Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
KRAAL UITGEWERS .co.za (UITGEWERS)
vetseun
UITGAWES
Ons Volksmartelare 1: Die dood van twee jong Kaapse rebelle - M Raath, A.W.G. Raath (Erwe Vir Ons Kinders-Reeks)
Ons Volksleiers 1: President Paul Kruger - M Raath, A.W.G. Raath (Erwe Vir Ons Kinders-Reeks)
Small Arms of the Anglo-Boer War - Dr. Ron Bester (Redakteur)
Suffering of War - Paul Alberts (sam)
Die Smarte van Oorlog - Paul Alberts (sam)
Die Bittereinde Vrede - Prof. M.C.E. van Schoor
De la Rey: 'n Stryd vir Vryheid - Kol Frik Jacobs (Redakteur)

Krygsgevangenes in die vreemde - Elria Wessels (Binnekort)
Die Anglo-Boereoorlog- 'n Chronologie - Pieter G Cloete (Binnekort)

vetseun
President Paul Kruger (Erwe Vir Ons Kinders: Ons Volksleiers 1) . 2008 KRAAL UITGEWERS
M. Raath, A.W.G. Raath

"Die eerste publikasie vir kinders in die reeks Erwe vir Ons Kinders, handel oor die lewe en betekenis van president Paul Kruger in die volkslewe van die Afrikaner. In hierdie koffietafel-gehalte boekie word 'n oorsig oor die lewe van president Kruger gegee, toegelig met talle foto's wat nog nie voorheen gepubliseer is nie. Die aanbieding van die teks sowel as die illustrasies maak dit uitmuntend geskik vir kinderopvoeding en 'n uitstekende versamerlaarsitem vir volwassenes wat in ons heldegeskiedenis belangstel."

vetseun
Die dood van twee jong Kaapse rebelle (Erwe Vir Ons Kinders: Volksmartelare 1) . 2008 KRAAL UITGEWERS
M. Raath, A.W.G. Raath

"Die eerste boek onder die tema Volksmartelare in die Erwe vir Ons Kinders-reeks gee 'n uiteensetting van die geskiedenis van twee jong Kaapse rebelle wat deur hul pligsbesef teenoor hul Republikeinse volksgenote die hoogste prys moes betaal. Die geskiedenis van Johannes Lötter en Izak Liebenberg vertel van die grootliks onbekende geskiedenis van twee jong manne wat hul lewens vir die volksaak opgeoffer toe die Engelse imperiale owerhede elke moontlike poging aangewend het om die Boereweerstand in die Kaapkolonie uit te doof. Talle foto's van hierdie twee helde - en andere - wat in die openbaar skuldig bevind en tereggestel is, vertel hierdie geskiedenis op onvergelykbare wyse."

vetseun
De la Rey: 'n Stryd vir Vryheid (Die Erwe Van Ons Vaad're Nr 3) . KRAAL UITGEWERS
A.W.G. Raath, redakteur

"Kol Frik Jacobs, redakteur van De la Rey: 'n Stryd vir Vryheid, skryf in die Voorwoord tot die boek onder meer:

Die besondere rol wat generaal Koos de la Rey in die Anglo-Boereoorlog gespeel het, moes lankal volledig te boek gestel gewees het. Anders as in die geval van generaal Christiaan de Wet het sy "oorlogsherinneringe" egter nie die grondslag van 'n boek geword nie hoofsaaklik vanweë twee redes: generaal De la Rey se herinneringe was baie kripties, en, hy het dit nie voltooi nie! Hierdie twee faktore was deurslaggewend, dermate dat dit die formaat van hierdie publikasie bepaal het. Die outeur en uitgewer het die jaar waarin die Vierkleur (die vlag van die ZAR) een- honderd-en-vyftig jaar oud sou wees, gesien as die jaar waarin die gedenkboek sal moet verskyn. Dus, wanneer in 2007 hulde aan die vlag gebring word, is dit ook die geleentheid om aan hierdie groot leier uit die Wes-Transvaal hulde te bring.

Eerstens was die outeur geforseer om die kriptiese oorlogsherinneringe baie volledig te annoteer ten einde die leser in staat te stel om die generaal se teks in verband met die gebeure te hou.

Generaal De la Rey was 'n man van min woorde en dit maak annotering noodsaaklik. Maar selfs annotering slaag nie ten volle daarin om die optrede van die generaal en die verloop van die oorlog in die regte verhouding tot mekaar te plaas nie en daarom het die outeur ook gebruik gemaak van 'n tegniek wat gerieflikheidshalwe "fokusinsetsels" genoem word en wat die oorlog in verband met die oorlogsherinneringe bring. Die boek betree egter 'n nuwe genre in die geskiedskrywing, naamlik foto-annotering. Kraal-Uitgewers begin reeds 'n reputasie opbou met betrekking tot nuwe foto's van die Anglo-Boereoorlog wat deur digitale verbetering aan die leser/kyker 'n besondere nuwe fotobeeld van die oorlog bied. Hierdie gedenkboek oortref sy voorgangers in alle opsigte en meer as vyf honderd foto's word op velerlei wyses in die boek gebruik.

Aangesien die foto's so 'n belangrike deel van hierdie gedenkboek uitmaak, word die leser se aandag op drie aspek-te in dié verband gevestig: eerstens is die foto's in die meerderheid gevalle onbekend; tweedens het die foto's, wat meer as 'n honderd jaar oud is, mildelik gebaat by moderne tegnologie en die hand van 'n meester; en derdens slaag die outeur met sy besonder volledige byskrifte om die boek waarde te gee selfs vir die persoon wat die versoeking om te lees, kan weerstaan en net deur die boek wil blaai.

Die slothoofstuk is 'n huldeblyk en nie 'n heldeverering nie. Die noukeurige leser sal sien dat alle stellings met hul deeglike voetnote verwys na tydgenootlike bronne of na latere sinteses deur ervare historici. Hierdie hoofstuk, dalk meer as die res van die boek, verduidelik hoekom hierdie studie lankal reeds moes verskyn het. Dis vir die outeur en alle medewerkers aan hierdie gedenkboek belangrik dat die leser sal besef dat hierdie 'n eerlike poging is, beide ten opsigte van omvang en voorkoms, om perspektief te gee en hulde te bring aan 'n groot veldheer wat as 'n Bittereinder gestalte gegee het aan die heroïese stryd van 'n volk vir vryheid teen die vreemde onderdrukker."

vetseun
Die Bittereinde Vrede (Die Erwe Van Ons Vaad're Nr 2) . KRAAL UITGEWERS
M.C.E. van Schoor

"Die Bittereinde Vrede vul 'n lank-gevoelde behoefte in die boekery oor die Anglo-Boereoorlog. Sedert die verslag van Kestell en Van Velden oor die samesprekings te Vereeniging en die ondertekening van die dokument te Melrose-huis het daar nog nooit iets verskyn wat die vredesluiting met die gepaardgaande sielewroeging van afgevaardigdes so treffend uitgebeeld het nie. Minder bekend is die vroeë vredespogings deur diegene wat geen begrip gehad het vir die betekenis van die woorde ". . . tot die bittereinde" nie.

Prof. M.C.E. van Schoor slaag daarin om begrip te skep vir wat die bittereinde werklik beteken het en die selfondersoek wat elke afgevaardigde moes doen voordat die vryheid van 'n vaderland weggeteken word. Die studie van die skrywer word deur 'n skitterende proloog voorafgegaan. Die eerste hoofstuk van die doktorale proefskrif van wyle Dr. A P J van Rensburg, bekende historikus en politikus, handel juis oor die verarming wat die oorlog teweeg gebring het, weliswaar met verwysing na die Vrystaat. In hierdie proloog word skokkende feite rondom die verskroeide aarde taktiek beklemtoon. 'n Enkele voorbeeld is die feit dat Boere-krygers te velde se plase verkoop is om vir die onderhoud van hul gesinne in die konsentrasiekampe te betaal.

Die outeur, prof. M.C.E. van Schoor, aan vriend en kennis bekend as Dok Tienie, het oor 'n vrugbare leeftyd heen diep spore in die geskiedeniswetenskap getrap. Sy loopbaan het deur die geskiedenis-wêreld beweeg vanaf argiefassistent, onderwyser, dosent, en van 1977 tot 1985 Hoogleraar in Geskiedenis en Departementshoof in die Departement Geskiedenis, Universiteit van die Vrystaat. Sy CV is deurspek met inskrywings soos: Stigterslid van die SA Historiese Vereniging; Hoof-redakteur van die SA Historiese Joernaal, lid van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns; lid van die Argiefkommissie; lid en voorsitter van die Nasionale Vrouemonumentkommissie; lid en voorsitter van die Beheerraad van die OORLOGSMUSEUM VAN DIE BOEREREPUBLIEKE; en vele meer.

Sy groot belangstelling was ongetwyfeld die Anglo-Boereoorlog met talle publikasies uit sy aktiewe pen. Die Vrystaatse Driemanskap het hy ondervang in sy biografie van Dr. JD Kestell, sy bloemlesing oor pres. MT Steyn, Bittereinder aan die woord, en 'n biografie van genl CR de Wet. Genl De Wet se beroemde Strijd tusschen Boer en Brit, het hy opnuut in Afrikaans vertaal en ten volle geannoteer.

Die Bittereinde Vrede is uit die kennis van 'n leeftyd van studie geskryf, maar Prof. Van Schoor het verder beweeg: hy het dit uit die hart van 'n ware Afrikaner geskryf."

vetseun
Die Smarte van Oorlog (Die Erwe Van Ons Vaad're Nr 1) . KRAAL UITGEWERS
Paul Alberts, samesteller

"Emily Hobhouse het in 1902 'n merkwaardige boek oor die Anglo-Boereoorlog vir haar landgenote saamgestel - The Brunt of the War and Where It Fell. Die boek bestaan in groot mate uit briewe van Boerevroue oor toestande in die konsentrasiekampe en oor die leed wat die oorlog hulle berokken het.

In die vroeë jare twintig is The Brunt of the War vertaal as Die Smarte van die Oorlog en Wie Dit Gely Het. Dr. N.J. van der Merwe was die vertaler.

Alberts se bewondering vir Emily Hobhouse het daartoe gelei dat hy besluit het om 'n seleksie van die briewe van Die Smarte van die Oorlog te illustreer met foto's van die ABO. Die titel van hierdie boek sou wees Die Smarte van Oorlog, omdat die lyding van vroue en kinders ten tyde van gewapende konflik universeel is.

Die Smarte van Oorlog was heel gepas die eerste boek in die reeks Die Erwe van Ons Vaad're, wat deur Alberts van stapel gestuur is. Die Smarte van Oorlog is sonder gelyke in die annale van publikasies oor die ABO.

'n Belangrike bydrae is die voorwoord deur prof. Fransjohan Pretorius, 'n kenner by uitnemendheid van die ABO. Hoofstukke deur prof. Leopold Scholtz, historikus en adjunk-redakteur van Die Burger, en kol. Frik Jacobs, Direkteur van die Oorlogsmuseum, is belangrike bydraes deurdat hulle die konteks verskaf waarbinne die briewe en die foto's gelees en gesien moet word.

Elria Wessels, navorser by die Oorlogsmuseum, het in 'n hoofstuk hulde aan Emily Hobhouse gebring, terwyl Alberts 'n verslag oor die belangrike rol van fotografie ten tyde van oorlog, en dan spesifiek gedurende die ABO, verskaf het.

Alberts se omvangryke kennis van dokumentêre fotografie is ingespan om die die foto's digitaal te versorg en te redigeer. Daar is heelparty foto's in hierdie boek wat nog nooit vantevore gepubliseer is nie."


skakels: kraaluitgewers.co.za













bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )