Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Elle Chapman .co.za
vetseun
Siembamba Baby ............... JNSD77 1999 JNS MUSIEK
1. Toe Tyd Nog Groen Was
2. Digby
3. Die Meulenaar Se Dogter
4. Siembamba Baby
5. Doedoedeuntjie
6. Winterwiegelied
7. Bekentenis
8. 'n Kuiken Kan Nie Vlieg Nie
9. Dodedans
10. Ompad
11. Noudat Ek Onthou
12. Ontbyt By Die See

Vuurdoop-wenner Chapman se debuut 'n luisterfees
Die debuutalbum van Elle Chapman, wenner van die kontemporêre afdeling in Beeld, Geraas en Janus Musiek se Vuurdoop-liedjiekompetisie verlede jaar, is 'n CD waarna 'n mens weer en weer wil (én kan) luister. Om meer as een rede. Chapman het 'n vars aanslag, haar lirieke is poëties en het iets om te sê, en sy het boonop 'n ongekunstelde, maar melodieuse stem wat by haar musiek pas. Met die beoordeling van Vuurdoop was dit reeds 'n moeilike taak om 'n wenliedjie uit haar inskrywings te kies, want elke liedjie het soveel verskillende fasette gehad. Siembamba Baby, wat uiteindelik as die wenliedjie aangewys is, het 'n treffende melodie. Annatjie Davel het dit by haar repertorium ingesluit. Daarbenewens het dit 'n universele tema waarmee baie vroue kan identifiseer dit handel oor 'n manipulerende geliefde en die vrou se uiteindelike bevryding. 'n Dieper, geestelike betekenis word ragfyn in bykans elkeen van Chapman se liedjies verweef Toe Tyd Nog Groen Was, wat handel oor die Paradys en die tyd voor die sondeval, het ook meer as een betekenis. Die meesleurende Winterwiegelied is een van my gunstelinge. Dit handel oor 'n Christen se versugting om in die arms van Jesus gesus en beskerm te word en rus vir 'n moeë gemoed te kry. (Sy het dié liedjie geskryf ter herinnering aan haar verloofde, David Minnaar, wat in 1994 dood is.) Hier is 'n paar reëls: Soen my, sus my soetjies/ Beskut my teen die nag/ laat dut my teen die deining/ van U asem tot die wasem van die dag/ Heen en weer/ so teer o Heer/ verban die ou, ou vrees/om buite in die donker/ van U boesem weg te wees. Nog 'n geestelike liedjie is Ontbyt By Die See, wat gegrond is op Johannes 21:114 en handel oor die opstanding van Christus. Chapman is egter 'n veelsydige sangeres en liedjieskrywer. Sy skryf benewens die geestelike liedjies ook sprokies soos Die Meulenaar Se Dogter. Die Meulenaar Se Dogter het nie hande gehad nie, maar nadat die koning met haar getrou en die duiwel verslaan het, het haar hande weer gegroei. 'n Paar musiekliefhebbers wat Chapman se musiek onlangs ontdek het, sê Bekentenis, 'n liedjie wat sy vir haar ouma geskryf het nadat haar oupa dood is, is hul gunsteling op die album: En wanneer ek moet vertrek/ en jy, my hart, moet bly/ sny die rose, lees koerant/ huil oor my teen die aand se kant/ waar ek heen gaan sonder jou/ is daar waar mens die liefde nooit berou. Die temalied Digby, digby van haar eenvrou-kabaret Drie drome duskant is ook op die album ingesluit. Dié liedjie is ge¨nspireer deur haar kinderherinneringe aan 'n plaas naby Bethlehem. Die herinneringe aan haar kinderjare word ook mooi vervat in die poëtiese Ompad, wat sy vir haar ouers geskryf het. David Jooste het die knap verwerkings behartig, en verskillende instrumente is vir die begeleiding ingespan: van kitaar (Mauritz Lötz) en tjello (Ronéll Erasmus) tot bamboesfluit (Jooste). Siembamba Baby is 'n luisterervaring wat jou verryk en Chapman is ongetwyfeld een van die grootste vondste van die plaaslike musiekbedryf die afgelope twee jaar. (8) JNS Musiek (JNSD77)


ook op :
Renaissance: JNS Musiek 10 Jaar - Toe Tyd Nog Groen Was


skakels : ellechapman.co.za












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )