


















Mooiriver

film DVD . DVDJUKE 43 2015 JUKEBOX
Maak die gordels styf vas vir die mees opwindende en grootste Afrikaanse film nog! 'Mooirivier word in Februarie 2015 vrygestel en beloof om 'n stormloop na teaters in Suid-Afrika te ontketen. Hierdie verhaal van liefde word aan jou gebring deur Cobus van den Berg, Tim Theron en Jorrie van der Walt, vervaardigers van Klein Karoo. Die film spog met 'n sterbelaaide rolverdeling: Tim Theron, Anél Alexander, Hykie Berg, Milan Murray, Nadia Beukes, Heinz Winkler, Bouwer Bosch, Leandie du Randt, Danie Putter, Bennie Fourie, Francois Viviers, Elmie Brits en andere.
Mooirivier is 'n alles-in-een romantiese ensemble-film met vyf individuele, vervlegde storielyne wat tydens die oploop na Paasfees in Suid-Afrika ontvou. Die groter storielyn gaan oor 6 paartjies - van 12 tot 40 jaar oud - wat elkeen op hul eie, unieke ontdekkingsreis na ware liefde is. Moet egter nie die tipiese feëverhaalweergawe verwag nie, want hierdie film vat jou op reis na die (soms komiese en soms hartseer) realiteit van dít wat regtig nodig is om liefde te laat oorwin.
Mooirivier - Liefde wen, altyd


klankbaan ........................................... 2015
skakels :