Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Ons Vir Jou - Die Musiekspel
vetseun
klankbaan ......................... MZCD05 2008 MOZI
EERSTE BEDRYF:
Toneel 1: Inleiding
Toneel 2: Staan Op! (Kruger, Cronjé & Koor)
Toneel 3: There It Is (Milner)
Toneel 4: In My Droom (Adaan & Mariaan)
Toneel 5: De la Rey se Gebed (De la Rey)
Reprise In My Droom (Adaan & Mariaan)
Toneel 6: Britannia Rules the Waves (Koor)vetseun
Toneel 8: Ons Vir Jou Suid-Afrika (De la Rey en Koor)
Toneel 9: Vêr Van Jou (Mariaan)
Toneel 10: Die Trouwals (Nonnie, Meisie & Mariaan)
Reprise: Vêr Van Jou (Mariaan, Meisie, Nonnie, Adaan, Thomas, De la Rey)
Toneel 11: God Save Our Gracious Queen (Metheun & Koor)
Toneel 12: My Afrikanerhart (De la Rey & Koor)
TWEEDE BEDRYF:
Toneel 1: We Are Marching To Pretoria (Koor)
Burn Them Out (Milner)
Toneel 2: De la Rey (Koor)
Toneel 4: Vergeet My Nie (Mariaan)
Toneel 5: Nooit Verlore (Nonnie & De la Rey)
Toneel 6: Kom Vat My (Kleinboet en Vrouekoor)
Toneel 7: Pa en Seun (De la Rey)
Toneel 9: Finale Reprise: Ons Vir Jou (Ensemble)

- Ons Vir Jou September - Oktober 2008 vetseun
- Staatsteater, Pretoria, Zuid-Afrikaanse Republiek
- Die Eerste Boere-Oorlog Musical In Die Geskiedenis Van Suid-Afrikaanse Teater
- Lirieke, Deon Opperman, Sean Else en Johan Vorster
- Musiek, Johan Vorster

DIE EERSTE BOERE-OORLOG MUSICAL IN DIE GESKIEDENISVAN SUID-AFRIKA TEATER

"Ons Vir Jou is ongetwyfeld die grootste musiekblyspel ooit in Afrikaans. Derduisende mense het na die Staatsteater in Pretoria gestroom om dit te sien. Nou bring die klankbaan die wonderlike musiek na 'n veel groter gehoor. As jy dus nie kans gehad het om die musiekblyspel te woon nie, het jy nou die kans om deur klank en woord deel van hierdie groot gebeurtenis te wees.
Die klankbaan van Ons Vir Jou is 'n groot opname in die ware sin van die woord - van die uitstekende stemme wat deur 'n simfonie-orkes begelei word en lewe aan die liedjies bring, tot die wêreldklas produksie van die opnames. Hierdie is 'n uitsters talentvolle span sangers met Rouel Beukes aan die spits as Genl. Koos de la Rey. Nuwe stemme span saam met gesoute sangers vir die grootste klank ooit op 'n Suid-Afrikaanse klankbaan.
Daar is verskeie treffers op en dit is veral die liedere wat vir die musiekblyspel geskryf is wat jou soos 'n hamer op die hart tref. Die roerende De la Rey se Gebed en Jerusalem, die opruiende My Afrikanerhart en Staan Op en die mooi liefdesliedere In My Droom en Nooit Verlore maak van hierdie een van die beste, indien nie dié beste, klankbane ooit in Suid-Afrika.
Van die bekende liedjies wat 'n nuwe baadjie in die musiekblyspel gekry het sluit in De la Rey en Ons Vir Jou van Bok van Blerk (en Robbie Wessels), Vergeet My Nie van Lianie May asook Pa en Seun van Steve Hofmeyr en Bok van Blerk. Dit word op die klankbaan natuurlik deur lede van die rolverdeling gesing. Die lirieke is deur Deon Opperman, Sean Else en Johan Vorster geskryf. Johan was vir die musiek verantwoordelik.
vetseun
Ons Vir Jou is 'n unieke Suid-Afrikaanse verhaal. Sentraal staan Genl. Koos de la Rey, die leeu van die Wes-Transvaal en legedariese leier tydens die Anglo-Boereoorlog. Maar daar is ook die verhaal van liefde in die tyd van oorlog, wat die stryd tussen Boer en Brit aan 'n land en sy mense gedoen het en die bevestiging dat hierdie altyd 'n deel van ons geskiedenis sal wees. Teatergangers wat gelukkig genoeg was om die musiekblyspel by te woon, het dit met van die grootste produksies ter wêreld vergelyk.

Die klankbaan van Ons Vir Jou is opnames van die trefferliedere wat in die musiekblyspel gesing word. Die rolverdeling is:

Rouel Beukes - Genl. Koos de la Rey
Michelle Botes - Nonnie de la Rey
Adrian Poulsen - Adaan
Marisa Bosman - Mariaan
Peter Taylor - Lord Methuen
David Clatworthy - Lord Milner
Sasha de Beer - Meisie
Andrew Webster - Thomas Crawford
Wynand van Vollenstee - Kleinboet
Paul Luckhoff - Pres. Paul Kruger
Neels Coetzee - Siener van Rensburg

Die musikale vervaardiging en verwerkings is deur Juan Oosthuizen en Devereaux van der Hoven gedoen en die opnames, finale meng en bemeestering is deur Marius Brouwer van Pop Planet Studios gedoen. Die orkes was onder leiding van Devereaux van der Hoven.

Hierdie album is nie net 'n moet vir die derduisende mense wat na die musiekblyspel gestroom het, maar ook vir dié wat nie so gelukkig was nie. Gryp nou die kans aan om te luister wat duisende teatergangers aand na aand in trane en op hul voete gehad het." - mozi.co.za


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)