Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Marie Tredoux - facebook

vetseun
Kaaptoer met 'Die Maan Deur 'n Gaatjie In Die Nag' - die liedjies van Marie Tredoux, legendariese liedjieskrywer van Jacobsbaai wat op 91 jaar steeds 'liedjies maak'.
Bindingsteks deur haar vriend Dana Snyman - hy bly ook in Jacobsbaai.
Jannie toer Kaap toe saam met Chanie Jonker (klavier en akkordeon) en Annelie du Plessis-Hoberg (dwarsfluit)

2020 11 27 - Jannie du Toit, Johannesburg: Melville Kruisgemeente 19h00, 072 460 5568 info@pierneefteater.co.za, R100, R130
2020 11 28 - Jannie du Toit, Pretoria: Pierneefteater 19h00, 072 460 5568 info@pierneefteater.co.za, R110, R130
2020 12 01 - Jannie du Toit, Bloemfontein: Naval Hill Planetarium 19h00, Ten bate van die Association for Persons with Disabilities (Huis Jean Webber), Mirinda 083 419 0367 en Jackie 082 490 6796
2020 12 02 - Jannie du Toit, Bloemfontein: Naval Hill Planetarium 10h00, Ten bate van die Association for Persons with Disabilities (Huis Jean Webber)
2020 12 02 - Jannie du Toit, Philippolis: Die Groenhuis 18h00, Jens Friis 084 581 0149
2020 12 03 - Jannie du Toit, Springbok: NG Namakwaland 19h00, Ten bate van die NCPD (National Council of and for Persons with Disabilities - Loslitdag/Casual Day), Brunhild 082 306 4634
2020 12 04 - Jannie du Toit, Elandsbaai: Vensterklip Gasteplaas 19h00, Jane Louw 079 500 3335
2020 12 05 - Jannie du Toit, Jacobsbaai: Ysterkoeiteater 20h00 Ete: 19h00, 082 875 0087 Hannelie Denner
2020 12 06 - Jannie du Toit, Yzerfontein: Yzerfontein Sportsklub 15h00, Jaco 066 211 8717
2020 12 08 - Jannie du Toit, Langebaan: Keys to heaven 18h30, 065 876 5086
2020 12 09 - Jannie du Toit, Paarl: Winelands, Boschenmeer Wynlandgoed 19h00, Quicket
2020 12 10 - Jannie du Toit, Velddrif: Riviera Hotel 19h00, 0227 831 137 / adminriviera@eigevis.com
2020 12 11 - Jannie du Toit, Stellenbosch: Drostdyteater 20h15, ane@drostdyteater.co.za
2020 12 13 - Jannie du Toit, Montagu: Montagu Country Hotel 18h00, 023 614 2728 / mareletta@loudavertising.co.za
2020 12 14 - Jannie du Toit, Wellington: Die Bôrdienghuisteater 19h00, Whatsapp 082 964 9352
2020 12 15 - Jannie du Toit, Paternoster: Die Koelkamers 15h00 en 18h00, Jan 082 554 0775 e.janmalan@janmalan.com Lalie 022 7522 084 064 119 2942
2020 12 17 - Jannie du Toit, Jeffreysbaai: The Bay Pasta Co 20h00, 078 097 2806
2020 12 18 - Jannie du Toit, The Oakhurst Insurance George Arts Theatre 19h00, Computicket
2020 12 19 - Jannie du Toit, Mosselbaai: NG Mosselbaai 19h00, 084 436 9420
2020 12 20 - Jannie du Toit, Mosselbaai: NG Mosselbaai 8h00 en 10h00
2020 12 20 - Jannie du Toit, Plettenbergbaai: NG Plettenbergbaai 18h00, 082 929 1846
2020 12 22 - Jannie du Toit, Nieu-Bethesda: Tennisklub 20h00, 082 865 2699

Die maan deur 'n gaatjie in die nag - Jannie du Toit sing Marie Tredoux se liedjies
Chanie Jonker (klavier en akkordeon) en Annelie du Plessis-Hoberg (dwarsfluit)

Marie Tredoux - 'n legende op Jacobsbaai aan die Weskus - het in September 2019 negentig geword en sy maak steeds liedjies. Sy skryf oor dinge wat die hart raak, oor die juweel en prentjiemooi Jacobsbaai, oor vriendskapsbande en oor die mense van die Weskus. So onopgesmuk soos Marie self is, so is haar liedjies ook sy het juwele in die hoogste tradisie van die kleinkuns geskep. Marie en haar liedjiemakery was onlangs ook op Kwêla te sien.

As jong dame het sy later, benewens haar graad in Maatskaplike werk by Wits, 'n Diploma in Drama by die roemryke Akademie vir Drama en Kuns (ADK) onder Aletta Gericke verwerf. Marie (ook 'n nóói Tredoux) is in 1953 getroud met Nic Tredoux, in lewe taalman en besturende direkteur van die vooraanstaande reklame-agentskap Ogilvie en Mather in Suid-Afrika. Hy en Marie het skouers geskuur en was vriende met die voorste van die Afrikaanse Johannesburgse kunste-gemeenskap van die vyftiger-sestiger-sewentigerjare.

Marie het juwele geskep wat in die hoogste tradisie van die kleinkuns uitstaan en een van haar eie tekste - Jacobsbaai Se Aandlied - is in die nuwe FAK Sangbundel opgeneem. Haar “Mis Oor Jacobsbaai' is in die vroeë tagtigerjare deur Laurika Rauch opgeneem en haar toonsetting van oom Nic se teks “'n Regte Ou Kaapse Reën' is deur niemand minder nie as Dirkie de Villiers verwerk en is al dekades lank 'n gunsteling by kore in Suid-Afrika.

Veteraan liedjieskrywer/sanger Jannie du Toit beskou sy betrokkenheid by Marie se “langspeelplaat' in 1988 as een van die hoogtepunte van sy loopbaan. Op Coenie de Villiers se aanbeveling het die Tredoux's hom genader om verwerkings van hulle liedjies te doen. Die egpaar was na hulle aftrede op pad na hulle ou familieblyplek in Jacobsbaai, vanwaar oom Nic beplan het om hulle liefling-oord, wat destyds 'n goed bewaarde geheim was, te ontwikkel tot die gewilde klein vakansieplekkie wat dit vandag is. Hulle het gevoel dat dit nou tyd was om 'n klompie van die liedjies en Marie se stem en siel op viniel te verewig.

Jannie het besef dat hier 'n groot skat is wat nie vir Afrikaans verlore mag gaan nie. Daar was die onmiskenbare taal- en musiekaanvoeling wat die hart nie onaangeraak kan laat nie en wat vaagweg herinner aan die emosionele klanke van 'n Nederlandse seemanslied, 'n Paryse straatkafee of 'n kabaretlied in die beste Europese tradisie. Die verstommende aspek van Marie se “liedjie-maak' is dat sy klaarblylik volledige akkoordprogressies in haar kop kan hoor - sy verskuif gemaklik van 'n majeur-toonaard na die verwante mineur en later weer terug na die majeur. Daar is toe 'n langspeelplaat opgeneem wat gedurende 2018 die langspeelplaat ook op cd verewig is.

Na jare van vriendskap, en nadat hy 'n paar van Marie se liedjies van tyd tot tyd opgeneem en in ander programme gebruik het, besluit Jannie om vanjaar 'n program van Marie se liedjies aan te bied. Die titel wat hy gekies het, is dié van een van oom Nic se uitmuntende tekste: “Die Maan Deur 'n Gaatjie In Die Nag'. Die naam van die produksie is ook die titel van een van Marie se mooiste liedjies waarvan haar man, Nic Tredoux, die teks geskryf het.

vetseun
www.pierneefteater.com

vetseunvetseun
Optelgoed LP/CD ............. JNSD03 2018 JNS MUSIEK
- Oorspronklike luisterliedjies geinspireer deur die Weskus gesing deur Marie Tredoux
- (van "Spies en Plessis")
1. Weskuskos
2. Optelgoed
3. Paselladag
4. Skilpad Op Die Teerpad
5. Mis Oor Jacobsbaai
6. Bokkompie
7. Jacobsbaai Se Aandlied
8. Sandvelddroogte
9. Meermin In Die Sand
10. Hanniekokkedy
11. Die Maan Deur 'n Gaatjie In Die Nag
12. Duinsand


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)