Vetseun Facebook Vetseun Page Twitter Twitter (Maarman)Instagram YouTube Last.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
MYMYMY - facebook - youtube

MYMYMY RAAK MELANKOLIES METAFORIES MET NUWE DROMERIGE ENKELSNIT EN VIDEO
vetseun

“DIE PARTYTJIE”

Ná die sukses van “Ek en Jy, Dikgat” stel die synth-pop duo MyMyMy nou eindelik “Die Partytjie”, hul tweede enkelsnit van die jaar, bekend. Dis ’n hipnotiese droompop-ode wat senutergend vra: “Is die partytjie dan nou verby?”

Conrad van Breda en Jana Oosthuizen is terug met ’n snit so ver verwyderd van die gewilde dog wyd geminagte “Dikgat” dat amper niemand sal glo dieselfde skeppers is hier betrokke nie.

“Dit was amusant om te sien hoe lelik mense kan wees oor iets wat hulle nie verstaan nie,” sê Conrad. “Ons wou ‘Ek en Jy, Dikgat’ telke male verdedig, by familie en vriende, maar veral by onaangename kennisse. Engelse mense het gedink dit is fat shaming. Afrikaanse mense het gedink dis anti-Afrikaner. Die kommenste mense het dit as kommen k*k afgemaak. Maar ons het op die ou end met niemand gestry nie."

Hulle reaksie op al dié drama het gelei na “Die Partytjie”. Dié lied is amper ’n jaar na die eerste lockdown se aanvang tydens ’n week van isolasie in die klein dorpie Rooi-Els aan die Kogelberg se kus opgeneem – in ’n huis met ’n uitsig oor Valsbaai

En ná ’n jaar se lockdown was die uitkoms van die naweek se kreatiewe verrigtinge in baie opsigte voorspelbaar: ’n meditasie oor die pad vorentoe in ’n voortslepende pandemie.

Met die eerste “oor”-opslag is “Die Partytjie” aanvanklik ’n sober en eerlike besinning oor die moeilike keuses waarvoor musikante te staan kom, maar met die liriek “Is die partytjie dan nou verby” – wat 25 keer herhaal – skuil daar tog ander betekenisse onder die oppervlak. Maar wat beteken die lirieke en hierdie snit vir MyMyMy?

“Verbeel jou dis 05:00 die oggend. Die laaste gas is nog nie huis toe nie, maar jy het drie ure gelede reeds die musiek afgesit. Sommige lê uitgepass in donker hoeke. Ander het uit desperaatheid nog plesiere gaan soek. Maar jy weet hulle gaan dit nie kry nie. Jy weet die partytjie is nou verby.”

Is dit ’n metafoor? As dit van MyMyMy afhang, beslis: “Ons partytjie gaan oor baie dinge: weltschmerz, sterflikheid, pandemiedepressie, oud word, aanvaarding, leë drankkaste en ja, dat huis toe gaan nie altyd ’n slegte ding is nie."

2021 09 17 - MYMYMY "Die Partytjie" VIDEO+SINGLE LAUNCH

MYMYMY - Die Partytjie VID >>> (2021)

Die video is in die eetlokaal van die enigste kroeg op Rooi-Els, The Drummond Arms, verfilm. Die plek is bekend vir hulle gesellige atmosfeer, wonderlike kos en bobbejane.

Jana verduidelik: “Die aand toe ons die opnames klaargemaak het moes ons dit uit die aard van die saak vier. En terwyl ons teug aan ’n tequila of twee het ons besluit die video moet hier geshoot word.”

Die video stel MyMyMy se laaste optrede aan ’n kwynende gehoor voor. “Dit was vir ons interessant om ’n vertoning te verbeel waar die gehoor nie regtig daar wil wees nie en almal eindelik wegdros en ons los sodat ons vir onsself, die leë stoele en plastiek tafeloortreksels sing.”

Johan Nel het die kamerawerk en redigering behartig en slaag uitstekend daarin om die misterie van die omgewing en die sensitiwiteit van die oomblik vas te vang.

Die gehoorlede bestaan uit Edo Mostert – wat ook almal se grimering gedoen het; Lucia Booyse – die bestuurder van The Drummond Arms; en Brend Cloete – ’n besoeker en plaaslike inwoner.

Die enkelsnit is Vrydag, 17 September beskikbaar op alle digitale platforms.


2021 09 17 - MYMYMY "Die Partytjie" VIDEO+SINGLE LAUNCH
vetseunLAAI AFvetseun
Die Partytjie CDS ............................. 2021

MYMYMY se nuwe enkelsnit en video is op pad en sal Vrydag, 17 September vrygestel word.

Die Partytjie” is op die oppervlak ‘n droompop ode aan leë strate, kroeë en verhoë in ‘n wêreld waar musikante hul rol in die samelewing moet heroorweeg.

Die video speel af in ‘n kroeg in Rooi-Els, ‘n klein dorpie aan die Kogelbergse kus, waar MYMYMY ‘n laaste vertoning lewer aan ‘n kwynende gehoor en hardop wonder “Is die partytjie dan nou verby?

Die liriek word 25 keer herhaal en word amper hipnoties met alternatiewe interpretasies wat borrel na die oppervlak. Gaan dit oor verlore liefde - oor oud word - oor die verganklikheid of bloot dat jy agterkom die drank is op en dit nou tyd is om huis toe te gaan? Of gaan dit dalk oor al die bogenoemde?

vetseunvetseun
The Fatman CDS ............................. 2021

She's been let out of the spaceship! No Jokes - the new out of this world music video by MYMYMY has landed
She has landed and is ready for her close-up.
vetseun
If the above poster can be believed, MYMYMY's new video and single “Ek En Jy, Dikgat" promises to be something...out of this world.
Check Out the Video Here: Ek En Jy, Dikgat


MYMYMY - Ek En Jy, Dikgat VID >>> (2021)
- VIDEO VAN DIE DAG 2021/04/01

2021 04 01 - MYMYMY "Ek En Jy, Dikgat" MUSIEKVIDEO LAUNCH
vetseun

AFRIKAANS SYNTH DUO IRRITATES WITH NEW SINGLE, “EK EN JY, DIKGAT'

MYMYMY, an obscure music duo from Cape Town, seems to be fooling themselves by presenting their new "hit" - with the offensive title 'EK EN JY, DIKGAT' - as a shock comedy with intellectual bite. Even in the much loved techno-rap genre that MYMYMY is trying to satirise here, the lyrics come across as unnecessary, nonsensical and inappropriate.
vetseun
This is MYMYMY's first single from their debut (and so far untitled) upcoming album. According to Conrad van Breda, one half of MYMYMY, all the tracks from the album tell a story, and 'EK EN JY, DIKGAT' must be seen in context. "It's going to be like a musical," he says. "Actually more of a low budget trash opera."

Asked to explain the lyrics, he said: “I worked briefly in an unnamed town in the Swartland and could never understand, after many visits to Spar, why the women were so well groomed and slim while their husbands obviously could not care much about their appearance. Do they sit at the same table at dinner? How does sex work? '

Jana Oosthuizen, the other half of MYMYMY, adds: “I have found rap music offensive in the past because there is always a plus-sized man in a lot of clothes sitting around, while beautiful, slender and underdressed dames dance in the background. The lyrics of our song were written from these dames' point of view. That's sarcasm."

The music video - where a person in drag wanders aimlessly in contrasting landscape scenes and the artists' heads sometimes float like in a sci-fi flop from the 70s - blurs the picture and cannot dampen the annoying tone.
vetseun
But wait, there's more: Not only will the single and music video be released on April 1st on all digital platforms, but MYMYMY plans to redesign and sell the well-known Two Tone shirt as merchandise. "It will be colorful and biting. The fields will lighten up if a boer serves this look! '' Conrad exclaims excitedly.
vetseun

Fantastic. Exactly what we need right now, right?

Please listen here: https://soundcloud.com/mymymy-1/ek-en-jy-dikgat/s-NDkmgUACTpd

Find and Follow MyMyMy online:
Instagram: @mymymyband
Facebook: https://www.facebook.com/Mymymyband
Pre-Save on Spotify: https://open.spotify.com/artist/0CxAWHVlogP8cmw9Earfwf?si=_Ms1Su3eRG-bey7TY6MBRQ
Apple Music: https://music.apple.com/za/artist/mymymy/641407207
Deezer: https://www.deezer.com/en/artist/9211986
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCBbUHACyoRU60mW9ehribIw

vetseunvetseunLAAI AFLAAI AF
Ek En Jy, Dikgat CDS ...................... 2021

vetseunvetseun
Oorskiet EP ........................................ 2019
1. In Hierdie Dorp
2. Ooh Look at Me
3. Oorskiet
4. Stare

vetseunvetseunLAAI AF
In Hierdie Dorp CDS ........................ 2019
- LYN VAN DIE DAG 2020/07/30 - " ... soms gee ek net nie om, oor die stories wat geskinder kom ... "


MYMYMY - In Hierdie Dorp (Live) VID >>> (2018)


MYMYMY - Wakker Skrik met Churchil Naudé VID >>> (2018)
- VIDEO VAN DIE DAG 2021/01/03

vetseunvetseun
Wakker Skrik met Churchil Naudé CDS . 2018

vetseunvetseun
Strange Place CDS .......................... 2017

vetseunvetseun
Everybody (Øceans Remix) CDS ... 2017


MYMYMY - Net Musiek VID >>> (2016)
vetseun
vetseunvetseun
Ons S'n Is Beter EP .......................... 2016
1. Net Musiek
2. Kryger
3. Mememe
4. Everybody
5. Die Naweek


MYMYMY - Kryger VID >>> (2015)

vetseunvetseun
Kryger CDS ........................................ 2015


skakels : https://www.facebook.com/Mymymyband : https://www.youtube.com/channel/









vetseun



bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )