Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Somerfaan - facebook

2021 05 28 - Somerfaan "Crack A Smile" SINGLE LAUNCH
vetseun

2021 02 18 - Somerfaan "Crack A Smile" SINGLE LAUNCH BINNEKORT
vetseunLAAI AFLAAI AF
Crack A Smile CDS .......................... 2021
- LIED VAN DIE DAG 2021/06/01

vetseunLAAI AF
Dagbreek ........................................... 2020
1. Oh My Heart
2. Lang Pad Saam
3. Hart In Jou Driveway
4. Ek Wil Net Sê
5. Pienk Maan Môre
6. Jy Het My Verloor
7. Totsiens Babylon
8. Oh My Heart (Anton L'Amour Remix)
- LIED VAN DIE DAG 2021/04/24 - Ek Wil Net Sê >>>
- ALBUM VAN DIE WEEK 2020/11/03
- LYN VAN DIE DAG 2020/11/01 - " ... sê dit weer en weer, tuimel agteroor, jy het my verloor, jy het my verloor ... " - Jy Het My Verloor
- LIED VAN DIE DAG 2020/11/01 - Hart In Jou Driveway >>>

vetseunLAAI AF
Oh My Heart CDS ............................. 2020
- LIED VAN DIE DAG 2020/10/28


Somerfaan - Would U Let Me In? VID >>> (2019)
vetseun
vetseunLAAI AFLAAI AF
Would U Let Me In? CDS ................. 2019 ROAR RECORDS

vetseunLAAI AF
Donker Dae met Lanimybru CDS ... 2017 ROAR RECORDS

vetseunLAAI AF
Did I Steal Your Words? met Lanimybru CDS . 2017 ROAR RECORDS


Somerfaan - Polisiehelikopter VID >>> (2016)
- VIDEO VAN DIE DAG 2020/11/01

vetseunvetseunLAAI AFLAAI AF
Alien Boogie Stuff .............................. 2015
1. Alien Invasion
2. Go!
3. Polisiehelikopter
4. Caveman Shows Wife
5. Kazinski 2022 met Arno Carstens & Frank Opperman
6. Neon Cowboy
7. Please Cool Down Mr. Robot
8. Hop Onto My Magic Carpet, Baby
9. Deep Sea Diver Trapped In A Shipwreck
10. Apeman Hunts
11. Happy Dancing Zombie met Lanimybru


Somerfaan - Giant Fireball met Chris Papenfus VID >>> (2011)


Somerfaan - Ek Mis Jou Die Somer VID >>> (2011)
- VIDEO VAN DIE DAG 2021/01/24


Somerfaan - Saw The Whole Thing Happening VID >>> (2011)

Somerfaan - Laaste Somervetseun
Laaste Somer .................. KD007 2011 KAMEELDORING
1. Giant Fireball met Chris Papenfus
2. Ek Mis Jou Die Somer
3. I Saw The Whole Thing Happening
4. Bring Back The Humans met Jane Rademeyer
5. Unveil Yourself met Arno Carstens
6. No Blue Skies met Jane Rademeyer
7. Die Versoeking Van Somerfaan
8. Dancing Flame
9. Heavy Beats Forever!
10. Eindelose Somer met Huyser Burger
11. Don't Worry I Got You met Cito
12. Jy Weet Dis Waar
13. Jou Glimlag In My Drome
14. Bonus

Die nuutste Somerfaan is hier! Verdere elektroniese prag, rustig oornemend en vriendelik reguit. Hierdie keer met net nog cool mense, Arno Carstens, van Arno Carstens faam was ook in superband Springbok Nude Girls, Cito van Jesus Christ Superstar en voorsanger van Wonderboom, plus Huyser Burger gooi weer so paar verse.

Dit maak natuurlik vir 'n skokkend wye album, jy hip rock chill hop roll en out by tye heel sonder inspanning of erns. Gemeester in The Exchange Mastering Studios in Londen deur Simon Davey, die ding het sulke soliede klank soos mal, jammer, dit klink soos 'n klanktoets, breë swiepende klawers met skerp kontrasterende ritmes (lees 'uitbreiënde' of 'verdere' of iets) komputer ritmes. Só dat dit partykeer voel asof mens deur die spektrum luister, na wat anderkant kan aangaan.

Jy word eers rustig met vreemde geluide en klankgrepe ingelei, tot by 'n ligte ritme begin en grommende bas drom en dan ontploffende kitaar crescendo koor. Hierby is die subtiele eggo-ende skrape van DJ Redwood, wêreldbekende geraasmaak deelnemer, ook agter die wiele vir Pestroy en saam met DJ Nifty in Idol Hands. Plus 'n klomp ander goed, "Google DJ Redwood"... 'n Ontstellende CNN dude, met 'n beat.
.........................."to areas down here"........................
Die Giant Fireball wat die einde van die aarde beteken los ons met 40minute van uitsending, 'n melankoliese beatgedryfde samekoms met gemeenskaplike verligting van die realiteit as doel. Chris Papenfus verskaf die stem, sien hom saam met White Buzz, circa 2003.
.........................."Ek Mis Jou".............................
Ons open met 'n siek groot basbeat, iets roboties, soos 'n kanonklankgreep onder 'n mikroskoop, en net as jy die PVC nadertrek, is Somerfaan se stem in soliede-eggo so mooi, dat jy maar vir blomme opt. Die paranoïse verklaring word met skril alarmagtige byvoegings verhoog, en wanneer die opname soos 'n ou kasset opbreek druk jy repeat. Saam met van die grotes in die playlist die een, enige iets Kevin Martin of meneer Broadrick dankie.
........................"instrumenteel".......................
Op verstommende wyse word jou gemoedstoestand tussen armageddon verlange en nostalgiese genieting verskuif, I Saw The Whole Thing Happening maak vir heerlike strokiesprent asemrowing. Die gloeiende bal wat soos 'n massiewe Halley die horison benader, en die dude wat met sy ipod staan en aangaap. 'n Rollende een met kykies na klanke wat telkens deurskyn, en 'n elektronies bewerkte perkussie. Namedrop: Arnaud van Vliet.
........................"they will love us, they will teach us".......................
Mal oor Jane Rademeyer, haar Halo het ons kriewelend aan die dans gehad, orals. En hierso saam met nog meesterbeats kom sy voluit, die belaaide Bring Back The Humans is perfek vir haar sensitiwiteit. Dit is natuurlik paradoksies 'n baie sad liedjie in konteks, maar met 'n bas so groot dat dit klink asof dit deur dik swartsakke van die kamer langsaan kom... Besing die einde. (Sien ook Hyperdrive se Lillakiss oorlogslied "Kill The Humans")
......................."I know i had to compete".........................
Sterk ritme en kalmerende keyboards lei Arno Carstens se woorde in, met die kenmerkend ernstige verwoording, iets wat waarskuwend van nabyheid aan die dood is. Dié man se internasionale sukses en jarelange besigwees in die musiekindustrie spreek vir ditself. Soomloos Engels hierso. Unveil Yourself.
........................"clear blue eyes, a...".......................
Hier kom ons by die surrealistiese, praglied met olie-agtige klankbewegings waardeur totale ander musiek blyk bestaan. 'n Kunswerk met stem, elektronies uitgeknip en supercollage in iets langs 'n liedjie, soos 'n bank langs 'n boom sal wees. Jane weer met fluistermooiheid. Angswekkende elipse.
........................"en weerstaan, en weerstaan"...................
Maar dit doen eintlik waarna ons ellude (mooi woord) het. Die Versoeking Van Somerfaan is 'n intieme benadering van dink oor Dali se Temptation Of St. Peter. 'n Installasie van geluide (!!) uit ondenkbare dimensies, met die "reguit" (line 2). Onbenullige lekker rondspeel met super-trompieklinkende dinge en 'n agtergrond basline soos konings moet maak (grrr). Knik maar kop want soniese grense is hier nie.
........................"<Amerika se altruïsme>".......................
Nader aan nuushooftrekkke, maar nogsteeds haastig êrens heen, kom Dancing Flame met opbouende goed en daar bo-oor opgeneemde bombardering van Baghdad... Toe oorloë nog nuus gemaak het was die ontploffende "skok-en-ontsag" heel skokkend, en, wel, ontsaglik. Klanktoets kompleksiteit variasies. Andrew Garton.
........................."instrumenteel"............................
En daarshy! Sonder voornemens kom Heavy Beats Forever met magtige binêre elektrone te voorskyn. 'n Vloekwoord lekker getweakde bas EBM jou sommer terug na daai swart klere. Maar waar 3D genieting is hier, is dit nogsteeds gereserveerd, en dubberig, wat dit net meer oordonderend maak.
....................."maar vir jou glo ek nie gou nie"..........................
Miskien 'n siek inleiding vir wat opvolg, Huyser se paar woorde maak vir nog 'n treffer, want hierdie een vat dit van 'n meer robotiese oogpunt, met effense meer dansbare ritmes plus wye baskitaar begin, maar teen die solo verskuif dit na kategorieloos met mening. Eindelose Somer, sjoe, hehe, surfboards, nie.
....................."like in my dream"........................
Wonderboom aan die woord, met legendariese albums en menigte skouspel(jammer)agtige optredes op hul kerfstok (mooi woord), is Cito se kombinasie van rock en glimlag onmiskenbaar. Faan se dubvibe maak vir die perfekte agtergrond waaroor die stadium/teater man se lirieke werk. Eindigend met space improvisasie. Plus Anton L'Amour!
....................."instrumenteel"...........................
Voor die sein afgesny word kom ons met twee intrument/komputer-werke. Jy Weet Dit Is Waar steek die draak met ons Battery 9 onthou terwyl dit maklik amper drie minute se nadenke af forseer (nie regtig nie). Maar wel.
....................."Jou Glimlag In My Drome"..........................
Robotfaan sing vir ons Ek Mis Jou Deel II, met vocoder deluxe uitgawe en 'n luilekker ritme is ons hier tuis. Onhoorbare ontblootings en grofelektroniesaangeraakte verse, hoe klawers en shh-shh, lekker. Alles saamgevat.

Die SomereksklusieweFaan Onderhoud moes ongelukkig weens eksklusiwiteit weerhou word. Hashtag die volgende though: ...

vetseun
Funky Afrikaner MP3 ........................... 2009
Funky Afrikaner - MP3 by myspace

vetseun
Die Spook Kom Weer (Remix) MP3 . 2009
Die Spook Kom Weer (Remix) - MP3 by myspace


Somerfaan - Ons Gaan Almal Hemel Toe VID >>> (2007)


Somerfaan - Tarzan Kom Huistoe VID >>> (2007)

vetseunLAAI AFvetseunvetseun
Kyk Of Sy Kyk ........................ KD002 2007 KAMEELDORING
1. Intro met Frank O.
2. Die Spook
3. Haaie Onder Ons
4. Plaas Toe
5. Uiters Geheim In Bloemfontein
6. Ons Gaan Almal Hemel Toe
7. Wet En 'n Vibe met Huyser Burger
8. Tarzan Kom Huistoe
9. Wille Ganse met Paul Riekert
10. Kaartjie Na Venus
11. Somerfaan Op Die Maan
12. Tiep' Van Een Van My Tunes (Waai Windjie Waai)
13. Totsiens By Die Stasie
14. Warm Angstige Nag
- ALBUM VAN DIE WEEK 2021/03/17
vetseun
Mal CD. Vol van al die lekker en mooigoed waarvan mens hou. 'n Avontuuragtige reis deur klanksisteme, dit alles met van ons fav musikante saam, 'n konseptuele ekskursie in beats.

Somerfaan, of At Nel soos hy ook alom bekend is, se tweede uitgawe kom met stewige ritmes en verskuiwende idees wat interesseer en vermaak. Na Somerfaan en Uiters Geheim se sukses en pryse het KykOfSyKyk sommer ook 'n paar ingepalm, SAMA beste Alternatief Afrikaans...

..................."Sooooooooooomerfaaaaaaaan! <dish!> ..........
Die begin word luidkeels aangekondig deur local connection Frank Opperman, en terwyl jy die ou orrel geniet, en glimlag vir die uitbundige positiwiteit, sal jy seker bietjie kopkrap, al klaar...
.................."Ek sien hom die spook".........................
En dan skop die ritme sommer heerlik diep en bedekkend in, effense elektroniese kolke word met 'n robotstem aangevul, en jy dans. Die Spook is 'n waarskuwende enetjie, drywende bas met minimalistiese perkussies,
----------------- Kry Die Spook Kom Weer (Remix) by myspace of op die Kopskoot! kompilasie. ------------------
robotstem vertel, tot Die Spook se aankoms in bang koorwoorde aangekondig word. Perfekte rondryliedjie, al speel jy die eerste minuut net oor en oor. Met Henry Davies en Myles Hallet by.
.................."asemhaling is reelmatig"................
Samewerking deur Joao Orecchia, kitaar en effekte, maak vir 'n rustige liedjie waarin die ritmes met diep klaviernote saamgeflans word. Haaie Onder Ons met ligte amper gefluisterde rym, 'n meer "intieme" kant word geskep, wat weer later ontgin sal word.
.................."een, twee, drie...".....................
Plaas Toe, gee gelukkiger - maar net so dubbelsinnig - sinne, met lag en tragedie. 'n Kort snit, wat alles inwerk om 'n 90sek siniese treffer kreed(jie). Almal wil, so indien jy kan, keer terug! Met hadeda's.
................."hy moet onmiddelik aangekeer word.".....................
Die deurmekaar advertensie/army offisier pratery is Uiters Geheim In Bloemfontein, net vir ingeval.
................"wag net vir my eksê"....................
So ons is nou reguit in die dansdeel van die luistersessie in, Ons Gaan Almal Hemel Toe is vinniger en die druk-druk beat saam met titel-koor is hemels (jammer). 'Grappig tog prikkelend' kan jy dink soos jy die stoel terugskuif en voorberei vir skud. Want naby is die volgende, of die volgende is naby...
................"verander dit.... moenie aanvaar..."...........
Huyser Burger se rymklets bring die CD tot 'n oorverblindende hoogtepunt, Wet N Vibe bring Spook se basliefde, stampritmes en baie woorde, plus lesse. 'n Hiphop song wat langs enige kan staan, heerlik, basiese rondspringmusiek vir die skares, met die huge mikrofoondraende grinderman homself. Killer.
................"Aaaaaaaaaaaaaaa"....................
Die een rock ook. Mal. Lieflike diepdromme met die Tarzan Kom Huistoe clip wat dit tydloos verklaar. Die lirieke is opgewek opbouend aan die Storie van Jannie... Kitare is kenner-van-kitaar Arnaud van Vliet, sien alles wat mooi klink in die laaste paar jaar. (Boo!, Riku Lätti, Radio Lava; Gizelle; hope meer)
................"weergalm weergalm weergalm"............. (Wenner)
Ons bring die Veerkrag Vier bymekaar met die toetrede van Battery 9 voorman op woorde. Jare het At, Huyser, Arnaud en Paul Riekert landswyd donkerhoeke oorskadu met die visueleklankkuns wat B9 is. Die snit is baie koud en stadig - asof dit verbybeweeg en jy jou kop moet draai om dit te hoor - geen "gebrek". Pragtig met Wille Ganse. Die quote is een van die bestes ooit. Lekker liriese beskrywings van beskrywings.
................"om te sien wat daar te sien is".....................
Verder op die Interplanetêre-idee* waaroor ons niks vertel het nie. Kaartie Na Venus is ook rustige verse wat in 'n mantra-agtige herhaling verval oor 'n direkte ritme. Vertelling van die reis na die buiteruim wat die packaging kenmerk, 'n liefdesvertelling van afskeid, oorlog en Soetelief. Die ontploffing geluid aan die einde...
................."bring her safely home"..................
....gaan oor in die opstyg van Somerfaan se ruimteskip en die daaropvolgende kommentaar vanaf Houston (We Came In Peace For All Mankind). Rondrybeats delux, tot jy die horison is. Elektroniese driedimensionaliteit saam met lekker breekbeat, maak vir effe afkoel terwyl jy nadink oor reis.
................."een kant op...".................
Ons staan einde se kant toe met die dubbelbeats van Tiep' Van Een Van My Tunes (Waai Windjie Waai), kinderwyserige woorde wat tussen vriendelik verwysende vertelling na effens tergende waarskuwend beweeg. Met klavier vir afronding.
................."instrumenteel"..................
Totsiens By Die Stasie is 'n skuiwende-ritme-werk wat eers verspreide ritmes vestig en dan met klaviernote en snare ingekleur word tot 'n veelvlakkige bewys van die elektroniese oorname wat die album verwesenlik. Basiese kompleksiteit met woorde.
................."instrumenteel"..................
Warm Angstige Nag begin staalmars, maar draai by 'n meer emosionele klank, groot en ernstig, tot ons met 'n paar eensame insiggewende orrelnote afskeid neem. (Saad-2011)

* Prentjieboek musiek, met die onderliggende storie en spanning. Download hom orals cool.


Somerfaan - Morning Is Broken met Chris Chameleon VID >>> (2004)

vetseunLAAI AFvetseun
Uiters Geheim ....................... KD001 2004 KAMEELDORING/LOOPHOLE
1. Morning Is Broken met Chris Chameleon
2. Die Dogter Van Die Rykste Man In Babilon
3. Bly Net Hier met Huyser Burger
4. Baie Gelukkig Daarvoor
5. Wit Branders Teen Die Blou Lug
6. Woestalleen
7. Darem Fkn Weet Ek (Wat Om Te Doen)
8. Die Hotel In Die Hel
9. Side By Side
10. Morning Is Broken met Clair Evans
11. Gedaante Sonder Vlees
12. Mars Is In My Oë
- LIED VAN DIE DAG 2021/05/10 - Woestalleen >>>
- LIED VAN DIE DAG 2021/05/05 - Bly Net Hier met Huyser Burger >>>

Na jare se rongbeweeg tussen die land se beste musikante, grootste feeste en meeste dorpies is Somerfaan geskep. Kom ons tot 'n konklusie, en dit is Uiters Geheim, bra.

Die ding verbaas nie net mense nie maar het Geraas se prys gewen vir beste Elektroniese bydra. Dit is dus 'n wenner van die begin af. Huyser se kuns groet jou met 'n asemophou At. Draaiend by genres soos min.

.................."my only guiding light"......................
Die superkleurmannetjie is eerste aan die woord, Somerfaan - Die Lirieke Uitgawe, het begin. Kortrokkiedraer en oor die algemeen maljefieke dude Chris Chameleon doen Morning Is Broken met rustig ligte perkussie en die eindelose mooiheid van kitaarherhaling deur Arnaud van Vliet. Subtiele bas en die gelukkigbekende stem gee 'n spasieuse genieting, dit maak dit duidelik dat ons hierso besig is met, wel, 'n kombinasie van Boo! en B9 in al hul post-glorie glorie, maklik.
.................."instrumenteel"..........................
Die oorspronklike instrumentele Somerfaan uitgawe maak die ruggraat van Uiters Geheim uit, Die Dogter Van Die Rykste Man In Babilon is 'n stadige basswaar dub met eggo's inkluis. Dit rustig, so baie dat dit beide as nadenke outro - met die nostalgiese kitaar - en insiggewende intro - met die gebreekte beats wat later inkom. Lui Ipod-song perfeksie.
.................."met Samurai hande... guerilla oorlog..."..........................
Ons loop onsself direk vas in elektroniese klankgrepe en 'n baasbeat, en as dit nie genoeg is nie (Bly Net Hier), kom die massiewe Huyser Burger se stem met ryms tevore. Met 'n heel ernstig vertelde totaal oordrewe anargistiese boodskap is jy sommer netso aan die saamklets. Die gefluisterde koor sal maande by jou spook, maar dis ok. Supersnit, dit los jou halfrelaxed en halfrevolusionêr. Met Cesaré Casarino en Ian Watson.
.................."Baie Gelukkig Daarvoor"..........................
Die klankgreep begroet ons met dié snaaks verwysende woorde, met vreemd skuiwende ritmes en met aanhalings - wat verlede waarhede en kontekste blootlê - bevestig dit wat ons eers gedink het, hier is ons ernstig tong-in-diie-kies.
.................."Ek soen haar in die son"..........................
Somerfaan besing die punt van sy hart, in 'n kitaarbelaaide ballade oor 'n nog van die ingekleurde beats. Die liefdesliedjie wat sonder pretensie verklaar word op die mees onskuldig eerlike manier. Sommer vinnig, Wit Branders Teen Die Blou Lug.
.................."instrumenteel"..........................
Superopwoordespeel Woestalleen kom op, die album moet reeds mee rond gery word, verkieslik na veraf horisonne, en hierdie een maak hom net meer so (rondryerig). Snaakse onvanpasde klanke en verfynings begroet ons as inleiding tot strykinstrumente en keyboards, melodieus saamsleurende prag. Hehe.
.................."... ... ..."..........................
Met biki sensonskap ingesluit en verdere verkenning van die elektronies bereikbare landskap met skerper ingestelde ritmes en roete. Hier is so naby aan die verwrong oorsprong, hope grensende kitaar en onhoorbaar diep lirieke dien as beklemtoning van die basiese ritmiese. Darem Fkn Weet Ek (Wat Om Te Doen) se klanke en
.................."Hello"..........................
stem word in Die Hotel In Die Hel voortgesit en in driedimensionele klokke en swaarbas woorde beëindig.
.................."instrumenteel"..........................
Nog van die stone age gangster beats wat heerlik saam met jou Kalahari Surfers sal meng, veral die nuwe goed, opbouende bas met klankgrepe uit die histories nostalgiese realiteit.
.................."hoe gaan ek hierdie"..........................
En net so kom ons by die tweede toast van die eerste riddim... Of ons bedoel Clair Evans se ernstige insig stem rap oor Morning Is Broken... Asof dit help, die sagte elektronies aangeraakte woorde oor die eerste snit, en hierdie keer kwaaierig en direk. Clair sing saam van ons lekkerste bydraers, check haar. Mooimooimooi. Saam met Bly Net Hier baas.
.................."ek voel so wys, ek wens dit kon..."..........................
Terug na Somerfaan se liggies sarkasties half Mannemarak lirieke! Gedaante Sonder Vlees gee 'n sarkastiese superstempel met die gemak en ken, maar ook die geluk en aflewering. Heerlike alterego musiek, met alles. Dit is miskien Wit Branders Teen Die Blou Lug deel 2.
.................."instrumenteel"..........................
Dankie aan Nuno's, bier, Volvo en tyd. Ons sal die CD mooi bewaar en herhaaldelik geniet. Mars Is In My Oë rond dit reg af. - (Saad-2011) PS sien die Die SomereksklusieweFaan Onderhoud...

vetseun
Somerfaan .......................................... 2003

ook op :
Koerts Kotze en die vrouekolonie - Slaaf met antoinette vogt, uitvoerende regisseur


skakels : myspace.com/somerfaan : facebook : https://www.youtube.com/channel/









2020 10 30 - Somerfaan "Dagbreek" ALBMUM LAUNCH
vetseun
vetseun

20xx 01 31 - White Buzz, Somerfaan, Volkspeler, Live at The Roxy (Rascasse)
vetseun
vetseun

2013 12 06 - Somerfaan, White Buzz, it's really like a year end party for friends and foes alike alos remembering Huyser Burger. The venue only holds 100 people, we think it's gonna be full. The Roxy (Rascasse), Melville. 19:00, R50
vetseun
Op die Vrydagaand kom ons bymekaar om oom Huyser Burger te celebrate met beats en musiek, drank en dans. In sy Ville, in sy gees, die nag in... Superbeatman Somerfaan en local superbandmense Arnaud van Vliet, Loandi Boersma en Chris Papenfus lei verskillende kombinasies op die stage, en agtergrondmusiek verskaf deur DJ Somerfaan. Dit alles maak vir 'n heerlike kuier.
Eers is White Buzz, legendaries in dié streke, wat die eklektiese rock bydraes inryg. Ons ondervra almal vir informasie oor wat miskien kan gebeur, en spread general positivity en glimlae. Al mal weet hoekom ons hier is, en na die impromtu SAPS visit is almal heel fokken gesellig. White Buzz se ernstigheid en spelerigheid gemeng is perfek aweregs.
Dan kom Somerfaan met live drums en Arnaud of superkitaar begeleiding. Ons hoor van die treffers wat oor die jare klanksisteme besig gehou het, soos die super super Tarzan Kom Huistoe wat 'n beat het soos min, en die epiese koor!! Maar die verskyning van 'n Huyser tekening in die agter grond, en die begin ritmes van Wet En 'n Vibe, ('n post B9 kollaborasie vanaf 2007 se Kyk of sy kyk) bring die aand tot saamgevlegte elektroniese kulminasie. Met At en Huyser saam op vocals skep ons 'n timetravelling tydscontinuum (Arrie!!) om 'n tydlose (ha!) homage. Manjefiek!!
PS. Dié saam met al Die Menere gigs deesdae maak vir allerhoogste van "nou-nostalgiese" entertainment.
So op die dag wat die hele land saam Madiba se lewe vier, het daar 'n klomp Melvillians en general Gauteng mense die lewe van ons massiewe bliksem van 'n vriend Huyser Burger besing, en bebeat, en sommer bevloek en beskree, en beteken en verf en fokken alles, die mal naai. Hy sou trots gewees het op die dronk rondvallende dansery en dubstep wat die aand geword het. En met last rounds wat die derde keer geroep word, koop Papenfus 'n rondte shots en ons cheers op hom.
En toe, met handskud en drukkies vir mooi meisies orals, is dit terug die nag in... Dankie Somerfaan en umm.. umm Joanne!!

2009 11 05 - Somerfaan in die Pienk Kerk: Special apearances by Arnaud van Vliet, Jane Rademeyer, Huyser Burger, Die Pienk Kerk, Melville, 19:00, R40
vetseun
vetseunvetseun
vetseunvetseun
vetseunvetseun

2008 06 20 - White Buzz and Somerfaan, Roxy Bar, Melville, 20:00, R50
vetseun

vetseun

2007 10 12 - NuL, Somerfaan, The Bohemian
vetseun
vetseun
.................... " ... ons gaan almal hemel toe ... "
vetseun






bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )