Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Rea le Roux .co.za - youtube (Sannie Koekemoer)


Rea le Roux - Boeregangsta VID >>> (2019)

vetseunLAAI AF
Boeregangsta CDS ......................... 2019


Rea le Roux - Die Texas Lyn Dans VID >>> (2019)


Rea le Roux - Ek Wil Jou Ken (Anneli van Rooyen) VID >>> (2018)
- LIED VAN DIE DAG 2021/07/19


Rea le Roux - Ek Is Vry VID >>> (2018)


Tertius van Tonder & Rea le Roux - Verloor Op Jou VID >>> (2016)


Rea le Roux & Vaatjie - Pap En Vleis (Club Remix) VID >>> (2015)

vetseun
Vat Jy My CDS .................................... 2014 NEXT MUSIC

vetseun
Boeremeisies Rule (Club Mix) CDS . 2013 NEXT MUSIC

vetseun
Boeremeisies Rule (Original Mix) CDS . 2013 NEXT MUSIC

Rea le Roux & Stephan Visagie
vetseunLAAI AFvetseunLAAI AF
Ek Roep Jou Hart CDS .................... 2013 NEXT MUSIC

vetseun
Jy Is Myne ............... STORMCD 010 2011 STORM REKORDZ
1. Sit 'n Bietjie Liefde In Jou Hart
2. Hemelruim
3. Een Tree Agter Jou
4. Jy Is Crazy Beautiful
5. Als Van Jou
6. Mis Jy My
7. Daar's 'n Vrou Wat Wag
8. Gee Vir My Jou Hart
9. Oral Waar Jy Gaan
10. Ek Huil Alleen
11. Feëverhaal
12. Ek Gaan Nie Meer Huil Oor Jou Nie
13. Mis Jy My (Remix)

ALS VAN JOU is 'n album wat gaan oor die liefde en romanse ... die goeie tye van romanse en ook die nie so goeie tye. Die album het baie moderne Afrikaanse pop klanke, met 12 snitte, en een bonus snit ... wat 'n "remix" is van "mis jy my" deur top verwerker  BiGG-T ..... daar ís "dance" klanke wat skop op van die liedjies maar ook groot ballades met lewendige instrumente.  Koop ALS VAN JOU sommer vandag nog!

ALS VAN JOU (Everything about you) is about love and romance .. the good and the not-so -good aspects of relationships. ALS VAN JOU contains 12 tracks with a remix bonus track of "mis jy my" by top music producer BiGG-T. The album has a very modern Afrikaans pop sound, with dance / club beats, as well as big ballades with live instrumentation. Buy ALS VAN JOU today!

vetseun
Rowwe Diamant ........ VOZACD002 2007 IAN VOS PRODUCTIONS
1. Ek Mis Jou Vanaand
2. Boeremeisies Rule - MP3 by myspace
3. Rowwe Diamant
4. Blouberg Se Strand
5. Chiquitita
6. Hello Hey
7. I Kiss Your Lips
8. Vamos A La Playa
9. A Shabby Little Hut
10. Meisie Met Die Kaalvoete
11. Liefde Wat Aanhou Brand
12. Opblaas Krokodil met Thys Die Bosveldklong
13. Tjoeke Tjaka
14. Sit My Aan
15. If I Told You


Rea - Boeremeisies Rule!!! VID >>> (2007)


Rea - Rowwe Diamant VID >>> (2007)

vetseunvetseun
Hou My Vas . CDRPM 1864/F1000262 2004/2008 RPM/BOWLINE
1. Hou My Vas vetseun - sample hier
2. Die Ou Kraalliedjie - sample hier
3. Jy's 'n Ster
4. Solank As Die Rietjie
5. Kwaito Sprokie
6. Ure
7. Verslaaf - sample hier
8. Aai, Aai, Die Witborskraai
9. Gebroke Kommunikasie
10. Teiken
11. As Jy Weggaan
12. Hou My Vas (Krappie Plaat Remix)


skakels : reamusiek.co.za : realeroux.co.za : myspace.com/realeroux : https://www.youtube.com/channel/ 2 3











DATE: 10 OCTOBER 2008
TIME: 19:00
VENUE: BIRDIES & BOUGIES, HIGHVELD CENTRE, CENTURION. C/O JOHN VOSTER & LOGAN STREET
CONTACT: HERMAN ON (012) 665 0924 OR 082 464 0290
ALSO LOOK OUT FOR REA ON kykNET - "FOTOSTORIES":
MONDAY 13 OCTOBER - 18H00
TUESDAY 14 OCTOBER - 13H00
WEDNESDAY 15 OCTOBER - 8H30 & 00H00
THURSDAY 16 OCTOBER - 19:00
FRIDAY 17 OCTOBER - 16H30
SATURDAY 18 OCTOBER - 11H30 AND 2H30


------------------------------------

vetseunvetseun
PERS VERKLARING VAN WIMPIE VAN DER SANDT PRODUKSIES

VIR ONMIDDELIKE UITREIKING:

Kontak Informasie:
Wimpie Van Der Sandt
Wimpie Van Der Sandt Produksies
082 389 9053
wimpie@ors.org.za
http://www.wimpievdsblogspot.com

Carnival City, Oos Rand - 02 Junie 2008vetseun

Die finale stryd vir Klipdrift Battle of the Bands 2008, Saterdag 19 Julie 2008

Gedurende April, Mei en Junie 2008 het SA se opkomende top groepe teen mekaar gekompeteer elke Dinsdag aand by Carnival City. Die wen groepe wat gekies is deur die beoordeelaars en toeskouers speel binnekort teen mekaar in die half eindstryd op 01 Julie 2008 en ekstra "wildcard" vetseunrondtes op 17 Junie en 24 ste Junie.
Na die half eindstryd en "wildcard" rondtes gaan die vonke behoorlik begin spat want net 4 groepe gaan gekies word vir die finale stryd op Saterdag 19 Julie 2008 in die Big Top Arena by Carnival City.
Organiseerder, Wimpie Van Der Sandt sê "Beide die organiseerder en borge is stomgeslaan oor die uitstekende standaard van die groepe. Die finale kompetisie aand op Saterdag 19 Julie 2008 is 'n geleentheid wat geen musiek liefhebber moet misloop nie!"vetseun

Die finale stryd vir Klipdrift Battle of the Bands 2008, Saterdag 19 Julie 2008

Die 4 finale groepe gaan die aand van Saterdag 19 Julie 2008 vir die laaste keer teen mekaar kompeteer, en van SA se grootste name soos Snotkop, Jakkie Louw, Gerhard Steyn, Joe F en Wasserfall tree by die passievolle geleentheid op. Kaartjies beloop net R60 en kan by Computicket gekoop word.
Skakel Computicket by 011 340 8000 vandag. Kaartjies kan ook van Computicket se webwerf gekoop word by vetseunwww.computicket.co.za
Om die aand nog verder in te kleur gaan die hoof organiseerder Wimpie Van Der Sandt en Sangeres / Radio Persoonlikheid Rea le Roux die "MC's" wees vir die aand, en hulle slaag nog elke week daarin om die gehore aan te hits om te skreeu vir die skare se gunstelinge. Die beoordelaars en toeskouers se stemme sal die aand van 19 Julie bepaal watter groep die pryse ter waarde van R80 000 wen! Maak seker dat julle SA se nuwe top talente kom ondersteun!
vetseun
Wimpie Van Der Sandt
Hoof Uitvoerende Beampte - Wimpie Van Der Sandt Produksies
082 389 9053

Die finale stryd vir Klipdrift Battle of the Bands 2008, Saterdag 19 Julie 2008

Wimpie Van Der Sandt Produksies het al meer as 10 jaar se ervaring in die vermaaklikheids bedryf, en het al van SA se grootste konserte gereël en georganiseer soos byvoorbeeld die Steve en Anton "Brugbou konsert", Dozi en die Soweto String Quartet, Die Afrikaanse Kultuurfees, Bokjol en nog vele meer.

--------------------------------------------------------
vetseun
Wimpie van der Sandt Produksies: Rea le Roux

Vrydag 25 Mei 2008 - Pretoria, Suid-Afrika

Rea le Roux se liedjie word gekies vir Europese somer dans kompilasie album bo die werk van Europese liedjie skrywers

Wimpie van der Sandt Produksies is trots om aan te kondig dat Afrikaanse sangeres en liedjie skrywer, Rea le Roux 'n dans liedjie geskryf en gekomponeer het wat gekies is vir 'n Europese somer dans kompilasie album.

Rea le Roux, en ander Europese liedjie skrywers was genooi deur Musiek Vervaardigers Killersounds (www.killersounds.nl) gebasseer in Nederland om 'n dans liedjie te skryf en komponeer vir die dans kompilasie album. Die opdrag was om 'n kommersiele dans liedjie te skryf en komponeer in Engels met "somer" as die tema. Killersounds het na al die voorgestelde liedjies geluister en die bestuur span het besluit dat Rea se liedjie die ene is wat hulle wil hê.

Die Nederlandse maatskappy het die sangeres ontdek op www.youtube.com - en haar webwerf www.realeroux.co.za en een van haar albums bestel oor die internet..

Rea le Roux sê: "Ons is per epos genooi om vir die liedjie te "pitch" ... ek het die lirieke geskryf, en sommer oor my Skype mikrofoon die melodie gesing wat ek gehoor het vir die liedjie en vir hulle terug ge epos - binne 2 weke was ons in kennis gestel dat my liedjie gekies is. Ons het al die kopiereg sake uitgesorteer en registrasies en opnames het hierdie week begin.

Wimpie Van Der Sandt sê "Ons is baie trots op hierdie Afrikaanse Boeremeisie wat se werk gekies is bo die van gesoute Europese liedjie skrywers - en dit vir 'n dans / club musiek mark wat baie meer progressief en kompeteerend is as ons mark".

Rea le Roux sê: "Ek geniet dit so om saam met die Nederlandse vervaardigers te werk, dat ons aan 'n nuwe Afrikaanse club liedjie "boerseun van my hart" saam begin werk het. Ek het die liedjie by shows begin toets en almal spring op en dans op die Afrikaanse liedjie met Europese club klanke ... al die ondersteuners wil die liedjie op my derde album hê ... ons dink daaraan om dit binnekort digitaal beskikbaar te maak in SA. "

Hou hierdie Boeremeisie dop!

Vir enige vrae, of verdere informasie, kontak asseblief vir Wimpie Van Der Sandt van Wimpie Van Der Sandt Produksies by wimpie@ors.org.za of 082 389 9053.

Foto beskikbaar in hoë resolusie.

Wimpie Van Der Sandt
082 389 9053

Rea le Roux webwerf: www.realeroux.co.za
Killerounds webwerf: www.killersounds.nl
------------------------------------------------
-------------------------------------------------------------------------------------
vetseun
Hello mensies - hoop dit gaan goed daar. Sou jy niks doen, volgende Vrydag aand 14 Maart kom join ons. Ek sing volgende Vrydag aand 14 Maart, 19:00pm - by Café Grenadines - Moreleta Park, Pretoria - dis 'n lekker restaurantjie met kers lig en 'n meer gesofistikeerde vibe.

Ek gaan meer 'n "background" musiek tipe van ding doen om julle te vermaak, en gaan ook golden oldies doen van Frank Sinatra, Marilyn Monroe

Dis hoe mens by Café Grenadines uitkom:
Vanaf Johannesburg:
Neem Pretoria/Pietersburg
Vat Rigel Avenue af en by die robot draai regs
Ry oor die hoofweg
Draai links by die robot in Nosob Straat
Ry reguit af tot by 'n T-Aansluiting (robot)
By die robot draai jy regs
Ry reguit af - al die pad totdat jy Wekker Straat kry.
Draai regs in Wekker Straat en ry net reguit aan
The Village Sentrum sit op jou regterkant. Café Grenadines, is in die Village Sentrum, aan die linkerkant - (die restaurant heel links)

Julle kan ook die eienaar Nick bel, om 'n tafel te reserveer - of as iemand verdwaal - 084 3666 799
Kom join ons vir 'n rustige kuier aandjie - as jy nog niks op jou kalender het vir daai aand nie. Dis gratis ook J

Xx

Rea
www.reamusiek.co.za
072 758 2948

-------------------------------------------------------------------------------------

Pretoria - 18 January 2008vetseun

SA's first "open for all women" Biker's Rally - 21 March - 24 March 2008

South-African singer / entertainer, Rea le Roux (www.reamusic.co.za) has been chosen as the face for 's very first "open for all women" Biker's Rally. The Libra Rally is inviting all women to join the fun, whether they have a motorbike or not, as there will be many activities for bikers and non-bikers.
SA women - take a break from the stresses of business and family life, and come and join us at the Libra Biker's Rally!
The event is being organised by the veteran biker's group Libra Rally, and is taking place between 21 March - 24 March 2008 at the Nokeng Eco-Lodge. The
Lodge is only 45 minutes from Pretoria situated in unspoiled bushveld on the borders of the Gauteng and Limpopo Provinces, alongside the beautiful Elandsriver.
There will be loads of activities starting on Friday 21 March 2008, including 24/7 music, live entertainment on the Friday and Saturday night (Rea le Roux being the main act on Saturday evening), microlighting, hiking trails, swimming, competitions and prizes, picnics and braai's in the rustic bushveld.
On Saturday morning all the biker ladies will embark on a beautiful trail to have breakfast together. Imagine a couple of hundred SA women on motorbikes riding out into the bushveld early in the morning!
There will also be a Quad trail and a "slow race" competition on Saturday 22 March 208!

Do not miss this opportunity! Booking is essential.

Should you desire to conduct a media interview about the Libra Bikers Rally, please contact:
Rea le Roux: 072 758 2948 rea@klarity.co.za

Hi res quality images will be made available on your request! (Rea le Roux on Harley Davidsons and other beautiful bikes!)

In order to book your entry, chalet or tent space for the event, please contact,
Lita Smit: 082 882 5988 litas@nedbank.co.za

Prices for the rally are as follows:
Pre-entry biker fee before 13 March 2008 = R150pp
Entrance on Day = R170pp
Car entrance = R30pp

Tent space: Included in entrance fee - bring your tent and picnic baskets
Chalets: Please contact Lita Smit (082 882 5988) to book your chalet! Only limited number of chalets available!

Kindly remember, only women allowed.
Husbands may stay at home that weekend to look after the kids.
This is YOUR weekend girls! Ouma, tannie, niggie en al die girls welcome.
Met of sonder 'n bike!
We look forward to seeing you there.

Rea le Roux www.reamusic.co.za 072 7582948 rea@klarity.co.za

-------------------------------------------------------------------------------------

P e r s v e r k l a r i n g (Oktober 2007)vetseun

REA LE ROUX "Rowwe Diamant"

Na 'n volle twee jaar se navorsing, skryf van nuwe liedjies en eindelose opnames, het REA LE ROUX sopas haar tweede solo-album genaamd "Rowwe Diamant" vrygestel.

Rea het deur Suid-Afrika getoer en in haar wedervaringe al die gunsteling liedjies van haar gehore op hierdie album opgeneem.

Daarom het die album 15 liedjies wat strek van oorpsronklike Afrikaanse ballades tot baie moderne dans liedjies in Afrikaans sowel as Engels.

Sy deel haar meer ernstige kant met SA deur haar oorspronklike liedjies soos "Meisie met die kaalvoete", en "Liefde wat aanhou brand", maar wys dat sy nogsteeds die dinamiese blondine bly wat hou daarvan om ook net prêt te hê.

Haar komiese kant kom sterk navore wanneer sy 'n hileriese duet saam met Thys Die Bosveldklong sing met die tittel... "Opblaas Krokodil"

'n Baie moderne en vars weergawe van "Blouberg Se Strand..." is met spesifieke redes op hierdie album opgedra aan Bill Flynn.

Met haar nuwe album nooi sy haar luisteraars uit om saam met haar te lag, huil, dans, laf te wees en selfsprekend die lewe saam met haar te geniet.

Hierdie album het ietsie vir almal, veral 'n gehoor wat hou van lekker moderne dans klanke.

Die album, geproduseer deur die waakende hand van Ian Vos, het 'n beslisde klank wat getuig van die kunstenaar se bekwaamheid om met haar diverse stem uit te blink. Dit bewys beslis die kunstenaar se fenominale groei die afgelope paar jaar in die Afrikaanse Musiek industrie.

Die musiek video's "Rowwe Diamant" en "Boeremeisies Rule" word al vir 'n geruime tyd gebeeldsend op kykNET, en is 'n bewys van die kunstenaars se diversiteit. Sy kan sing, skryf, komponeer en kan enige gehoor vermaak met haar musiek, energie, en spontane verhoogpersoonlikheid.
vetseun



bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)