Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Hans Roosenschoon .co.za
vetseun
Kô, Lat Ons Sing ............... JNSD19 1993 JNS MUSIEK
1. Ons Het 'n Hys Gebou
2. O, Waar Is Moses
3. Kô, Lat Ons Sing
4. Psalm 150
5. Sprokie Vir 'n Stadskind
6. Blouberg Se Strand
7. Shine Lovely Christmas Star
8. Any Dream Will Do
9. Ständchen
10. Through Fairyland
11. Kan 'n Man Dan Nie
12. The Warrior
13. Mangoane Mpulele
14. Jikele Maweni
15. We Call It "Afrika"
16. Togliedjie
17. Mocking Of Youth
18. Tombe A Moureax
19. Here Ek Is Klein
20. Loof, Loof Die Heer
21. Jesus Roep Die Kindertjies
22. Kyrie
23. Gloria
24. Sanctus Benedictus
25. Agnus Dei

Tygerberg Kinderkoor sit lied in die hart met CD
DIE Tygerberg Kinderkoor is seker een van die bekendste kore in 'n land wat, gesien die omvang van sy beskikbare kindertal, 'n buitengewoon groot aantal uitstekende kinderkore het. Laat ons hoop dat hierdie verskynsel gaan groei en dat die nuwe Suid-Afrika hom ook op hierdie terrein gaan vernuwe en sy posisie internasionaal versterk. Want verskeie kore het al internasionale aansien verwerf. Van die Tygerberg Kinderkoor het daar so pas 'n CD verskyn, soos gewoonlik met Hendrik Loock as dirigent en Theresa Loock as begeleier. Wat die CD vir my dadelik uitsonderlik gemaak het, is dat die keuse van program nie so sterk steun op algemeen bekende liedere (selfs liedjies) wat dikwels met kinderkore vereenselwig word nie. Dit is 'n heel uitsonderlike, verbeeldingryke en, ek kan byna sê, gewaagde keuse. Om sy mondigwording verlede jaar te vier, het die koor die komponis Hans Roosenschoon gevra om 'n spesiale werk te komponeer. Daaruit het gespruit die kort siklus Kô, Lat Ons Sing op woorde van Adam Small. Dié siklus van net oor die twaalf minute bestaan uit drie dele: "Ons Het 'n Hys Gebou", "O, Waar Is Moses" en "Kô, Lat Ons Sing". Dit is vir dubbelkoor en aan die slot verskyn (soos reeds vroeër op gesinspeel) "Nkosi sikelel' iAfrika", met pragtige harmonie. Hierdie siklus was deel van die koor se program op die 22ste Internasionale Jeug- en Musiekfees in Wenen verlede jaar, waar hulle die algehele wenner in die koorkategorie was. 'n Ander langer werk, waarmee die CD afgesluit word, is Benjamin Britten se Missa brevis opus 63, volgens die aantekeninge die voorgeskrewe koorstuk vir die kompetisie. Afgesien van hierdie twee werke, is daar nog agtien ander items, waarvan ongelukkig niks in die programnotas gesê word nie. Hulle is almal kort en verteenwoordig 'n aansienlike verskeidenheid, van Koos du Plessis se "Sprokie Vir 'n Stadskind", Udo Jürgens se "Blouberg Se Strand" en Andrew Lloyd Webber se "Shine A Lovely Star" tot by 'n komposisie van Béla Bartók ("Mocking Of Youth" heet dit in Engels). Daar is 'n "moderne" toonsetting van Psalm 150 deur die Britse (hoofsaaklik kerklike) komponis sir David Willcocks, 'n Ständchen van Brahms en 'n baie mooi "Through Fairyland" van Luigi Denza (hy was, terloops, die komponis van "Funicul, Funiculà"), asook gewyde kinderlied jies soos "Here Jesus Ek Is Klein", wat 'n ouer geslag beter sal onthou as die Hallelujalied "Jesus Min My, Salig Lot". (As kind kon ek nooit verstaan waarom Jesus my lot moes liefhê nie, nog minder waarom 'n lot salig was! Maar ek het ook gewonder of "Liewe Jesus" in hierdie vernuwing nie tog beter sou klink as "Here Jesus" nie.) Besonder mooi is ook twee tradisionele "swart" liedere, die heel bekende "Mangoane Mpulele" en die besonder mooi "Jikele maweni", laasgenoemde met Paul Wippinger as solis. Dit is die spelling op die CD en ek hoop nie dit is ekwivalente van "Afrikaaners" of "Transvaalers" nie. Dit is nie moontlik om alles op die CD te noem nie. Daar is 'n wye en boeiende verskeidenheid en die skryf hoef nie uit 'n vae pligsbesef gekoop te word "ter wille van die saak" nie. Hierdie opname verdien wye verspreiding. Die oorkoepelende titel is ook Kô, lat ons sing en dit is 'n uitgawe van JNS musiek met die nommer JNSD 19. Die regisseur van die meeste opnames was Heidemarie Lubbe en Johan Roos staan vader vir die klankproduksie. Steun van die Stigting vir die Skeppende Kunste en die SAUK word erken. Die prys is R50. - Die Burger argief (1994)


skakels : roosenschoon.co.za












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )