


















Willem is Kootjie Emmer





film VHS/DVD . MNETDVD-199 1977/2010 BRIGADIERS FILMS/M-NET
met Tobie Cronjé, Trix Pienaar, Siegfried Mynhardt, Pieter-Dirk Uys, Jacques Loots, PW Marais, HP Hamman, Anna Cloete, Jan Bruyns en Willem Loots as Kootjie Emmer, Dominee Dooieweerdt, Miss Libbie Plesie, Oom Sagrys Noodskoot, Ook Poepies Pontak, Koekie Rautenbach, Tolletjies Fourie,

"Kootjie Emmer, lykbesorger en nagwadrywer van Witgatworteldraai het die hele dorp op hol met sy sloerstaking en geheime wapen, sy uitwaartse beweging en sy volksfees. Karakters is Dominee Dooieweerdt en Miss Libbie Plesie, Oom Sagrys Noodskoot en Ook Poepies Pontak, Koekie Rautenbach en Tolletjies Fourie, sersant Gryp-en-Ryp Koesee en die Weduwee Oop-en-Toe ... 'n Skaterlagprent vir die hele gesin." - mnet.co.za
Eers die lekkerlees-boek, toe die groot vermaak vir die miljoene Rapportlesers - en nou die skaterlagrolprent! Kootjie Emmer, Lyksbesorger en Nagwadrywer van Witgatworteldraai, is die man wat sy hele doprm op hol het. En almal is hier: Dominee Dooieweerdt en Miss Libbie Plesie, oom Sagrys Noodskoot en oom Poepies Pontak, Koekie Rautenbach en Tolletjie Fourie, sersant Gryp-en-Ryp Koesee en die Weduwee Oop-en-Toe. Maar dis Kootjie Emmer waarom die hele verhaal draai - van sy sloerstaking en geheime wapen, sy Uitwaartse Beweging en sy Volksfees.
sien Oom Kootjie Emmer van Witgatworteldraai (1973, André Brink)
skakels :