Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Altyd in my Drome
vetseunvetseunvetseunvetseun
film VHS/DVD 76min . MNETDVD-061 1952 SARM/PRIMEDIA/STER-KINEKOR/M-NET

met Frederik Burgers, Al Debbo, Pierre de Wet, Hendrik Susan, Hanlie van Niekerk, Wanda Lemmer, Peter Merrill, Ben Havenga, Pieter Hauptfleisch, Desmond Wilson, Bettie Groenewald, Vincent Hesse, skryf, regisseur, Pierre de Wet

'n Sukkelende komponis, sy vriend, 'n lieflike sangeres en 'n kwaai agent wat aandring op nuwe musiek vir 'n blyspel vorm die kruks van die verhaal. Voeg daarby Klaas Vakie wat Kupido probeer speel en jy het die bestanddele vir 'n heerlike romantiese musiekkomedie. 'n Sukkelende toergeselskap moet nuwe liedjies kry vir 'n opvoering, maar die inspirasie kom kort totdat Ben (Al Debbo) smoorverlief op 'n sangeres raak nadat Klaas Vakie hom met 'n Kupido-pyl getref het. Hy begin snags van haar droom - alles in operette-styl - en verklaar sy liefde aan haar al singende. Fanie, sy vennoot (Frederik Burgers), neem sy kans waar en neem elke liedjie skelm op. Die agent (Pierre de Wet) is in sy noppies met die nuwe skeppings en por hom aan om Ben aan die droom te hou. Dit beteken natuurlik dat Fanie nie meer slaap nie en hy Ben op alle maniere aan die droom moet hou - én die drome volgens tema moet aanhelp. So word Ben op warm melk, kaviaar en biefstuk getrakteer. Selfs 'n perd word die kamer ingesmokkel om hom in sy slaap te inspireer om 'n ruiterlied te sing. Uiteindelik kort daar net 'n slotlied - 'n liefdeslied - maar Ben het ophou droom. Wat nou gemaak? Gelukkig kom Klaas Vakie (nog steeds met Kupido se boog) tot hul redding, maar hierdie keer word Fanie getref en die bordjies word verhang.

"This engaging Afrikaans comedy/romance is about the power of love and music to transport and inspire, and to make dreams come true - sometimes. Fanie (Frederik Burgers), a struggling producer/composer, needs to write a winning song to keep his agent happy and his company in work, but, alas, he's lacking inspiration. Until, that is, his musical partner Ben (Al Debbo) starts dreaming - and singing in his sleep - about a beautiful girl, all in operetta style.
Seizing this Cupid-sent gift, Fanie secretly tapes Ben's songs. The delighted agent pushes for more songs to produce a full-scale musical, which means Fanie has to keep Ben dreaming, and stay awake to tape the songs. All goes well until Ben suddenly stops dreaming.
Fanie's attempts to restart the flow of inspiration fail until Cupid's arrow comes to the rescue again - only this time, it is Fanie who falls in love." - mnetcorporate.co.za


skakels : imdb.com












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )