Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Odeion-Strykkwartet
vetseun
Miniatuur-meesterstukke . JNSD71 1998 JNS MUSIEK

Vir sy debuut-CD het dié Bloemfonteinse ensemble wyslik besluit om 'n keur soetgoedjies (''bon-bons'') uit die klassieke skat op te neem, pleks van 'n lywige kamermusiekwerk of twee. Van laasgenoemde bestaan oorgenoeg opnames deur van die wêreld se voorste ensembles, maar dié keurige werkies kry 'n mens nie aldag so saamgevat nie. Dit bied nie net goeie luisterplesier nie, maar kan met ewe veel genot in die agtergrond gespeel word. Dit is rustig, smaakvol, melodieus en seker uitgevoer deur die Bloemfonteiners. Dit wissel van Walter Swanson se stylvolle variasies op O brandewyn laat my staan tot Haydn se bekende Serenade, Granados se esoteriese Pequena romanza tot Phil Green se String Boogie en Gershwin se Lullabye. Dit is 'n debuut waarvoor jy geensins jou neus hoef op te trek nie en 'n wye aanhang behoort te geniet. In Bloemfontein is dit by Saunders te koop. - Volksblad argief (1998)


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )