Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Deon Meiring - facebook

2021 05 29 - Jako Meyer & Deon Meiring, Musiek Kombuis, Floreal Brasserie, 20:00, R150, capestop.co.za
vetseun
2021 05 30 - Jako Meyer & Deon Meiring, Danie Se Huis, Strand
2021 06 02 - Brandewyn, Witblitz & Skoolstories: Deon Meiring, Wyn Teater, Die Bordienghuis Teater, Wellington, 18:30
vetseun
2021 06 11 - Jako Meyer & Deon Meiring, Gas Monkey, Emerald Casino, Vanderbijlpark
2021 06 12 - Jako Meyer & Deon Meiring, TLC On The Track, Lone Hill, Johannesburg
vetseun


Deon Meiring - Goeie Hande VID >>> (2021)

2021 01 26 - Deon Meiring "Grensbewoner" VIDEO LAUNCH, Youtube, 12:00

Deon Meiring - Grensbewoner VID >>> (2021)
- VIDEO VAN DIE DAG 2021/01/27


Deon Meiring - Lyntjies T-Hemp VID >>> (2020) (In die sterre - Kompleks | kykNET)


Deon Meiring & Majo LIVE, Die Bôrdienghuis VID >>> (2020)

2020 10 16 - Deon Meiring "Grensbewoner" EP+SINGLE LAUNCH
vetseunLAAI AFLAAI AF
Grensbewoner EP ............................ 2020
1. Grensbewoner
2. Lyntjies T-Hemp
3. Bicycle Sonder 'n Slot met Koos Kombuis
4. As Jy My Oopskeur
5. Hoe Ek Regtig Lyk
6. Soos 'n Spinnerak
- LYN VAN DIE DAG 2020/10/19 - " ... wys my waaraan ek vas kan hou, wie wil ek wees sal jy my help om te onthou... " - Lyntjies T-Hemp

DEON MEIRING Stel Nuwe Enkelsnit & EP Vry GRENSBEWONER

vetseun
Fotos deur Etienne Swanepoel.

DEON MEIRING het homself die laaste paar jaar stewig as solo kunstenaar in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie gevestig. Oorspronklik bekend as voorsanger van die groep Glaskas en lid van die duo Dans Dans Lisa, ken aanhangers DEON ook vir die vrystelling van sy projekte 'Die Slaapkamer Sessies', 'Maandeinde' en sy Desember 2019 EP, 'Hier By Ons'. Vandag, 16 Oktober 2020 stel DEON sy nuutste EP, GRENSBEWONER vry. Die titelsnit van die EP is ook sy nuwe enkelsnit.

'n Groot deel van die EP GRENSBEWONER is geskryf deur die loop van 2018 met sy 'Maandeinde' projek waar hy maandeliks 'n liedjie geskryf het en dit in 'n YouTube video gedeel het. Hy het toe onlangs weer daaraan geskaaf en ook aan splinternuwe liedjies apart van die projek vir die EP vrystelling.

GRENSBEWONER se musiek is ook te hoor in die nuwe kykNET reeks, 'Kompleks'. Skrywer van die reeks Louis Pretorius het die musiek en lirieke juis via DEON se 'Maandeinde' projek op YouTube gehoor en by die teks van die reeks ingeskryf, en sodoende het GRENSBEWONER die temamusiek van die reeks geword. Tydens sy skaafwerk, het DEON elemente van die musiek herskryf om meer van die reeks se inhoud en gevoel te weerspieël. Die GRENSBEWONER EP bevat ook 'n samewerking met Koos Kombuis spesifiek vir die reeks deur Infinity Films vervaardig.

Die inspirasie vir die EP kom dan juis vanaf DEON se 'Maandeinde' projek en die idee dat hy as liedjieskrywer nie noodwending 'n maandelikse salaris vir sy werk verdien nie: "Die musiek ontstaan eers, sonder enige belofte van 'n betaling. Ek wou graag met dit in gedagte myself uitdaag om elke maand iets te deel sonder dat ek vooraf weet wat daarvan gaan word. So dan het ek maar elke maand geskryf oor die dinge in my lewe soos die jaar vorder."DEON.

Die liedjies is tydens inperking in DEON se huis opgeneem, en dan vir vervaardiger Johan Viljoen gestuur om verder daaraan te werk en ekstra instrumente by te voeg. Met eenvoudige instrumentasie is die musiek akoesties en doelbewus redelik vry opgeneem met lirieke in die voorgrond en musiek lig en gemaklik in die agtergrond.

"Ek dink daar is in al die liedjies iets van 'n verlange - soms na 'n persoon, soms na 'n ander tyd of ander plek. Ek voel verlange is menslik, dalk onvermydelik, maar in die liedjies probeer ek ook uitwerk hoe om darem vorentoe te kyk. Vandaar die idee om op 'n grens te woon: tussen dit wat verby is en dit wat nog kom." - DEON MEIRING.

GRENSBEWONER AS ENKELSNIT

vetseun

DEON se eerste enkelsnit vanaf die nuwe EP, is reeds in Januarie net na 'n seevakansie geskryf. "Die gevoel van 'n jaar wat voorlê met al die opwinding en onsekerheid daarvan en my neiging om terug te verlang na die vorige jaar het my aanvanklik geïnspireer."DEON.

As temalied van 'Kompleks' met elemente van nostalgie en hoopvolheid, kan bekfluitjie en aandagtige lirieke gekombineerd met DEON se stem en kitaar op die ritmiese akoestiese melodie gehoor word.

"GRENSBEWONER as enkelsnit gaan oor die gevoel dat die hemel en dit wat net doodgewoon is nie so ver van mekaar verwyder is nie, maar dat ek dikwels vasgevang voel op die grens tussen daardie twee uiterstes."

- RACHELLE CROUS PUBLICITY


Deon Meiring - Offer VID >>> (2019)

vetseun
Hier By Ons EP .................................. 2019
1. Vlieër
2. Hier By Ons met Maria Rademan-Viviers
3. Toe Sy Uitvind met Maria Rademan-Viviers
4. Soos Die Wyses
5. Vlug
6. Gee Ons Rus met Maria Rademan-Viviers
7. Selfs In Die Gemors

vetseun
Bliksoldaat CDS ................................ 2019

vetseun
Naby Jou Wees CDS ........................ 2019

vetseun
Ek Weet Net Nie CDS ....................... 2018

vetseun
Ek Behoort Aan Die See CDS ........ 2016


Deon Meiring - Alledaags (Dagbreeksessie) VID >>>


Deon Meiring - Voetganger VID >>>

vetseunvetseun
Die Slaapkamer Sessies EP ......... 2014
1. As Ek Ooit
2. Voetganger
3. Vingerafdrukke
4. Vergelykingspel
5. Hoe Om Te Oorleef


Deon Meiring - Skelm Rook (Die Slaapkamer Sessies #5) VID >>>


Deon Meiring - Aardrykskunde (Die Slaapkamer Sessies #4) VID >>>


Deon Meiring - Hoe Om Te Oorleef (Die Slaapkamer Sessies #3) VID >>>


Deon Meiring - Moeilikheid (Die Slaapkamer Sessies #2) VID >>>


Deon Meiring - Voetganger (Die Slaapkamer Sessies #1) VID >>>


skakels : https://www.youtube.com/channel/








2021 04 29 - Jako Meyer & Deon Meiring, Afriforum Teater, Pretoria, R120
vetseun
2021 04 30 - Jako Meyer & Deon Meiring, The Texas Bar, Potchefstroom, 20:00, Gratis
vetseun
2021 05 01 - Jako Meyer & Deon Meiring, Horse And River, Vanderbijlpark, 20:00, Gratis
vetseun


2021 02 27 - Plaaslik Unplugged: Deon Meiring, Jackson Hyde and the Jeffrey's Witness, Musikant Kwadraat, Bôrdienghuis Teater, 18:00, R100
vetseun


2020 12 19 - Deon Meiring, Sara, The Daisy Jones, Summerhll Wines, R44, Stellenbosch, Quicket.co.za, R80, R100
vetseun
vetseun


2020 10 15 - Deon Meiring & Majo, Die Bôrdienghuis, facebook.com/event
vetseun
2020 10 15 - Deon Meiring, MAJO, Bôrdienghuis Teater, 19:00, R130, Whatsapp Alma Nel 0829649352, facebook.com/event
2020 10 16 - Pierre van Schalkwyk, Emile en Jacques (Musikant Kwadraat), Bôrdienghuis Teater, 19:00, R100, Whatsapp Alma Nel 0829649352
2020 10 30 - Bottomless Coffee, Bôrdienghuis Teater, R150, Whatsapp Alma Nel 0829649352
vetseun




bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )