Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Vetkoekpaleis Deel 10
vetseunvetseun
TV-Reeks DVD ............... SABC2

DOBBELSKULD:
Poppie skryf haar en Ruben in vir die apteek se Ma en Kind Babakompetisie. Die foto is egter te gewaagd na Frik se sin.Ella dobbel al haar en Apie se kruideniersgeld weg en trek by Worsie en Koekie in. Hulle kies die hasepad.

MASSERINGSMOLESTE:
Wanneer Boeboe vir twee weke nie kan werk nie kom help Beryl uit as kelnerin. In die proses leer Frik en Worsie dat net hul eie vroue op hulle mag trap. Een van Ella se donker geheime word openbaar.

SONDE MET DIE BURE:
Ella se motor beland in die pastoor se swembad en Frik en Worsie gaan help. In hulle afwesigheid raak Boeboe, Beryl en Koekie in 'n geveg betrokke wat byna op 'n hofsaak uitloop.

BOEBOE MAAK 'N PLAN:
Sheridon en Barbie se verhouding raak ernstig. Worsie is egter in groot moeilikheid wanneer Koekie uitvind hy het by Meryl en Beryl 'n kraan gaan regmaak. Boeboe soek 'n trouman en beraam 'n plan om die nuwe veearts se aandag te trek.

BOEBOE BIEG:
Boeboe kry 'n huweliksaansoek en bedank onmiddelik as kelnerin by die Vetkoekpaleis. Frik en Worsie wil Beryl in Boeboe se plek aanstel maar Ella, Poppie en Koekie keur dit glad nie goed nie. Sheridon gee homself 'n verkeerskaartjie.

WYLE OOM MOOLMAN:
Worsie heg sentimentele waarde aan die werksbakkie en wil dit graag van Frik koop. 'n Ou kêrel van Ella sterf aan 'n hartaanval en Worsie word versoek om die prokureurs dringend te gaan sien. 'n Dramatiese bekendmaking verander Worsie en almal na aan hom se lewens drasties.

Vetkoekpaleis Deel 9
vetseunvetseun
TV-Reeks DVD ............... SABC2

TERUG VAN WITTEBROOD
Worsie keer terug van wittebrood. Wanneer Koekie vir Worsie en Boeboe in 'n baie suggestiewe posisie op die Vetkoekpaleis se vloer kry is die duiwel los. Sheridon gee boonop vir Poppie 'n verkeerskaartjie en sy is nie baie gelukkig daarmee nie.

INBREUK EN INBRAAK
Ella meng in en maak Worsie en Koekie se woonstel aan die kant. Worsie kry 'n oproep oor 'n inbraak by hulle woonstel en Frik probeer dit hanteer. Ella eindig in die tronk en Worsie in die "Dog Box'..... maar darem net vir 'n rukkie.

DIE TROMPOPPIEKOMPETISIE
Worsie vervies hom vir Koekie en wil wraak neem deur middel van 'n Trompoppiekompetisie. Hulle maak later vrede in die stoorkamer waar Frik en Poppie ook al 'n rak losgesels het.....

SAKEMANNE
Frik en Worsie woon 'n Kleinsake Administrasie Konferensie in Durban by en die vrouens moet die fort hou by die werk. Die vrouens is baie vies en wanneer Sheridon vertel dat hy die twee manne op TV by 'n rugbywedstryd gesien het, is die gort behoorlik gaar.

DIE GROEN MONSTER
Poppie wil graag weer swanger raak. Worsie raak jaloers wanneer Sheridon 'n storie oor Koekie aandra en 'n onskuldige man kry koffie oor sy kop. Worsie vind ook uit dat hy nie deur die badkamer se diefwering pas nie. Boeboe probeer vir Frik en Worsie 'n punt bewys maar dit werk nie soos beplan nie.

OM SOOS 'N VROU TE VOEL
Koekie wil graag 'n operasietjie, of twee, ondergaan om haar meer soos 'n vrou te laat voel. Worsie stem nie saam nie. Boeboe wip haar en storm by die winkel uit. Koekie kom help uit as kelner en wanneer Boeboe terugkeer is die gort gaar en Poppie moet die situasie kom beredder.

WORSIE SE "ONTVOERING'
Daar word, verkeerdelik, vermoed dat Worsie ontvoer is en die Polisie, Koekie, Ella en Sheridon span saam om na hom te soek. Fogele, wat tydelik in die Vetkoekpaleis uithelp, dra boodskappe verkeerd oor en dit befoeter die situasie nog verder.

Vetkoekpaleis Deel 8
vetseunvetseun
TV-Reeks DVD ............... SABC2

IN BELANG VAN RUGBY:
Poppie soek 'n paar tjeks vir huishoudelike uitgawes. Mnr Louw, die skoolhoof, kom stel sy "vriendin" Fanny aan Frikkadel voor. Fanny is 'n sangeres en wil 'n konsert aanbied in belang van rugby. Fanny gaan nie goed af by Poppie nie maar Worsie is veel meer ingenome met haar. Boeboe "flash" vir Worsie om sy seining van haar te verander.

WORSIE SE WOORDE:
Poppie voel dat Ruben 'n boetie of sussie moet kry. Frik, wat vir 'n jaar nie Loftus toe kon gaan nie, maak erg beswaar teen die voorstel. Hy sien net nie kans vir alles wat 'n nuwe baba meebring nie. Sheridon het vroumensprobleme van sy eie wanneer sy baas, Me. Mapoeza besluit om allerhande temas vir die sekuriteitswagte se uniforms in werking te stel. Hy doen aansoek om 'n spietkop te word. Worsie help onbewus vir Poppie om Frikkadel te oortuig toe hy vir Boeboe in die kombuis lewensprioriteite verduidelik.

DIE KETTINGBRIEF:
Worsie ontvang 'n kettingbrief wat dreig dat die ongeluk hom bloots gaan ry as hy nie gehoor gee daaraan nie. Koekie nooi Worsie na haar troue. Boeboe stel voor hy vat 'n 'seksie cherrie' saam om Koekie te vermaak. Sheridon word 'n spietkop. Worsie se kombuis ontplof byna en hy word by die troue uit die kerk gegooi. Worsie se geluk draai egter en Poppie en Frikkadel s'n ook.

DIE PRINS VAN PLESIER:
Sheridon vertel vir Worsie dat hy Koekie in die Mall gesien het en Worsie haas hom daarheen. Koekie weier aanvanklik om met Worsie te praat maar kom dan tog vir hom kuier. Voor Sheridon maak Worsie die pap so bietjie dik aan. Koekie hoor hom en sy gee hom 'n verdienstelike skop onder die bas. Worsie belowe om dit nooit weer te doen nie en hulle maak op.

DIE JA-WOORD:
Sheridon en Fogele kom hou sy afskeidsete in die Vetkoekpaleis. Hulle raak getrek en Frik drink saam net om gesellig te wees. Ella klap vir Worsie, en Frik gooi haar by die winkel uit. Poppie moet die vrede kom bewaar en kry 'n gesellige Delport aan diens. Poppie vervies haar en Frik is reguit 'dog box' toe. Koekie daag op net toe almal loop en Worsie vra haar om sy 'cherrie' te word, sy sê ja. Ella dring aan dat Worsie sy nuwe meisie aan haar en Apie moet kom voorstel. Koekie en Worsie maak gereed om te gaan. Koekie lyk pragtig en Worsie is smoorverlief. Op die ingewing van die oomblik vra hy haar om te trou.

DIE MOET-TROUE:
Sheridon kom vertel vir Frik dat gerugte die rondte doen dat iemand in die Vetkoekpaleis moet trou. Sonder om die skinderstorie behoorlik te bevestig spring Ella weg met trou- en onthaalreëlings. Frik, Sheridon en Fogele reël 'n ramparty. Boeboe soek 'n kêrel, Poppie reël 'n wittebrood en Koekie kry vir Worsie om 'n dominee te reël. Die groot dag breek aan en alles is gereed. Almal is ook gereed, behalwe Worsie. Hy het net spoorloos verdwyn. Gaan hulle Worsie kry? Gaan iemand nog trou? Was al die reelings verniet? Word Ella se droom of nagmerrie waar?

Vetkoekpaleis Deel 7
vetseunvetseun
TV-Reeks DVD ............... SABC2

REPUTASIES:
Worsie kry 'n werksaanbod van Spiros. Die aanbod beloof beide besigheid en plesier te verskaf aangesien Worsie ook met Spira, Spiros se dogter, moet trou. Daarvoor sien Worsie kans, maar om boonop nog pa te staan vir haar ongebore baba is vir hom een te veel. Frik wil ook niks daarvan hoor nie en gryp in om die situasie te red. Worsie se reputasie bly in die proses in die slag.

BLOU PILLE:
Boeboe ontmoet haar "droomman"....wynplaas de lot. Sy sê egter vir hom dat sy die Vetkoekpaleis se eienaar is en Frik is glad nie hiervoor te vinde nie. Hy is egter te laat om die gerugte te keer en sit met personeelprobleme wanneer Worsie wil weet waar is sy aandeel van die Vetkoekpaleis. Ella kom spog met haar hernude liefdeslewe, haar man, Apie, is op wonderlike nuwe blou medikasie.

POPPIE SE PÊRELS:
Sheridan kry probleme wanneer sy meisie se pa hom met Barbie sien dans. Dis egter niks in vergelyking met Frikkadel se moeilikheid wanneer Poppie 'n sekere Monica se visitekaartjie in sy beursie ontdek. Monica is 'n mannejagter wat by die juwelierswinkel werk en Frik moet sy feite agtermekaar kry om weer Poppie se guns te wen.

DIE VLEISPOTTE VAN NIGEL:
Worsie daag laat by die werk op na 'n wilde pajamapartytjie in sy woonstel. Ella is ontsteld wanneer die opsigter haar vertel van die partytjie en sy boonop vir Vaatjie in sy 'Telly Tubby' en Thabo in sy 'Spiderman' nagklere kry waar hulle hul roes lê en afslaap. Boeboe deel Worsie mee dat sy sonder nagklere slaap en indien daar dalk 'n krisis sou ontstaan soos 'n brand of iets, sal sy of kaalnael of deur 'n brandweerman gered word. Die polisie ontbied Worsie om te verduidelik wat van drie verpleegsters geword het wat by sy partytjie was.

ELKE POT HET 'N DEKSEL:
Frikkadel gaan rugby toe en Worsie is in beheer van die winkel. Wanneer Poppie vir Frikkadel probeer skakel antwoord 'n sekere Jill en dis duidelik dat Frik en sy pelle nie op Loftus is nie. Worsie en sy maats skryf in by die "Martha Kelly School of Fancy Dancing" maar word reeds die eerste aand uitgesmyt. Sheridan kom soek by die Vetkoekpaleis skuiling wanneer sy meisie, Kimberly, se suster en tweelingniggies swanger raak en hy verdink word.

MOEDERLOOS....MOESIELOOS:
Ella en Poppie sluit by die plaaslike gimnasium aan. Nie alleen neem hulle privaatklasse by die instrukteur nie, die man is ook 'n opgeleide masseur van Zimbabwe. Frik is egter oortuig hy is 'n onwettige immigrant. Worsie sê hy is meer as pens en wil soos Boeboe ook 'n boep-job laat doen. Al kan hy dit nie bekostig nie, glo Worsie dis al hoe hy 'n meisie gaan kry. Sheridon help hom van die wal in die sloot deur hom na die plaaslike kliniek, met die Kubaanse dokter, te verwys. Worsie en Dokter Feuentes verstaan mekaar nie so lekker nie en in plaas van die boep-job kry Worsie 'n 'barmitzwa'. Frik verseker hom dat dit baie gesonder is, veral in ons klimaat.

DIE DOBBELGOGGA:
Frikkadel stuur Worsie na Nigel se poskantoor om vier krapkaarte te koop. Worsie beland egter in Johannesburg waar die bakkie gesteel word. Frikkadel is ook in die sop want hy het die bakkie se versekeringspremie weggedobbel. Die polisie kry egter die bakkie terug en eind goed, als goed...

Vetkoekpaleis Deel 6
vetseunvetseun
TV-Reeks DVD ............... SABC2

Soos 'n magneet.
Frikkadel en Tiger beland in die moeilikheid na 'n besoek aan die Carousel dobbelplek.
Kyk en leer. Worsie oorweeg dit om sy "pakket" te vat maar Frik vind uit en steek hom in die pad. Die hele familie staan egter bankvas agter Worsie, veral wanneer Frik 'n aanvallige meisie in Worsie se plek aanstel.

Die liefdesdriehoek.
Frikkadel vra vir Worsie om "tydelik" die bevel by die Vetkoekpaleis oor te neem wanneer Fogele en Sheridon handgemeen raak oor Bobby Lee by Hyper Hair.

Kuns en Kultuur.
Worsie sien 'n balletopvoering by die Staatsteater en Poppie verwag van Frikkadel om haar ook te neem. Die kaartjies is egter uitverkoop en die enigste persoon met kaartjies is Frik se neef Cedric.

Doen dit Worsman.
Worsie se langverlore liefde, Koekie, daag onverwags by die Vetkoekpaleis op.

Drome.
Frikkadel se droom om 'n rugbyspan af te rig word bewaarheid as hy die laerskool se eerstespan kana frig. Boeboe se droom om te sing en 'n CD te maak word ook waar.

Vetkoekpaleis Deel 5
vetseunvetseun
TV-Reeks DVD ............... SABC2

From Russia wife love.
Worsie bestel vir hom 'n bruid per pos maar in Frik se naam. Die hare waai wanneer die agentskap vir Poppie bel om die bestelling te bevestig.

Nee beteken nee.
Worsie wil 'n roomyshoekie in die Vetkoekpaleis vestig maar Frik wil niks daarvan weet nie.

Ysbeertjie.
Worsie en Frikkadel word vennote in 'n roomyshoekie in die Vetkoekpaleis. Alles verloop vlot tot daar op 'n naam vir die hoekie besluit moet word.

Frikkadel se bal.
Frikkadel word die slagoffer van 'n sindikaat wat oorspronklike wêreldbeker rugbyballe vir duisende rande aan onskuldige rugbyondersteuners verkoop.

Vlug 339.
Worsie neem verlof en vlieg Margate toe vir sy vakansie, of so dink almal. Met sy terugkeer kan hy getuig dat die Sjinese polisie baie streng is . Selfs Teddie het onder hulle deurgeloop.

Ella Fansella.
Ella word van diefstal beskuldig en Worsie kry so skaam dat hy nie weet waar om sy kop in te steek nie. Ella hou vol dat sy onskuldig is en dat sy die slagoffer is van 'n oorywerige veiligheidswag en 'n apteker wat 'n wrok koester.

The full Worsie.
Worsie en Sheridon besluit om in "Show Business" in te gaan by 'n vriendin van Boeboe se teepartytjie.

Vetkoekpaleis Deel 4
vetseunvetseun
TV-Reeks DVD ............... 2010 SABC2
Reeks 2 - Episodes 8-13

Wat is 'n moeder?
Frik se nuwe selfoon lok baie kommentaar uit. Poppie pak haar tassie in afwagting op die baba se geboorte. Boeboe dink sy is verlief op 'n ou met die naam Pelvic wat in 'n band speel. Tot Worsie se ontsteltenis oorweeg Ella dit om 'n baba aan te neem.

n Nuwe besigheidsvennoot.
Boeboe se vriend, Pelvic, kraak sy pelvis en Sherridon se niggie moet kom help in die Vetkoekpaleis. Meneer Louw, die skoolhoof, bied Frik 'n goeie bedrag aan vir 'n vennootskap in die Vetkoekpaleis. Die personeel kom egter nie oor die weg met die nuwe vennoot nie en dit lei tot 'n vuisgeveg in die winkel.

Dis 'n laaitie!
Worsie vertel vir Frik dat hy alles van sy geboorte kan onthou.Ella nooi die gemeente se dames vir ontbyt in die Vetkoekpaleis maar Frik en sy personeel het makietie gehou om die baba se koms te vier en die winkel is in chaos.

Die toeriste-inval.
Sherridon word gekies om 'n parabat kursus te doen vir sy werk en Pelvic wil Boeboe op sy CD se omslag laat pryk as 'n rooi Sebra.Tannie Gerty van Bloemfontein maak moles in die winkel.Wanneer 'n klomp toeriste die winkel wil aandoen besluit Frik-hulle om die winkel te versier in 'n Afrika styl. Alhoewel die kostuums die personeel nie aanstaan nie, verloop die geleentheid voor die wind.

Verbode vrugte.
Ella gaan maak ongenooid Worsie se woonstel skoon en gooi sy teddiebeer uit. Dit veroorsaak dat Frik vir Ella uit die winkel jaag en Ella vra die dominee om met Frik te kom praat. Boeboe eindig op die dominee se skoot en gee ook sommer vir mevrou dominee bietjie raad om haar privaatlewe op te kikker.

Die Peroxide-tert.
Sherridon kry sy parabat badge en Frik began 'n foutjie met Ruben se melk.Pelvic word in die bad betrap met Tiffany. Sy probeer ook vir Frik en Worsie verlei. Worsie val daarvoor en kry boonop 'n fooitjie.Tiffany se donker geheim word ontbloot en Boeboe en Pelvic maak vrede.

Vetkoekpaleis Deel 3
vetseunvetseun
TV-Reeks DVD ............... 2010 SABC2
Reeks 2 - Episodes 1-7

Poplap en die twee tjortse.
Worsie en Boeboe kry stry oor hoeveel "tjortse" daar in "olke bolke" is. Frikkadel wil 'n skiboot koop en dit "Poplap" noem. Poppie is baie buierig. 'n Besoek aan die dokter verklaar die buierigheid en Frikkadel se bootkopery is iets van die verlede.

Frikkadel's choice.
Frikkadel wil bitter graag die Blou Bulle se rugbywedstryd bywoon maar Poppie wil eerder die naweek weggaan. Wanneer die bank beroof word terwyl Poppie en Worsie in die bank is verander Frikkadel se prioriteite

Die lewe is 'n video.
Spiros begin ook vetkoeke maak en Frikkadel besef hy sal iets moet doen om die Vetkoekpaleis meer gewild te maak. Worsie wil bittergraag die kompetisieprys wen maar hy mag nie inskryf nie.

Ella se tog.
Ella en Apie kry huweliksprobleme en sy trek by Frikkadel en Poppie in.
Boeboe kry ook moeilikheid wanneer Spiros se dogter uitvind van haar verloofde se mannewales met Boeboe.

Die kaartjie.
Sherridon word bevorder na Zero Ses.
Poppie sleep vir Frikkadel na 'n opvoedkundige filmvertoning toe. Die hare waai wanneer Poppie "Randy Mandy" se besigheidskaartjie in Frikkadel se baadjiesak kry. Worsie kry die skuld hiervoor.

Die cherrie is Koekie.
Sue-Ellen ontstel vir Worsie. Worsie besluit om nie Frik se geld op die perde te verwed nie maar om dit eerder vir 'n beter doel aan te wend."n Oulike blondine red Worsie wanneer twee inbrekers hul verskyning maak.

Soos 'n Merry-go-round.
Dit gaan goed met Worsie en sy meisie tot hy 'n brief van 'n prokureur kry. Die Vetkoekpaleis verwag 'n besoek van 'n joernalis. Vetkoekpaleis verskyn wel in die koerant maar iemand anders in die Vetkoekpaleis trek baie meer aandag op die agterblad.

Vetkoekpaleis Deel 2
vetseunvetseun
TV-Reeks DVD ............... 2008 SABC2

Vetkoekpaleis was die tweede gewilde sitkom-komedie uit die pen van Willie Esterhuizen, na Orkney Snork Nie. Die enigste noemenswaardige verskil was dat Willie self 'n rol in Vetkoekpaleis vertolk...as Worsie, Frikkadel se assistent in die vetkoekrestaurant.
Dié reeks van 65 episodes was uiters gewild vanweë sy tipies Afrikaanse humor en dikwels ook stoute tussen-die-lyne teks.
Ander bekendes in Vetkoekpaleis is Zach du Plessis (Frikkadel), Helene Truter (Poppie), Alvin Bruinders (Sheridan), Liane de Villiers-Heyl (Boeboe) en Marga van Rooy (Ella).
Die storie begin wanneer Frikkadel Delport sy eie take-away-besigheid begin, nadat sy werk personeel moes verminder. Hy huur vir hom assistente, met wisselende gevolge.
Frik besef ook dat dit nie altyd so maklik is om jou eie besigheid te hê nie, veral nie as jy boonop 'n vrou het om gelukkig te hou nie! - shopasave.co.za

Vetkoekpaleis Deel 1
vetseunvetseun
TV-Reeks DVD ............... 2008 SABC2

BLOU...LIGBLOU
Frikkadel begin sy eie besigheid nadat hy sy werk verloor het. Voor hy hom kan kry stel hy twee onbeplande personeellede aan wat sy eie idees oor sy besigheid verander.

KOOP OF OMKOOP
Die Vetkoekpaleis maak oop en Frik beleef die gepaardgaande probleme. Hy word deur 'n "gesondheidsinspekteur" besoek en is so senuagtig dat hy 22 vetkoeke verniet weggee voordat Worsie en Boeboe hom oortuig dat besigheid volgens die reëls maar die beste is.

FOR YOU...VERNIET
Terwyl Boeboe gaan eksamen skryf by die "Polly-Anne School of Beauty", werk haar niggie, Sue-Ellen, in haar plek. Sue-Ellen oortuig vir Frik en Worsie dat Spiros Takanakis hulle vetkoekresep wil steel.

POPPIE S'N
Besigheid is stil by die Vetkoekpaleis. Spiros het 'n buikdanser gehuur om kliënte na sy winkel te lok. Frik besluit om ook 'n vertoning te reël. Groot is sy verbasing as die danseres, Lolita Queen of Love, 'n ou meisie van hom blyk te wees.

DIE MECHANIC, DIE BAKKIE, DIE TREIN EN DIE KOEI
Frik ondervind probleme wanneer hy sy bakkie laat diens. Na groot drama ky hy 'n nuwe bakkie. Boeboe skryf eksamen en word verneuk. Sy word ook deur 'n jaloerse vrou bygedam.

SAKEMAN, SAKEPLAN
Frik reël met die Sun City busbestuurder om by Eugène se winkel te stop vir aandenkings, by die Vetkoekpaleis vir kos en by Tiger se garage vir brandstof en om 'n draai te loop. Sake loop egter skeef wanneer hulle by Eugène se winkel eet, 'n draai loop by die Vetkoekpaleis en vir Tiger waai wanneer hulle verbyry. Worsie kom tot die redding.

DIE WULPSE KONSULTANT
Frik besef dat besigheid glad nie so maklik is nie, en raadpleeg 'n konsultant. Die konsultant is hopeloos te duur maar dinge verander wanneer Boeboe sy klein swart adresboekie ontdek. Worsie lok besigheid deur 'n radiostasie in Benoni waar 'n vriend van hom werk.

vetseun
DVD ............ EET00964 (4 episodes) (95min) R90 SAUK

Liane Heyl
vetseun
Boeboe Sing! .................. CDVM 006 1998 VALUE MARKETING/SABC2
1. Nigel Kwela
2. Rave Pop
3. Gym Doll
4. Tamboer Nooientjies
5. I Love Chocolates & Ice Cream
6. Pelvic Padda
7. I Wanna Be Loved By You
8. Gee My Vlerke
9. He's Not In Love With Cindy Anymore
10. Boeboe Bokkie Van Die Springbokspan
11. Vetkoek Vastrap (Vokaal)
12. Ek Is 'n Bloubul
13. Vetkoek Vastrap (Instrumenteel)
14. Elvis Patel

TV (65 episodes) . 2000 WESTEL PRODUCTIONS/SABC
met Liane Heyl (Boeboe Botha), Willie Esterhuizen (Worsie), Alvin Bruinders (Sheridan), Marga van Rooy (Ella), Eloïse Cupido (Bernadine), Marina Coetzee (Katryn Koekemoer), Zack du Plessis (Frikkadel), Zeldine (Koekie), geskryf, produseer, Willie Esterhuizen

vetseun
Vetkoekpaleis - Die Heerlikste Vetkoekresepte .. 1997
deur M. Preller, C. Visagie, Sarie (by cookbooks R30, clarkesbooks R50)


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)