Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Duskant Ombliksem Gig/Flyer-blad

2010 05 22 - HiKaToRi - DANKIE PARTY! (facebook)
vetseun
On 22 MAY 2010 we are having a massive house party as an UN-OFFICIAL launch for our new album "BLACK ON RED" to be launched soon and we thought we are going to take this opportunity to party with all our friends.

Entrance R50 (get the new album for FREE!!! when you come in)

It's going to be the biggest "house" party in a long time.

There will be free Jägermeister shots all night* and a big bonfire.

So if you are mentioned in the lyrics of the "DANKIE" song on the album you are invited or if you "know" someone that is mention than you are also invited !!!! to come and PARTY with us.

Check the lyrics below to see if you can come:

Things to bring with:
- Put your party pants on cause we are going party till the early morning.
- Bring your own booze.
- Bring a chair or something to sit on.

SEE you on the 22nd of MAY!
PARTY ON !!!!!!!!!

"Dankie" Lyrics:
--------------------
Ons will graag vir almal dankie sê wat nog altyd die beste van ons wou hê, ons voel dat almal die liedjie verdien en ons is altyd bly om ons vriende te kan sien. Dat ons kan kuier en dat ons meer kan lag, saam met Matt en Fudge kuier ons reg deur die nag, al die bouts, boedies, bras, en ou's almal wat ons geken het van die laerskool af tot by nou.

Ons praat van Pieter, Hein, Green Thumb, en Phil en ons onthou nog toe hulle aan die boogaloos bou, saam met Hannes en Meyer by die dam sit en kuier toe Illa en Cherise op mekaar begin gil.
As jy 'n party wil kry soek vir Rick (sir pebbles brick wagter) en André, Anton, Gertjie, Gomma: hulle kan baklei. Pierre en Robbie hulle soek 'n bietjie vry, Charl en sy vrou ons is bly julle het getrou en die beste wense vir jou. Dit is Carl, Bernice en Mike en Anica op julle trou dag dan sien ons julle daar, en"n hard kuier saam met Lil en Ulla dan kry sommer ook vir Snap en Zelda. Mark, Sakkie, Stokkie, Vis: hulle het altyd ons rug as ons in die kak is, en Keeta sy is altyd daar, Erik en Telcia julle is kosbaar.

Gerard en Gensai hulle bring die warm pie, Vlam en Francious smaak meer van die braai. Tarzan wil vir Wollie naai. maar alles is "cool" alles is kwaai, Nodi bring die party bring die party dis kwaai, Bertus en Elzaan smaak van hare maar Zintelle hou niks van ouens met baarde, Belinda speel net altyd oop kaarte en Frans ry fiets in pretoria se strate. Hilghard, Kobus, Tyrone, Waldo, Pierre, Mike, en Iwan ons onthou van al die "fun" en ons hoop dat alles goed sal gaan, hoop dat alles sal gebeur wat julle uit beplan.
vetseun
Almal wat van ons skinner en ons terug wil hou, kies 'n hand hier is 'n vinger vir jou - nee sies ou jy moenie so praat nie, dis vieslik - soutie was 'n foutjie in Steyn se lewe maar dis "okay" hy het sy lewe terug gekry en die Melkman in Nelspruit is altyd bly om ons by 'n HiKaToRi show te kry, en die D.O.B. (Duskant Ombliksem) het ons gehelp met die geld om vir die "Naamloos Gehokte Nasie" te gee en vir die wat nie weet nie dis die SPCA en in my oë is hul baie cool okay.

Terwyl ons nou hier staan en adverteer sms 33333 na die DBV - hoor hier man dit gaan nie werk nie, jy moet SPCA sms na 33333 poepol - skiet my. ons kan seker nou maar uit verkoop: Jägermeister, Mega Coatings, Cavaletto wie wil ook? - Authentic - T.O.M.S en Brikor miskien ook - Idees - saam met C.O.P.A en B# - Authentic - het ek Jägermeister gese? - Idees- iemand skuld julle 'n bliksemse miljoen baie baie dankie vir alles wat julle doen.

Nou die ding is om aan te kan gaan en te praat oor die bands met die plan soos Balzak Straat met liefde in die hart en Duskant Ombliksem maak die mense nat, Fear Of Falling laat die kak spat, ons het saam julle 'n lang pad gestap en hierdie bands is ons inspirasie ons smaak hulle baie soos brocolly en spinasie: Avenged Sevenfold, The Offspring, 2Pac en Michael Jackson, Rise Against, Iron Maiden, Guns & Roses, Marcy Playground en Cat Stevens en ek is ook 'n Rocky fan.

Ons sien baie uit om by Bluemoon te jam ons gaan weer by Bluemoon jam. ons is bly ons het in Kempton groot geword alhoewel die dorp 'n bietjie meer maniere kort.

Johann en Hein by F.M.K, onthou Barney Simon 7 uur maandae, Victor, Hadad en die MK Crew ons sien baie uit om jule koffie te proe. Marcio, Neil Pash, Clint, Coenie en Katvrou. Gert en Kurt, Alwyn en die Beeld en Fred ons het nog altyd in julle vertrou, Van Der Bjil Park ons sien julle sommer nou. Dan gaan Kaap toe PE en Durban een van die dae gaan ons weer op toer gaan. vir die manne met die planne wat alles kan laat gebeur ons is dankbaar vir alles en dit kan ons sweer.

Ons het dronk geword en af gekak by 'n dak saam met Waldo, Mario, Dillen, Darren en Zack..
Vanaand speel ons weer by Dahlia my ou Rowan, Bradley, Rooies en Rocko. Natasha het vir ons die keys in gesit dit klink so mooi ek pop sommer 'n zit - het julle gehoor Smack Entertainment doen vanaand die sound... oh yeah Fourie -Angola Badprop jy bly befok en almal wat nie in is nie julle weet julle is ook. Oom Wollie het vir Pieter geleêr kitaar speel en Amelia Barnard het my hart gesteel. Sean hou daar van om hom self te streel want hy mis vir Vetseun 'n bietjie te veel. Dirk en Wihian julle is moerse cool maar te veel muffins laat my maagie spoel.

Rogan van Lapdust gaan hierdie CD master en hierdie liedjie gaan bekend staan as die nommer 1 speaker blaster. ons vat dit dag vir dag deur die middel van die nag. Bianca en Toyah gee die manne in die band krag Namuh en Gil ons like julle te veel, Deon van Sinkshack se plek is funky cool wack. Nou is dit tyd om baai te sê want al die name is in wat ons in wou he, rerig nie van jou vergeet nie, jy het net nie gehelp met die CD nie.

So mooi loop en gaan groot want miskien gaan ons almal more dood. Deur jouself tweede te sit met geduld en sonder 'n fit sal die snaakste mense jou begin respekteer en alle mense sal vir jou tot die dood toe waardeer.

Vir die Ma's en Pa's, Oumas en Oupas ons waardeer dit dat julle nog altyd daar vir ons was, ons groot gemaak en so mooi opgepas. Ons Vader het elke dag ons sondes af gewas. vir die Ooms en Tannies, Boeties en Sussies, Niggies en Neefies ons is lief vir ons families, Meisies en Ma's en Pa's wat ons met liefde verbaas. deur die ondersteuning en motiveering sal ons julle altyd eerste in on lewens plaas. DANKIE!

*- please note this is not a gig, its a party!
- free Jager shots while stock lasts, limited stock only.
- Gates close at 22:00 after which no-one will be allowed to enter.

2008 10 18 - HiKaToRi, Duskant Ombliksem, Walt, Holly & The Woods, Sink Shack, Bronkhorstspruit

2008 08 - Duskant Ombliksem - Boerewors
vetseun

2008 08 08 - Mini Rockfees: Glaskas, HiKaToRi, Duskant Ombliksem, Krimineel, Dag Na Gister, Reaanrottweiller, Jonny Jackman, Pina Colada
vetseun

2008 03 19 - Danville Woensdag: Komen, Duskant Ombliksem, Effenzef, Shivas Rock, R30
vetseun

2007 09 27 - Melk Man & Sarie: HiKaToRi & Duskant Ombliksem, Coolrunnings Melville
vetseun

2007 09 07 - Sonsteek, Duskant Ombliksem, The Black Cat Bones, Shivas Rock, Pretoria, 22:00

2007 07 27,28 - Duskant Ombliksem, Carnival City
vetseun

2007 07 07 - Come And Meat: HiKaToRi, Re-Play And dob, Bell Sundowner Pub, R30
vetseun

2007 06 08 - Duskant Ombliksem, HiKaToRi, Castillions, Potchefstroom, 20:00, R20
vetseun

2007 07 05 - Duskant Ombliksem & Swartskaap, Café Barcelona, R20
vetseun

2007 03 03 - Medium2Rare presents Sniper On The Roof, aSolitarySecond, Vile Minds, Mary and The Wisemen, Duskant Ombliksem, Johnny b Good, Sacred Estata, Sonsteek, Iberah, DDR, The Place, Pomona Rd, Kempton Park - 15:00 - The Rock Shop - Musicians Friend - www.medium2rare.co.za - www.gravitysounds.co.za
vetseun

2007 02 11 - Duskant Ombliksem, RedHOUSE, Cutting Jade, Sub Rosa, The Hope School

2007 01 30 - Battle Vir Woodstock Winners 2006: HiKaToRi, Duskant Ombliksem, SwartSkaap, Café Barcelona, 20:00, R30
vetseun

2007 01 23 - HiKaToRi, Duskant Ombliksem, TweeSlag, Back2Basics, R30
vetseun
kannie asemhaal nie... vetseun
Nogal uitgesien vir die een. So effens voorberei, favourtie swart t-hemp en sulke goed, en as die goeters goed is, aangehaal, dan weet jy mos. 'n Drietal Afrikaanse rockbands, kom na ons voorstad, 'n merkwaardig insiggewende deursnee van musiekstyle, 'n bree aand vir die wat game is.
Met die eerste bier is dit Tweeslag aan die mic. Harde dromritmes en kitaar, met lekker gedigte oor, saamsing kore, en so bietjie crowd participation maak vir 'n goeie begin. Die nommers van hul CD Vakansie Hou maak almal 'n verskyning. Daar's ballades en rockers, almal met die onvermeidelike Tweeslag klank, wat so effe tong in die kies kla oor die werklikhede van vrouens en sulke dinge, besing.
Na die Tweeslag bydra, is Duskant Ombliksem aan die beurt. So bietjie verstel aan klanktoerusting en dis aan. Daar's 'n nuwe byvoeging, wat die band 'n bietjie bas verskaf, alles goed.
Soos links, skop hulle af met hul "ATKV"-song Doennit In Afrikaans, 'n lekker rock nommer wat in die taal lewe aanhits. Hulle speel 'n klomp rockers, die klem wat val op harde lirieke en van dieselfde soort kitaar begeleiding. 'n Aansteeklike vibe, die band gaan nog baie mense gelukkig laat.
Die verhoog word deur die HiKaToRi manne ingeneem, rondgeskuif en na 'n bietjie voorstel ens, begin die aanslag. Die kleinerige venue word oombliklik met klank gevul en daar word letterlik malgegaan deur almal.
Wat miskien as 'n rustige aandtjie begin het ontaard is 'n geskreeuery en mense wat rondhardloop, party met kitare, meeste totaal rigtinglos, en gneietend aan die knersende klanke vanaf die band. bo en behalwe die gewone treffers word 'n nuwer een ook na vore gebring en glo ons, dit gaan nog net harder word...
Met crescendos en swiepende hare, is die ritmes aansteeklik en skree en juig die mense rondom die klank oponoudend. Die kitaar riffs en slaginstrumente word weer inmekaar verstrengel om 'n komplekse klankgolf te maak, met oorgretige lirieke en kore daarby. So dat mens half bangerig raak as die voorbok sy mic holster en na die tromstokkies vat om so bietjie amok te maak, uitfknstekend!! Kry hul CD nou, dis net so voorsmakie maar nodig..
vetseun
vetseunvetseunvetseunvetseun
Duskant Ombliksem speel Back2Basics aan die brand!!!

2006 11 25 - Duskant Ombliksem, HiKaToRi, Falling Short, A Solitary Second, Hush My Predicament, Severed Fuse, Imago, Knave, The Place, Gauteng

2006 11 04, Kahoonies, Roodepoort - Duskant Ombliksem + HiKaToRi + Nemesis Army
vetseun
Skemer in 'n groot stad, met die son wat daar in die verte die wolke soos vuur laat lyk. So effense dice met die taxi's, Roodepoort toe..
Dis maar ons tweede stripclubgig, die eerste was Felix Laband, jare terug, hierdie een was ongelukkig meisieloos. Die musiek het gelukkig heeltemal opgemaak vir enige onsteltenisse.
Duskant Ombliksem se lekker braairock lei die aandjie in. Ons hoor
........ " ...ons is Duskant Ombliksem, soos baie van julle... "
die treffers een na die ander, Doen Dit In Afrikaans (rocker!) besing die oop wee van selferkenning en lekkerte van taalvryheid, maar gaan eintlik oor meer sinistere onderwerpe, Sy fokken haat my, is oor iemand se eks, wat nou nie meer bekendheid sal verwerf nie, so ook die liedjie wat soek na 'n meisie wat net moet "niiiice wees", My ding. Daar is ook die hard gepunktioneerde Tortelduifie, wat moet vliiieeeggg!!
Met 'n vroulike brunette bassist en Kaalgat Afrikaanse voorsanger kan enige band dit maak, maar tesame met die ritmiese drom en ondersteuning van elektriese en akoestiese kitare is daar net lekkerkry.
Dan kom HiKaToRi...

2006 27 September - Duskant Obliksem en Swartskaap, Café Barcelona, PTA

2006 30 Augustus - HiKaToRi, Lugkasteel, Duskant Ombliksem, Back2Basics, JHB, 20:00, R30

2005 05 28, Jan Harmsgat se Agterplaas, Duskant Ombliksem


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)