VAN COKE KARTEL:

Die Energie musiekvideo sien Saterdagaand die lig

Bo: Francois van Coke, Dylan Hunt, Onder: Wynand Myburgh, Jedd Kossew, Fotograaf: Hayden Phipps

VAN COKE KARTEL het nuwe lewe in Johannes Kerkorrel & Die Gereformeerde Blues Band se ikoniese liedjie, Energie geblaas op hul nuwe kortspeler met dieselfde naam.

Jukebox op kykNET NOU! sal hierdie elektriese live vertoningsvideo Saterdagaand op DSTV146 bekendstel. Skakel gerus vanaf 19:00 in.

Na hierdie bekendstelling, sal die video ook te kyk wees op Van Coke Kartel se YouTube kanaal.


Van Coke Kartel gesels oor Energie: https://www.youtube.com/watch?v=8GQpnnxahWw

Die keuse om hierdie liedjie op te neem is 'n persoonlike saak vir Van Coke Kartel. Francois van Coke sê dat die enigste Afrikaanse musiek waarna hulle geluister het tydens hul grootwordjare, Johannes Kerkorrel en Koos Kombuis sin was. Hulle het gevoel dat dit die enigste musiek was waarmee hulle kon assosieer. Wynand was destyds ook klankingeneur by sommige van Kerkorrel se teater vertonings.

Van Coke Kartel se weergawe van Energie is slegs te kry op iTunes en op die kortspeler plaat wat by Permanent Record bestel kan word.

Van Coke Kartel se laaste vertoning van 2015

Datum: 18 Desember 2015
Plek: The Barn, Mosselbaai
Adres: Rietvalley farm, R327, Herbertsdale pad
Kaartjies: R140 - http://bit.ly/1Jn5JF9

LINKS:
Energie op iTunes: http://apple.co/1KexQ8f
Energie plaat by Permanent Record
Webwerf: www.vancokekartel.co.za
Facebook: http://www.facebook.com/vancokekartel
Twitter: @vancokekartel
Musiekvideos: http://www.youtube.com/valkievancoke