Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Die Voortrekkers
vetseun
film ....................................... 1973 DEEMILLIN FILMS

met Pieter Hauptfleisch, Patrick Mynhardt, Anna Neethling-Pohl, Tromp Terre'Blanche, Carel Trichardt, produseer, David Millin, musiek, Michael "Mike" Hankinson, cinematography, Lionel Friedberg, skryf, Oliver Ransford (boek), Donald Swanson, regisseur, David Millin, Ettie M Feldman

Die Voortrekkers
vetseun
klankbaan LP .............. MFP 545444 1973 MUSIC FOR PLEASURE
Kant 1:
1. Tema Musiek
2. Die Heuwels Van Natal
3a. Wonderskone Natal
..b. Die Trekkende Laer
..c. Deborah Retief
..d. Die Verkenners
..e. Liefdestema
..f. Maritz Agterdogtig
4a. Dingaan - Die Koning
..b. Liefdestema
..c. Magsvertoon
..d. Moord Op Retief
..e. Aasvoëls
5. Die Dapper Vrou
6. Nagrit
Kant 2
1. Nagaanval
2. Ons Staan Vas
3. Slagting
4a. Verwoede Geveg
..b. Tragedievetseun
..c. Aanval Op Die Animunisie Wa
5. Die Gelofte
6. Bloedrivier

Michael Hankinson is op 23 Januarie 1946 in Liverpool, Engeland gebore. Hy was maar agt jaar oud toe hy in die Liverpool Kerkkoor begin sing het. Op tienjarige Ieeftyd word hy 'n Koraalbeurs toegeken en gaan studeer hy aan een van Engeland se oudste opleidingsinrigtings, naamlik die Hereford Katedraal wat in die jaar 1100 gestig is. Twee jaar later word hy die Sinclair Beurs toegeken met die doel om klassieke orrelspel te bestudeer. Met die voltooiing van sy skolastiese opleiding spandeer hy nog 'n verdere drie jaar aan die Trinity Musiek Kollege te Londen waar hy komponering, verwerking en klassieke orreluitvoerings bestudeer.
In 1967 gradueer hy aan die Trinity Musiek Kollege, en werk hy as musiekassistent vir Normal Percival, een van die BBC se uitstaande musiek direkteure, waar hy kosbare ondervinding in die ligte musiekwêreld opdoen.
Twee jaar later word Mike 'n vryskut komponis, verwerker en dirigent in Londen, en in 1970 nooi Dan Hill hom uit om in Suid-Afrika die musiek klankbaan vir "Shangani Patrol" te komponeer en te dirigeer. Op uitnodiging van R.P.M. Platemaatskapy in Johannesburg, bly Mike in Suid-Afrika en maak hy twee baie gewilde plate waar hy gebruik maak van 'n elektroniese "Synthesizer" en "synthesia". In November 1971 aanvaar die S.A.U.K. Mike as 'n permanente kunstenaar vir klassieke orrel uitvoerings vir uitsaai doeleindes en orrel konsert uitvoerings saam met die simfonie-orkes.
Mike sluit in 1971 by Boosey & Hawkes (S.A.) (Edms.) Bpk. aan waar hy as bestuurder van hulle Speciale Produkte Afdeling werk en ook in beheer staan van die "Synthesizer". Mike is daar ook verantwoordelik vir die elektroniese musiek departement en hou ook toesig oor die hou van Suid-Afrika se eerste elektroniese musiek studio. - omslag


skakels : imdb.com

















bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)