


















100 Meter Leeuloop



film DVD . DVDJUKE 25 2013 JUKEBOX
- Sluit in Robbie Wessels musiek video's -
"Wees met altyd jouself!"
met Robbie Wessels, Hanna Grobler, Emo Adams, Annette Engelbrecht, Seth Zimu, Hamilton Wessels, Justin Smit, Jan-Adriaan van Rooyen
Kan jy sing? Kan jy dans? Kan jy hardloop? Miskien kan jy, maar die vraag is: Kan jy al drie gelyktydig bemeester?
Hierdie is die tema van Robbie Wessels se splinternuwe rolprent. Dit het al die bestanddele van 'n skitter Suid-Afrikaanse komedie en gaan sonder twyfel 'n treffer onder oud en jonk wees.
''Die 100 meter Leeuloop is wat mense in die vermaakbedryf 'n mockumentary noem, " verduidelik Robbie. ''Daar is 'n storie, maar die storie word in realiteit-styl vertel. Dit gaan oor 'n kompetisie wat gehou word en die pret wat hulle het om 'n wenner te kry. "
Robbie en sy broer Hamilton het die draaiboek geskryf.
Robbie se karakter is Manie Mol en van die ander spelers in die fliek is Annette Engelbrecht, Hanna Grobler, Emo Adams, Hamilton Wessels, Jan-Adriaan van Rooyen, Justin Smit, Kevin Leo, Seth Zimu, Sophia Wessels, Corli Eloff, Johnny Klein, Reynhard Slabbert, Lourens Smuts, Thean Kotzé.
skakels :