Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Van Coke Kartel .co.za


Van Coke Kartel - Energie (Johannes Kerkorrel) VID >>>

VAN COKE KARTEL: Die Energie musiekvideo sien Saterdagaand die lig

vetseun
Energie 7" EP ....................... PR003 2015 PERMANENT RECORDS
Kant Een:
1. Energie (Johannes Kerkorrel)
2. Help (The Beatles)
3. I Got You (I Feel Good) (James Brown)
Kant Twee:
1. Got To Give It Up (Thin Lizzy) - MP3 >>>
2. Born To Die (Lana Del Rey)

vetseunvetseun
Energie EP ......................................... 2015
1. Energie (Johannes Kerkorrel)
2. Help (The Beatles)
3. I Got You (I Feel Good) (James Brown)
4. Got To Give It Up (Thin Lizzy) - MP3 >>>
5. Born To Die (Lana Del Rey)

vetseunvetseun
Goodbye Tonight CDS ..................... 2013 JON SAVAGE PRODUCTIONS
1. Goodbye Tonight met Seether & Jon Savage (Single Version)
2. Goodbye Tonight met Seether & Jon Savage (Afrikaans Version)
3. Goodbye Tonight met Seether & Jon Savage (English Version)

2013 11 27 - Stones, Centurionvetseun

Dit raak amper overshare, maar daar is 'n groot plan daaragter, glo ons... Anyway, hierdie gig was eintlik maar 'n verskoning om Pretoria toe te ry voor Desember die 3de se gemors. Dink daar was so ses afskuwelike paranoia-opwekkende bloulig konstruksies. Ten minste sal ons die suburbia beter leer ken in die future, dankie aan die ANC se semi-Military-industrial complex. Oja, plus weerlig orals, wat of soos approaching flitsende ligte lyk, of, jou conscience wat foto's neem die heeltyd, cool.
Stones is nog so elaborate kasteel tot die eer van bier en pool, met versteekte hoeke en shit. Hierdie is die facebook quote: "Hey Centurions! Ons is in jou valley vanaand. Stones Centurion vir die Movember party. Ons speel vroeg. 8pm. Kom vroeg!" So risking verkeer en frustrasie word die nag vroeg aangepak. Die plek lyk soos 'n Halloween Party, met alles van manlike fairies tot 'n verskriklik goeie weergawe van 'n 80's SA Polisieman, maar meestal vriendelike Centurianers op vir 'n party. VCK begin amper uit die bloute speel en dit vat Môregloed en so bietjie opwek vir die dansvloer om vol te word. Dis 'n Land se jare in die volksmond en die superenergieke aflewering solidifiseer die party.
Die band lyk goed, die beperkte stage is belig soos 'n boksgeveg, die ikoniese swartbeklede manne word belig deur swiepende lasers en strobes, amper soos die weerlig buite, maar meer, baie meer. Die treffers word afgemerk, nuwes om die aandag te laat spits, en saamsing nommers waar Francois helfte van die tyd die crowd laat sing. Dis aaneenhoudend harsingskuddende rock'n'roll met aaneenhoudende opsweping van die Centurion mense, lieflik.
Halftyd. Die kompetisie word nou gehou terwyl almal bier koop, en alhoewel dit reën is dit goeie tyd. Die totale belagligheid van skeepskapteine wat meisies met snorre voorstel en judge is nie verlore op die mense nie, sarkasme vlieg die hoogtes in. En wie sal nou daar as Celebrity Judge te voorskyn kom? Niemand anders as Jack Parow nie! Centurion in ekstase, Centurion in die glow, dank fok daar was 'n private room... Met min judgement wat van Jack kom, maar genoeg presence, maak dit seker die snor ding Cooler As Ekke... Die mooi blond cop (daai vetseunSAP dude se meisie) wen (alhoewel sy nie eers 'n snor gehad het nie!), rocker. En die twee wen ook iets saam, bleddie cop!, maar sy wás cute... Die fairies wen niks, en dit eindig effens ongemaklik, anyway, seker die reën,
Jack word half-en-half deur die band vervang en vinnig is ons in die tweede helfte van die set. Nog verblindende klank en opgewondenheid vir almal. Dit was iets soos In Die Agtergrond se rustigheid, of die keuse tussen liedjies, maar teen Sweef (hilarious dude, "Francois! Francois!... Sweef!") het ons gedink dis verby. Die afsluiting het die mense in hoppende gelukkigheid net meer in verstomde genieting laat beweeg, en as iemand Verdoof, Vergiftig, Verskoon My gesien kom het... Laat my weet. Hope mense gelukkig.
PS. Fokofpolisiekar 11 December 2013 - Barnyard Teater, Cresta en 'n As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand LP gebook, plus Jack Parow se hand geskud, shot vir die access Wynand! (Maak seker om ook die Jack Parow Eksie Ou - Special Edition EP wat ons hierna gaan review..., te check)


Van Coke Kartel - Sweef VID >>> (2014)
- LIED VAN DIE DAG 2021/03/18


Van Coke Kartel - Môregloed VID >>>

CD LAUNCH: 2013 09 10 - Café Barcelona, Pretoria, R60
vetseunvetseunvetseunvetseunvetseun
Bloed, Sweet & Trane ...... VCK001 2013 VAN COKE KARTEL
1. Die Dag
2. Môregloed
3. In Die Agtergrond
4. Klein Wêreld (As SA Jou Wêreld Is)
5. Niemand Is Meer Heilig Nie
6. Sweef
7. Here Man
8. Moeg Vir Myself
9. Teenaanval
10. Eendag Op 'n Slag
11. Lewendig Eindig
12. Volgens Getuies
13. I Want Brandy

.........................."Dit is die einde van ons" ...........................
Rustige beginne gee weg tot 'n mal eksplesiete verwysing na die hede, herinnerings ingelsuit. Bloed Sweet en fkn Trane hier. Die absolute kakofoniese benadering van die VCK manne is opgesom in Die Dag, insig en verstaan vervleg met moshpit oplossings en harde harde musiek. Perfek oopgevlek met kore wat ballistiese soniesheid bereik in eggoende prag, maar verse innemend en paaiend amper. Totdat alles in 'n geskreeuery ontaard.

.........................."bymekaar uitkom..." ...........................
En kore is manna hier, genoeg hooks vir 'n wêreld. Spasie vir die musikante om te strut. Môregloed se stewige beat verskuil die daaropvolgende tattoo koor - wat mooi onder daai 666 op jou voorkop kan inpas. Die een het eintlik 'n ontelbare paar aanhaalbare koningsquotes in. Samesleurende groepsbou met 'n amper melankoliese erkenning van die gegewe. Iemand skryf die band in vir "Grootste hoeveelheid treffers" asb. "(die hele song)"

.........................."om in af te koel" ...........................
Die CD is op repeat in die kar, vier dae lank, alle spoedoortredings ens. sal aan VCK aangestuur word. Miskien liewer terug na Wagner... In Die Agtergrond is nog inkennende oorlewings rock, bloot vertelling van realiteit met 'n beat. VCK doen dit goed, verwoording en op note sit van die ervaring. Catchy soos [insert siekte hier] en 'n rakend aan perfekte mengsel van eerlikheid en geraas.

2013 10 08 - Café Barcelona, Pretoriavetseun

Deur die valleie op daai omstrede amper getolde weg van Sodom na Gomorra. Son gesak en amper spoedgrens tussen die menigte pendelaars noord. So effens kort gesny daar, bleddie kalender, onsigbaar. Vinnig gery, klaar daar.

Anyway, Café Barcelona is packed en die eerste song aan die gang. die vooropgestelde seating arrangement bewe onder groepe kop knikkendes wat orals indruk. Daar is reeds 'n dun ry moshpit mense en fotograwe gemeng teenaan die stage, waarop VCK absoluut malgaan. Bier in die hand en na probeer om enige iets te sien, is dit maar vorentoe na die 'pit'. Dis 'n wriemelende groepie mense, wat enige tyd in bonsende harige swartgeklede glimlaggende hippies verander, sonder waarskuwing. Eers reg by Jedd se kitaar manipulasie, meer intens gemaak deur die flikkerende lense wat die hoogtepunte probeer vasvang. Flippen tafel keer enige beweging, en met lafenis as moed is dit maar jammer sê en afkyk totdat nog 'n tafel beteken ons eindig 'n meter van Wynand af... Perspektief en klank toevoer dus heeltemal veranderbaar, van agter op jou tone staan tot in die sproeireën en besete kyke. Die plek rafel mettertyd uit en oorbrug en terug die skeidslyn tussen die intieme en groter venues. Ons hoor 'n frantic afgelewerde mengsel van die laaste albums en 'n paar nuwes. Alles moer hard, met hoofsaaklik sweet. Saam met 'n saamskreeuende skare wat 'n redelike dent in die merchandise gemaak het.

.........................."moenie jou kop daaroor" ...........................
Geen oomblik gemors om na die samewerkende omringende klank te kom nie, Klein Wêreld (As SA Jou Wêreld Is), stortkoor ingesluit. Kopknikkend na die ervaringe van die manne oor die see, mens kannie die invloed van pragplekke soos Amsterdam, en die mense, misken nie. Die liedjies word generiese rockers, geniet "By Numbers". Ook met die nodige laelevel eksistensialistiese krisisse, wat na gewink word. Van die verse se sagtheid hint na die Eindig.

.........................."is nie soos julle nie" ...........................
So mal jong boer in 'n wit Tazz wat rondjaag en 'Niemand is meer veilig nie!' skree... Aai. anyway hierdie was die grootste bestuursprobleem, so 'n onskuldige song wat met 'n skop in 'n legendariese politieke/saamstaan treffer verander. Kan sien hoe OUTA of die DA hierdie kan gebruik vir die verdering van hul ideale. Ons hoop net daai kamera's was nie aan nie... Roodepoort. Niemand Is Meer Heilig Nie

.........................."tevrede is" ...........................
Maar so is die katalisator van hierdie musikale uitvoering, nihilisme op 'n ritme. Skop teen aanvaarding se prikkels. Wat uiting kry in die dubbelvinnige Sweef, wat tegniese alles agter 'n gordyn van klank afspeel. Amper gefluisterskree lirieke is onhoorbaar weggesteek agter die wag vir die koor waarin moshpits hul fleur bereik. Fokken pragtig.

Haal asem....

2013 10 12 - Arcade Empire, Pretoria

Bleddie mental GPS het amper Witbank toe gevat... Maar darem Oos-Pretoria toe raak verdwaal. Dis 'n lekker groot plek en daar is hope mense. Meeste looprond of kuier, party kyk rugby. Onderliggende opgewondenheid ingesluit by al die eyecandy. Die vibe word bietjie ernstiger as Feed The Wolf (facebook) en C.O.A.X. (Jacques Moolman - ShadowClub) hewig open. Totale verskillende benaderings, met die uiteinde harde interessante local rock.
Met genoeg spasie word die verhoog met ry op rye van jong Pretorianers omsingel, die donker rookgevulde kamer word oordonder met klank, ligte en regskuiwende mense. 'n Band member kom op die stage om iets reg te skuif, en 'n groot juig word uit die skare gehoor. Alles is reg.
Die swartgeklede manne neem hulle plekke in en voor enige musiek gespeel is begin die dansery. VCK ryg die nommers in, dis kore skree, en keer vir jou bier, daar word niks terug gehou nie, die massa ken alle lirieke, oud of nuut, Francois moet sing om voor te bly, Wynand eers op die speaker die kant, dan crowdsurfing daai kant... Beide Jedd se mal kitaar solo en Jason se verstommende drom solo word met 'n aweinspired rustigerheid geniet.
Die vier voed vanaf mekaar, dis totale Entertain Us, nou met meer interaksie, vriendelikker miskien, persoonlikker, maar hard harder harste. Nog 'n superaand, glad nie gemar deur die roadblock aan die einde nie.

2013 10 26 - Rhapsody's, Centurionvetseun

Rhapsody's in so teen 'n heuwel geleë dat mens amper 270 ° die horison sien. Die warm Saterdagmiddag se massiewe cumulonimbus wolkformasies skep 'n wonderwêreld van die pad effens na die Noorde. Vroeg, sodat ons die Curriebeker Eindstryd kan insluit. Dis 'n gratis akoestiese show, so dit sal 'n rustige aand wees - neem ons aan - rugby wen, rooiwyn en kitaar musiek. Het ons maar geweet.
Met die instap in die dubbelverdieping lounge bar idee (met die mooi uitsig) word ons gegroet met 'n heel genietbare sophistication, en die rugby gaan binnekort afskop. Dis maar meestal Bulls/Lions turned Sharks teen 'n paar Province supporters en ons staan maar nader aan die Kaapse band wat na die opstel van hul musiek masjien 'n koffietjie en middagete geniet. Die ondersteuning vir ons span word hard en emosioneel, maar later gee dit weg tot aanvaarding en iets anders soek om te doen. Ons gaan sien 'n man oor 'n boom, die show begin eers oor twee uur.
Van buite af kan mens die gehoor hoor chant, daar is nog mense wat instroom soos die eerste kitaar geraas die aand in weerklink. Dis nie ligte vrolike akoestiese kitaar nie... Daar's niemand wat met bongo's gehoor kan word nie... Terug by die bar - waar die TV nou MTV of iets wys - is daar nie staanplek nie. Die band word versteek deur hoppende drinkende ondersteuning orals...
Die akoestiese kitaar word verwurg en misbruik, Francois het twee songs gesit, en toe maar die sy stoel vir die crowd gegee om te verwyder. Die klank word net harder en harder, mense wriemelend om nader te kom of om meer te dans.
Ons kry 'n blik deur die jare, almal saamsingend skreeuend aan lirieke en kore. Teen die tyd wat ons 'n spin vat met Wat Het Van Ons Geword? (2008) tot in 'n oorverdowende Dis 'n Land (2011) tot in Voor Ons Stof Word (2010) (kon about nie die band hoor nie) effense asem in Verdoof, Vergiftig, Verskoon My (2007) met 'n ontploffend harde Tot Die Son Uitkom (2011) die aand inderdaad behoorlik afsluit.
Al wat 'n aand soos die verbeter is die wete dat as Bloed, Sweet & Trane ingelsuit word by die live show, gaan dit net meer lipleklekker tye in die toekoms voorspel. Shot VCK!!

.........................."na die eerste hou..." ...........................
Dit alles volg met 'n rocker, met 'n hoppende saamskreekoor, nou reeds landswyd bekend. Die groet word uitgebeeld in 'n knersende koor, tussenin word die ernstige ervarings grappig opgehaal en in 'n verdiende grootbors erkenning oorvertel. Teen die tyd is jy of verslaaf of, wel verslaaf. Die klank bly drywend en alternating tussen lekker sing en afgaan. Hou daarvan. Here Man.

.........................."is ek wie ek wil ..." ...........................
Aanhalings hoeveel? Die een het 'n skerp drie-vingers-terug erkennings-vibe. Met die vraag wat weggesteek agter die klankmengsel is...
Daar is nie oomblikke wat verbygaan nie, daar is nie 'n plekkie vir meer klank of opwen nie. Die protesagtige eerste strofe gee darem mee in nog amer gepraatde verse van Francois. Dis sonies hier, as mens dit nou nog kan sê... Moeg Vir Myself, 3:17 se lekkerte.

.........................."sirkus vir sag... " ...........................
Teenaanval. Hoekom bly ons nie in hierdie moshpit nie? Hoekom dan nou weg beweeg? Net so hard indien nie harder as Moeg nie, hewige ritmes, verse afgerammel tot 'n groot lead noot die pragkoor inlei wat oor dieselfde oorweldig opgewonde dromme afspeel. So asof alles tweekeer of meer geluister moet word.. Haha. Die seleksie word groot, en dit van bybly, hierdie, weereens, so 'n verkeersprobleem...

.........................."weer te ver... " ...........................
Ons is amper daar, so naby, o so naby, maar eers die dokumentêre video liedjie... Eendag Op 'n Slag, is 'n verstrengelende lekker kitaar song, natuurlik ingekleur en reinforce deur nog van die (nou) leuses en krete. Met 'n plek waar die malheid en onderliggende rede half-en-half bymekaarkom, die dralende koor en absolute klankmuur, tegelyk. dit voor ons amper by Lewendig Eindig is, eindig ons in 'n heel direkte vraag.

.........................."mooiweersvriende, sonder geld" ...........................
Sjoe. Hier raak ons aan 'n rustiger vein van VCK, die ballade. Nou nie iets waarvoor hulle noodwendig hulself sal op roem nie. Hul doen liewer daai rockjouassaf liedjies/nommers. Maar hier is hulle op repeat saam met van FPK se mooistes en surreal musiek soos ... baie cool mense. Die snit laat die CD met 'n dwalende agterdog dadelik 'n legendariese plastiek monument. Lewendig Eindig.
Naturally sal ons van die amper sad song hou, die akoestiese weergawe van alles, soos wat ons gedink het Rhapsody's sou wees, en bly was dit was nie... Koning CD. Kry hom!!

2013 07 17 - Rumours Lounge
vetseun
Ons het nou al 'n paar keer vir Van Coke Kartel live gesien, 'n klomp keer. Ons was ernstige Fokof groupie materiaal, en vele aande is regoor die land in skares voor die ouens deurgebring. Gisteraand was die beste. Fokof in Roodepoort, spoeg spring skree vloek vanfokking...

In Rumours Lounge - wat so half weggesteek in 'n winkelsentrum is - kom mens vinnig agter dat 'n onderliggende opgewondenheid tussen die Wes-Randers heers. Big up vir Sabbath Events wat 'n goed beplande aand gereël en uitgevoer het, ons sal nog van hulle hoor. Dis vroeg, want daar is vier bands voor VCK, mense staan ongemaklik nader vir die eerste groep, Wysdiman. 'n Ou Rumours Lounge bekende en aaneenhoudend giggende Wysdiman het omtrent drie sekondes aan aankondigings afgestaan en toe is dit tyd. Met 'n nou hardgeoefende line-up is Bruce Bleed se geskreeude lirieke nou meer afgeëts en samesleurend as ooit. Snitte vanaf die nuwe Vat Vlam EP word so hard soos klippe afgelewer, plus die amper komediese Maai Maai Maai en die stunner Verlore Gebôre. Die knersende baslyne bring mettertyd meer samedromming op die dansvloer, en teen die einde is almal net so bietjie meer bewus van wat presies hier gaan gebeur vannaand... Seker my favourite Wysdiman show ook, so bleddie hard!!! Lekker.

Volgende was dit Die Mislukte Rebellie wat in die Noordelike voorstede van Johannesburg nogal heelwat erkenning en ondersteuning gekry het. Van die meer bekende liedjies is heeltemal saamgesing en die kore se sinne klaar gemaak... 'n Solid uitfit, hehe judge, nee, dis 'n baie lekker klank met gelukkig ernstige gevoel. Eerste keer wat ons Rebellie sien, en sien uit na die volgende keer. Dieselfde met Thundermerwe. Voel eintlik nogal op datum na die gig... Albei die bands rock hard en het die belangstellendes dit laat verloor nog voor VCK. Die oorverdowende musiek word met grappies en aanmoediging intersperse wat die hele ding net meer genieting en lekker maak. En teen die tyd wat Ons Land uit Thundermerwe se instrumente kom is die plek packed en buzzing. So paar songs van die einde af sien mens vir Wynand en Francois inloer...vetseun

Die voorlaaste opoffering was Kinky Robot, om en eerlik te wees, ons het dit gemis. Ons het 'n geldelike vermisverstand met 'n lead singer probeer uitklaar deur hom dronk te maak en eksistensialistiese idees met sy meisie te verruil. Dit het alles goed uitgewerk, en die gesprek het regtig hand uitgeruk en toe sy duim teen sy neus gesit en met sy vingers sulke blahblahblah bewegings gemaak. So dit was cool. Enige iets post-geloof asseblief, dankie, "fokkit" sê Rassie. Die gesprek verby en geldelike verontagsaming uitgesorteer, is dit goodbye lead singer en meisie, en terug na die dansvloer...

Kinky Robot pak op en van die VCK crew begin verskyn tot jubelende gejuig van die nou skouer-tot-skouer crowd. Francois laat weet dit gaan nog 'n rukkie wees, en dat ons so bietjie moet aanhou, voor dit. Dis duidelik dat die energie albei kante toe vloei en die Roodepoort Massive wys sommer baie liefde, vooraf, respek. En dan is dit aan. Die mense gebruik hierdie paar vierkante meter ten volle. Die skaretjie gaan mal met die eerste note, almal ken die lirieke, die mikrofoon is tegnies die heeltyd in ons gesig, dis 'n wriemelende bosganende massa wat Francois se woorde van die punt van sy tong af gryp. Die band ontplof orals oor, dis Wynand hier Wynand daar, dis waterfonteine oor ons, dis tonguitsteek mal hard befokte musiek. Die treffers word een na die ander afgerantsel, elke een tot meer crowdparticipation en dank as die vorige. (Gou gaan bier koop...) Francois moet byhou om bo die samedromming gehoor te word. Ons hoendervleisnommers was Tot Die Son Uitkom en Dis 'n Land en Moenie Dink Nie en Vir Almal. Elkeen so superb afgelewer dat die middel 2000s terugflitse so rieël gevoel het, "ek het amper gestagedive" sê Rassie. Seker daarvan die VCK het al kleiner en groter gigs gespeel, maar hey, ons het 'n kreet gekry... Roodepoort!! ... Fok Jou!!!

vetseunvetseunvetseunLAAI AF
VanFokKingTasties Akoesties kompilasie . SF 014 2012 SUPRA FAMILIAS
1. Dead End Ave (Over A Long Distance) - aKING
2. In En Uit - Die Heuwels Fantasties
3. Dagdronk - Fokofpolisiekar
4. Nare Kaskenades - Die Heuwels Fantasties
5. In The Twilight - aKING
6. Buitenkant II - Van Coke Kartel
7. Voor Ons Stof Word - Van Coke Kartel
8. Facebrick Constellations - aKING
9. Klipgooi Glashuis - Fokofpolisiekar
10. Almal Is Bang - Van Coke Kartel
11. Vasbeslote Korporasie (Deel 1) - Fokofpolisiekar
12. Tyd - Die Heuwels Fantasties

Four of South Africa's powerhouse bands join forces again, this time to release their first ever acoustic offering. A collaborative effort from Afrikaans rock legends Fokofpolisiekar and Van Coke Kartel, alongside Electro-Pop sensation Die Heuwels Fantasties and English pop-rocker aKING showcase a collection of new never before heard tracks with acoustic versions of existing hits.

vetseun
Van Coke Kartel - Chaos met Jack Parow VID >>> (2013)
- VIDEO VAN DIE DAG 2020/11/19
- VIDEO VAN DIE DAG 2020/08/03

vetseunvetseun
Van Coke Kartel - Tot Die Son Uitkom

vetseunLAAI AFvetseunvetseunvetseunvetseun
Wie's Bang? .......................... SF 013 2011 SUPRA FAMILIASvetseun
1. Nou Of Nooit
2. Dis 'n Land
3. Dankie, Ek Is Veilig Hier
4. Doodsdreigemente
5. Brein Verloor
6. Tot Die Son Uitkom
7. Einde Van Die Wêreld
8. Moenie Dink Nie
9. Chaos met Jack Parow
10. Wie's Bang?
11. Nevermind
12. Vir Almal
- LYN VAN DIE DAG 2021/06/17 - " ... Maak die individu weer dood, Probeer sy kop wat uitstaan terug in slaan, Ek sal my familie en vriende nader trek, Gee my oë agter my kop ... " - Vir Almal
- LYN VAN DIE DAG 2021/05/17 - " ... Op die voet, deur die stront, Vee die bloed uit my mond, Geen fight vir wat ek glo, want wat ek glo is klaar verloor ... " - Chaos
- LYN VAN DIE DAG 2021/03/03 - " ... Vir almal wat twyfel, Vir almal wat stemme hoor, Vir almal wat 'n goeie tyd het en dit probeer onthou .... " - Vir Almal
- LIED VAN DIE DAG 2020/07/20 - Chaos

vetseun
Ondier Kom! (Hyphen & SFR Remix) MP3 . RHTYHM


Van Coke Kartel & Kalahari Surfers - Smells Like Teen Prison Food (Jam Sandwich) VID >>> (2010)

met Kalahari Surfers
vetseunLAAI AF
Smells Like Teen Prison Food MP3 . 2010 SJAMBOK MUSIC

vetseunvetseunvetseunLAAI AFvetseun
Skop, Skiet & Donner .......... RR111 2010 RHTYHM
1. Voor Ons Stof Word
2. Ondier Kom
3. Huissiek Gebede
4. Maniac
5. Man Sonder Missie
6. Spookhuis
7. Cocaine
8. Skadu's Teen Die Muur (Koos du Plessis)
9. Bitterpil
10. Die Laaste Sondag
11. Raad Vanuit Twee Oorde
12. Algehele Kontrole
13. Ondersteuning Geweier
- LIED VAN DIE DAG 2021/07/07 - Voor Ons Stof Word >>>

Produksie deur Peach van Pletzen

vetseunvetseunvetseunvetseun
Waaksaam & Wakker .......... RR094 2008 RHTYHM
1. Pasief Paranois
2. Raad Vanuit 2 Oorder
3. Ondersteuning Geweier
4. Jy Weet Mos Beter vetseun
5. Pynstiller
6. Een Konfrontasie
7. Ons Moet Hardloop
8. Soek En Vind Niks
9. 27 Kluisenaars - MP3 by myspace
10. Wat Het Van Ons Geword?
- LYN VAN DIE DAG 2021/05/03 - " ... verskoon my en hierdie siniese stemtoon, daar is iets wat my al vir 'n tyd lank pla, ek kan net nie my vinger daarop sit nie, dit is net 'n vae suspisie ... " - Wat Het Van Ons Geword?

VAN COKE KARTEL - WAAKSAAM & WAKKER

Van Coke Kartel se nuwe album "Waaksaam & Wakker" is pas uitgereik. Die nuwe album gaan verras met 'n intensiewe, groot produksie. Dit bied 'n progressiewe musikaal-emosionele dimensie aan die harde, rou klank wat Van Coke Kartel as 'n nuwe groep gevestig het met die uitreiking van hul debuut-album in 2007.

Die nuwe liedjies bied weereens die harde waarheid, maar hierdie keer is Van Coke Kartel se sensitiewe kant meer hoorbaar met die toevoeging van 'n paar meer melodieuse liedjies en selfs 'n retrospektiewe ballade "Wat Het Van Ons Geword?"

Van Coke Kartel het met hierdie album hul eie musikale grense verder verskuif deur met nuwe instrumente en ander kunstenaars te werk. Wynand speel akoestiese kontrabas op 7 van die 10 liedjies. Sergio Zampolli speel akkordeon op " Wat Het Van Ons Geword?." Lara Block speel tjello op "Wat Het Van Ons Geword?" en "Ons Moet Hardloop" en Dave Sharp se Hammond Orrel kan gehoor word op "Raad vanuit twee oorde" en "Pynstiller."

Francois van Coke het die lirieke vir "Waaksaam en Wakker" geskryf. "Ek wil nie paranoia kweek nie, maar iemand doen dit klaar" byt reeds in die eerste liedjie.

Van Coke Kartel het baie in SA gereis tydens die skryf-proses. Gevolglik is die geografiese ervaringsveld van die album in geheel groter as bloot net Kaapstad en dit omvat Van Coke Kartel se wyer ervaringe van hoe hulle persoonlik geraak word deur dit wat rondom hulle gebeur.


Van Coke Kartel - September Fools vetseun

vetseunvetseunvetseun
Van Coke Kartel ................... RR084 2007 RHYTHM RECORDS/SELECTvetseunvetseun
1. Elke Oomblik Tel
2. September Fools
3. Duiwelspiek
4. Genoeg Is Nie Genoeg Nie
5. Evolusie
6. Buitenkant II
7. Algehele Kontrole
8. Kettery
9. My Vriende Sukkel Ook
10. Hier Is Ons
11. Verdoof, Vergiftig, Verskoon My
12. Tot Die Einde Kom
- LYN VAN DIE DAG 2021/04/24 - " ... jissus, dis gevaarlik hier, jy kon nog steeds nie vir jouself dink nie, die winterkinders dans met China vanaand, geld in die hand ... " - Buitenkant II
- LIED VAN DIE DAG 2021/04/14 - Verdoof, Vergifitg, Verskoon My >>>
- LYN VAN DIE DAG 2021/01/13 - " ... geld in die hand, buitenkant, ek is dalk nie 'n sent werd nie, maar ek voel soos R300 ... " - Buitenkant II

At the beginning of 2007 Fokofpolisiekar decided that it was time to take a break.

The break gave us (Francois and Wynand) the time to start writing new material for a new Afrikaans rock band and Van Coke Kartel was born.
vetseun
We are currently recording our debut album in Bellivlle Studios under the guidance of Theo Crouse. Theo (Springbok Nude Girls and Kobus!) will be producing, recording and mixing the album.

There will also be various other musicians joining us in the studio. Old friends Laudo Liebenberg (aKing) and George van der Spuy (Taxi Violence) will be joining us on selected tracks for the album.

Our Fokofpolisiekar chom Hunter Kennedy co-wrote one of the songs on the album and will also be playing guitar and singing on that tune.

The album will be released via Rhythm Records by the end of November 2007.

Let the good times roll!
vetseunvetseunvetseun
First shows:
29 Nov - Mercury Live, Cape Town - Official CD Launch Party
7 Dec - Burn, Durban vetseun
11 Dec - Tapas Al Sol, PE

The two charismatic band members of Fokofpolisiekar - Francois van Coke (singer) and Wynand Myburgh (bassist) - will be returning to the studio to record an album for their new three-piece Afrikaans rock outfit: Van Coke Kartel.
For the last nine months Van Coke and Myburgh have been grafting and sculpting at transforming their raw live energy into twelve new Afrikaans rock songs. Francois van Coke will be on vocals and guitar, Wynand on bass vetseunand the third member to join the Van Coke Kartel on drums is Justin Kruger. Justin Kruger is no newcomer to the family. He stood in for Jaco "Snakehead" Venter (Fokofpolisiekar drummer) after an accident in 2006 in which Jaco broke his arm. Justin also recorded with Fokofpolisiekar on the first "Swanesang" session in March 2006.

There will also be various other musicians joining Van Coke Kartel in the studio with the aim to add more of a collective feel to the album. Musicians like Laudo Liebenberg (aKing vocalist and guitar player) and George van der Spuy (Taxi Violence vocalist) are some of the few that will be joining Van Coke Kartel ..ed tracks in the studio.

Fokofpolisiekar bandmember Hunter Kennedy (guitarist) co-wrote one of the songs on the album and will also be recording this track with Van Coke and Myburgh.

Van Coke Kartel will be in studio from 24 September 2007 to the end of October at Bellville Studio's in Bellville. Theo Crous (Springbok Nude Girls and Kobus!) will be producing, recording and mixing the album.

-van Oppikoppi/myspace...- is Francois van Coke, Valkie van Coke


skakels : myspace.com/vancokekartel : facebook










Van Coke Kartel Gig/Flyer-blad



bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)