


















Love Tunes - Vol. 1


kompilasie ................ CDJUKE 105 2014 JUKEBOX
Die EERSTE van sy soort - Jou GROOTSTE Suid-Afrikaanse en internasionale sterre almal op een Dubbel-album! Jou gunsteling Afrikaanse en Engelse liefdesliedjies - ALLES op LOVE Tune !
Raak verlief op Riana Nel se 'Die Moeite Werd', Theuns Jordaan se 'Book Of Love' en Jay en Lianie se 'Lank Lewe Die Liefde'. Nádine raak romanties met 'Daai Liefde', Bobby van Jaarsveld met ''n Vrou Wil Dit Hoor' en Coleske met 'My Only'. Kyk verder uit vir gewilde treffers van Eden 'I Wanna Know What Love Is', Riana Nel 'Dans' en Steve Hofmeyr 'Blou Ballon'.
Die plaaslike musiek hou nie daar op nie! Van die beste plaaslike Engelse talent is ook op die album beskikbaar. Monark is 'n vars, nuwe groep en hulle gewilde treffer 'You Make' verskyn ook hier. Die pragtige dames van BlackByrd roer die hartsnare met 'You're The Reason' en Idols wenner Elvis Blue se 'Spore' is ook ingesluit.
En om alles te kroon, is die dubbel album ook propvol van die grootste internasionale sterre. Katy Perry verklaar liefde in 'Unconditionally, Maroon 5 met 'Love Somebody en Avicii met 'Addicted to you sal aanhangers saamsing. Ander groot treffers soos Bruno Mars 'Just the way you are, Richard Marx 'Right here waiting, Pussycat Dolls 'Stick with me en Jason Mraz 'I wont give up verskyn ook hier.
skakels :