Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Laataand - Musiek Vir Die Regte Stemming
vetseunvetseun
kompilasie ................. SELBCD557 2005 SELECT
1. We'll Find A Way - Nianell
2. My Vissersmanvriend Se Pa - Robbie Wessels
3. Etikette Op Jou Koffer- Valiant Swart
4. Die Wêreld Weet - Danie Niehaus
5. Ek Klop Aan Jou Hart - Nicholis Louw
6. Vaandel Van My Drome - Anneli van Rooyen
7. Breyten Se Brief - Jan Blohm
8. Jy - André Schwartz
9. The Dance - Kurt Darren
10. Aia - Ferdi Nest
11. Wie Weet? - Karla du Plessis en Theuns Jordaan
12. Dromen Zijn Bedrog - Marco
13. 'n Brief vir Simoné - Anton Goosen
14. Wa' Was Jy? - Jacques de Coning
15. Hou My Vas - Helenè Bester
16. Dwergieman - Mathys Roets
17. Stormwolke - Abel Kraamsaal
18. Rooiwyn En Candlelight - Gian Groen

Strelend, meevoerend, bekoorlik en tydloos... Dit is die gehaltestempel van Select-Musiek se stemmingsalbum Laataand. Twintig tydlose musikale juwele spoel helend deur die gemoed. Dit is 'n pragversameling van immergewilde Afrikaanse musikale juwele en splinternuwe oorspronklike gunstelinge.Selde kry 'n mens werk van soveel goue-, platinum- en dubbelplatinumsterre en bekroonde kunstenaars in dié nisgenre sáám op een album: van ghoeroe Anton Goosen tot die engelstem van Nianell. Met Kurt Darren, Theuns Jordaan, Nicholis Louw, Anneli van Rooyen, Danie Niehaus, André Schwartz, Mathys Roets, Coenie de Villiers, Jacques de Coning, Karla du Plessis, Helenè Bester en Fredi Nest. En die nuwe generasie: Ddissselblom,Gian Groen, Abel Kraamsaal, Robbie Wessels en die blinkste van die nuwelinge, Jan Blohm. Met 'n instrumentale klawer- en strykerverposing deur Marco.Die album bevat heelparty splinternuwe komposisies, vars geneem van party van die kunstenaars se jongste abums; die eerste keer op 'n versamelalbum beskikbaar.Bekoorlike stemme verf die laataandstemming met warm, nostalgiese kleurspatsels Ontspan, gee jou oor aan die rustigstemmende orkestrasie en diepsinnige lirieke. Filosofeer gerus oor die hoekoms en waaroms en besin saam met dié digters. Verpoos 'n oomblik met dié wete: Afrikaanse musiek kán jolig jol; maar eweneens mág dit die gemoed streel!Geniet dit; peisend-tevrede op jou eie, of verknog in 'n sielsgenoot. Klink 'n glasie rooiwyn by kerslig by 'n kaggelvuur tuis of in die maanlig onder 'n sterrehemel langs 'n veldvuurtjie in die natuur. Luister na die laataandklanke en laat die musiek jou sintuie begeester.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )