Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Richard van der Westhuizen (Klip, Windpomp)


Richard van der Westhuizen - Ballade Vir 'n Enkeling met Bob Ffole VID >>>

vetseun
Ballade Vir 'n Enkeling met Bob Ffole CDS . 2018


Leon Gropp - Voordag met Richard van der Westhuizen LIRIEK VID >>> (2017)
- LIED VAN DIE DAG 2021/01/03

vetseun
Yster & Vuur ...................... VONK363 2016 VONK MUSIEK
1. Duiwelskloof met Jacomien de Klerk
2. Blommetjie
3. Renoster met Gerhard Steyn, Lochner de Kock & MD Greyling
4. Jakkelsmaan
5. Bettysbaai Se Berge
6. Die Groot Man Langs Die Water
7. In My Wentelbaan
8. Reën Vir Die Droë Grond
9. Yster & Vuur
10. Min Gepla
11. Skepe In Die Nag - Deel 1
12. Skepe In Die Nag - Deel 2
13. Doring Op Die Dansvloer


Gerhard Steyn & Richard van der Westhuizen - Bosveldbloed VID >>>

vetseun
Ballade Vir 'n Enkeling En Die Jare Daarna . VONK285 2015 VONK MUSIEK
1. Isabella
2. Tussen Treine met Gerhard Steyn
3. Stofpad
4. Twee Sagte Hande
5. Ballade Vir 'n Enkeling
6. Ballade Vir 'n Vreemdeling
7. Die Appels In Jou Nek met 'n Man Soos Jan
8. Wintersprokie
9. Genadewater
10. Engelliedjie
11. Man Van Staal
12. Hier Waar Jy Hoort met Anneke Visagie
13. Susanna
14. My Hart Behoort Aan Jou
15. Die Viooltjies Op Ouma Se Graf
16. Die Klaaglied Van Jeremia Broodryk
17. Swerfliedjie
18. Onthou Jy Nog
19. Blou Blou Water
20. Vuurklip: Die Einde Van Die Aarde, Die Einde

Richard & Gerhard
vetseun
Tydloos .............................. VONK082 2011 VONK MUSIEK
1. Ballade Vir 'n Enkeling
2. Katryn My Meisiekind
3. Blou, Blou Water
4. Holtes Van My Hart
5. Engelliedjie
6. Plaaskinders
7. Skepe In Die Nag
8. Hart Se Mure
9. Die Viooltjies Op Ouma Se Graf
10. Osbloed
11. Wintersprokie
12. Huistoe Gaan Tyd
13. Tussen Treine

vetseun
Swerwerspoor ................. VONK070 2011 VONK MUSIEK
1. Warm Hier By My
2. Isabella
3. My Hart Behoort Aan Jou
4. Susanna
5. Die Klaaglied Van Jeremia Broodryk
6. Man Van Staal
7. Swerfliedjie
8. Die Ballade Van Klein Dawie Dippenaar
9. Twee Sagte Hande
10. Geroeste Spykers
11. Krygers Van Die Kermismaan
12. Londen Sentraal
13. Gatsak
14. Vuurklip: Die Einde Van Die Aarde
15. Die Einde


Richard van der Westhuizen - Anthem VID >>>

vetseunvetseunLAAI AF
Songs uit my binnesak .. F1000640 2005 BOWLINE/EXALTATION
1. Hier Waar Jy Hoort
2. Engelliedjie (Hart van Staal TV-Reeks temaliedjie)
3. Wintersprokie
4. Stofpad
5. Hoe Durf Jy?
6. Wag Nog 'n Bietjie
7. Nagel Se Draai
8. Die Warm Sand Tango
9. Wiegeliedjie
10. Onthou Jy Nog?
11. Genadewater
12. Buite Val Die Reën
13. Blou Blou Water - MP3 by 24
14. Nagliedjie
15. Ballade Vir 'n Vreemdeling
16. Anthem

met Anneke Visagie, Karen Wessels, Richard van der Westhuizen


Richard van der Westhuizen - Onthou Jy Nog? VID vetseun

ook op :
Plek Van Die Vleisvreters
Skittersterre - Tussen Treine
Afrikaanse met Attitude - Die Wiegeliedjie (Andrew Roos)
Klankgrens Vol. 1 - Cowboy Kitaar
Tydloos Vol. 2: Afrikaanse Treffers vir Altyd - Die Kinders Van Afrika met Lochner de Kock
Tydloos: Afrikaanse Treffers vir Altyd - Ballade Vir 'n Enkeling (Herroep) met Lochner de Kock
Volksbesit - Ek Hou Van 'n Man
Ballade Vir 'n Enkeling
Ballade vir 'n Enkeling
Sleutelgat Revues 1987, landswyd, Richard van der Westhuizen, Lochner de Kock, Casper de Vries, Elzabé Zietsman


skakels :









vetseun
2020 05 23 - Volle Bors In Afrikaans: Juan Boucher, Jan Blohm, Gerhard Steyn, Ray Dylan, Refentse, Tarryn Lamb, Anton Goosen, Beeskraal, Con Grazia, Dozi, Gian Groen, Herman Kleinhans, Jakkie Louw, Jan Rhaap, Richard van der Westhuizen, Rina Hugo, Steffie le Roux, Stef Kruger, Wynand Strydom, Pietman Geldenhuys, Henning Joubert, Ramey Short, Sonja Herholdt, iTickets - VONK MUSIEK
vetseun

vetseun
2015 03 10 - 16 Onse (Stef Bos, Amanda Strydom, Anna Davel, Richard van der Westhuizen, Joshua Na Die Reën, Jannie Moolman, Danie Niehaus, Gloria Bosman, Tim Moloi, Jak de Priester, Hanelore Bedert, HemelBesem), Spier Amfiteater, Woordfees, Stellenbosch, R150/R120/R90
2015 03 11 - 16 Onse (Stef Bos, Amanda Strydom, Anna Davel, Richard van der Westhuizen, Joshua Na Die Reën, Jannie Moolman, Danie Niehaus, Gloria Bosman, Tim Moloi, Jak de Priester, Hanelore Bedert, HemelBesem), Spier Amfiteater, Woordfees, Stellenbosch, R150/R120/R90


WATER & KLIP

Centurion Teater, 28 & 29 Augustus 2007
Met Richard van der Westhuizen en LieSl Marx
Begelei deur Matthys Maree en Wouter van de Venter

Vervaardig deur LM Produksies

WATER & KLIP is 'n musiekproduksie wat die gehoor sal meesleur in 'n stroomversnelling van musikale genot na 'n maalkolk van kragtige stem en liriek. LieSl Marx die vars water. Richard van der Westhuizen die rotsvaste klip.

Richard van der Westhuizen het geen bekendstelling nodig nie. Met 'n resume so lank soos die klipgeboude groot muur van Sjina, is hy ongetwyfeld een van die swaargewigte in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf. Hy is tans op die kassie as die beneukte Andries Melck in Andries Plak en het ook onlangs gespeel in die gewilde TV-Reeks, Dryfsand. Sy nuutste album, 'Songs uit my Binnesak' bevat van sy beste werk wat die bevoorregte luisteraar beslis nie onaangeraak sal laat nie. In die laaste 6 jaar het LieSl Marx reeds naam gemaak as teaterbestuurder van formaat, regisseur, vervaardiger en inhoudbestuurder van die musiekkanaal MK89. Sang is haar groot passie. Haar eerste album 'Water', is in 2005 uitgereik, met 'Muse' wat in Augustus 2007 die lig sien. Met 'n stem wat al as "van epiese proporsie" beskryf is, sal LieSl die gehoor se dors les soos 'n glas yskoue water op 'n vrek warm dag.

Richard en LieSl word begelei deur die meesterlike Matthys Maree op klavier, trekklavier en klawerbord en die immergewilde Wouter van de Venter op kitaar. Matthys is meer bekend as begeleier van baie ander bekende kunstenaars, maar is ook CD vervaardiger par excellence. Wouter is 'n sanger in eie reg, maar het ook die beneidenswaardige voorreg om te kan sê dat baie hedendaagse treffers soos 'Kom Bietjie Binne' en 'Beste Vriende', uit sy pen gevloei het.

Die musiek is 'n samevloeiing van Richard en LieSl se eie werke. Daar is vars verwerkings van liedjies soos 'Jy't my gekierang' en 'Swerfliedjie'. Ou gunstelinge soos 'Masker af', 'Ballade vir 'n Enkeling', 'Tussen Treine' en 'Dorsland' is beslis ook op die spyskaart. 'Genade Water', 'n liedjie uit Richard se pen, wat deur beide kunstenaars opgeneem is, beloof om sekerlik een van die hoogtepunte van die produksie te wees.

Water & Klip het 'n intieme, eerlike aanslag. Die gehoor kry die geleentheid om daadwerklik saam met die kunstenaars "te kuier" en hul harte, siele en menswees eerstehands te ervaar. Alhoewel Richard en LieSl briljante akteurs is, word hierdie produksie gestroop van alle pretensieuse teatrale hoogdrawendheid. Die gehoor kry net die waarheid. Kort realistiese vertellings van die liedjies se oorsprong en hul verband met die kunstenaars se eie lewenservaringe sal die liedjies met mekaar bind.

Die kombinasie van water en klip is verantwoordelik vir van die mees asemrowende wonders van die wêreld. Net soos die Visrivier Ravyn sy merk op die Afrika landskap gelaat het, beloof hierdie Water en Klip om sy merk op die hart en siel van die gehoor te laat. (ERD)

Die produksie se speelvak is as volg:
28,29 Okt: Centurion Teater
14 Sept: Pierneef Teater
23-30 Sept: Aardklop
1-6 Okt: Kaap toer (o.a Die Boer, Dorpstraat)
26 Okt: Lungile Teater, Roodepoort
9 November: Bloemfontein




bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)