodgeswyg. tydens 'n Volkekundige Kongres in Parys, Frankryk, het 'n taalkenner uit Istanboel die kongreslede laat regop sit toe hy aan die hand van Die Oera Linda Boek 'bewys' het dat Afrikaans se wortels direk na hierdie ou beskawing teruggevoer kan word.
Maar hoekom geniet hierdie uitsondelike teks dan nie die aandag wat dit verdien nie? Is dit oor die kontroversiële godsdienstige uitsprake daarin? Of is dit omdat die inhoud ons huidige politici en kerklui tot in hul fondamente skud?
Lees nou Die Oera Linda in Afrikaans en maak kennis met die magtige Friese Ryk wat die destydse beskaafde wêreld oorheers het; maar maak ook kennis met jul taal wat 'n duidelike voorloper van Afrikaans is, In Die Oera Linda is daar 'n verstommende profesie wat oor dertig eeue strek, en eers in ons dag finaal gaan afloop."

1997 - Die silwer wiel (TAFELBERG)

vetseun
Teen die aand sal dit lig word . 1994 VAANDEL UITGEWERS

"Teen die aand sal dit lig word is 'n roman met Siener van Rensburg se gesigte as tema, en in die besonder die verloop daarvan na 1994. Dit vertel die aangrypende verhaal van 'n volk wat uit die as opstaan om homself van die heerskappy van vreemdes te bevry. Sy visioene oor kragonderbrekings, 'n voedsel- en brandstoftekort, asook die bloedige rebellie en uiteindelike vrede, word 'n skreiende werklikheid in hierdie ongewone roman.
'n Uittreksel uit die keurdersverslag:
"Op die aard van die Christus-simboliek, vertel die skrywer in Teen die aand sal dit lig word, van die kruisiging en opstanding van 'n volk; 'n volk wat uit die bloed van martelare gebôre is; met bloedoffers 'n stuk land vir hom gekoop en oor 340 jaar met bloedsweet daar 'n eie staanplek geskep het; mar die dag toe sy vyand oor sy stadspoort verskyn en kaart en transport eis, het hy dit, sonder om 'n druppel bloed te stort, en met blydskap, verpand.
"Hier is waarheid en fiksie so dig geweef dat mens naderhand nie meer weet wat is wat nie. Die profisieë van Siener van Rensburg en van die Bybel word uiters oortuigend bygetrek; maar kry nou ook 'n heel nuwe dimensie wanneer dit met kruisbeligting van werklikheid en visioen voor die leser afspeel: Die groot staking; 'n nagaanval op Johannesburg; myntronke; vigs wat soos die doodsengel in Farao se tyd deur die land trek; die herontwaking van 'n volk; die roeping van "die man in die bruin pak klere", en oplaas die volk se tuiskoms.
:Die skrywer vlek na weerskante toe oop, genadeloos, en hy spaar niemand nie, ook nie homself nie..."

vetseun
Stem van 'n profeet (Voice of a Prophet) . 1993 HUGENOTE PUBLIKASIES
resensie: buymyebook.com. : baslerafrika.ch

vetseun
Meggie - 'n ware verhaal . 1993 TAFELBERG

1991 - Jaar van die sneeuskip (TAFELBERG)

vetseun
Die Arkbouer ............... 1989

vetseun
Kruistog na die Ewigheid: oorlogsroman . 1983 TAFELBERG

vetseun
Heuwel van getuienis . 1983

vetseun
Die Weg Van 'n Arend . 1983 TAFELBERG

vetseun
Kruisvuur ..................... 1978 JP van der WALT

vetseun
Jokkie vir die Sweetvos . 1972/1978 TAFELBERG

1970 - Skip van Genade
1966/1972 - Die Weg van 'n Arend (TAFELBERG)

vetseun
Priester van die rotte . 1966

vetseun
Profesieë oor Suid-Afrika (Deel II) . VAANDEL UITGEWERS

vetseun
'n Laaste Waarskuwing: Boodskap vir die Volk . VAANDEL UITGEWERS

vetseun
Die Messias-kode ......... VAANDEL UITGEWERS

"Die publikasie van Die Messias-kode is 'n besondere gebeurtenis wat die Afrikaanse boekwêreld te beurt val, want van die inligting wat hierin opgeneem is, verskyn nou vir die eerste keer wêreldwyd in boekvorm.
In die Messias-kode sal u die geheime ontdek waarvan selfs Isaac Newton bewus was, maar nie kon vind nie.
Het u byv. geweet dat die ganse verloop van die mens se geskiedenis (van Adam af tot en met die Wederkoms) perfek in die eerste sewe woorde van Genesis 1:1 gekodeer is? Of dat die sondeval en Eerste Koms van die Messias opgesluit is in die name van Adam se geslagsregister?
Maar dis nie al nie: Ook sy Tweede Koms is in Daniël hoofstuk nege gekodeer - beide die maand en jaar word vermeld; en daarmee saam ook die laaste 'sewe jaar van die Antichris-regering' wat aanstons 'n aanvang gaan neem!
Geen persoon wat die Messias-kode gelees het, sal ooit weer met dieselfde oë na die Bybel kyk nie, want:
vetseun
Ons Koba (Jeugroman) . VAANDEL UITGEWERS/HUMAN & ROUSSEAU

ook :
Kerkverraad (VAANDEL UITGEWERS)
Afrika-Paradys (VAANDEL UITGEWERS)
Briewe aan my kinders (VAANDEL UITGEWERS)
Die Derde Wêreldoorlog (VAANDEL UITGEWERS)
Komende oordele (VAANDEL UITGEWERS)
Nagbrug (oorlogsroman) (VAANDEL UITGEWERS/HUMAN & ROUSSEAU)


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )