Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Woepies Wurm (TV-Reeks)
vetseunvetseun
Woepies Wurm Deel 2DVD 100min . 4844 2009 SABC

"Stories met Lekker Saamsing Liedjies"

vetseunvetseun
Woepies Wurm Deel 1 DVD 100min . 4841 2009 SABC

"Stories met Lekker Saamsing Liedjies"

Woepies se liedjie begin met "Woepies wurm wil weet waar kom alles vandaan en daarom vra hy vrae om alles te verstaan." Saam met die beste maatjie Snakkie die slak leer hy speel-speel en sing-sing die antwoorde op sy vrae.

vetseunvetseun
Stories en Liedjies LP/TV . MFP 85057 1985 MUSIC FOR PLEASURE/SAUK
Kant 1:
1. In En Uit
Woepies Wurm broei uit 'n eiertjie uit en ontmoet dan vir Snakkie Slak wat 'n huisie op sy rug dra. Woepies leen Snakkie se huisie, maar hy besef gou hy wil liewers net 'n wurm sonder 'n huisie op sy rug wil wees.
- In en Uit: Temalied; Treurige Lied; Loop Tema (Instrumenteel)
2. Dag En Nag
Woepies ontmoet 'n verdwaalde mot wat daarvan hou om in die nag rond te vlieg. Snakkie vertel vir hulle van die dag en die nag. Woepies besluit hy is bly hy is 'n wurm want wurms hou van die dag.
- Dag en Nag: Naglied; Naglied (Instrumenteel); Vandag Lied
3. Gevaarlike Plante
Strepies wys vir Woepies 'n sampioen en dan vertel Snakkie vir hulle meer van die gevaarlike plante wat goggatjies eet. As die doublom vir Ignatius Naaldekoker van, red Woepies sy lewe.
- Gevaarlike Plante: Vorentoe Lied; Loop Tema (Instrumenteel); Dapper Lied; Gevaar Musiek (Instrumenteel); Goeie Maniere Lied
Kant 2:
1. Baie En Min
Woepies ontdek Kriekie Kriek se eiertjies en besluit om dit vir Snakkie te gee. Kriekie is baie ongelukkig hieroor maar dan gee Woepies haar eiertjies weer terug.
- Baie en Min: Temalied; Baie Lied; Kriekie Lied
2. Die Stertjie
Woepies maak vir Arnold Akkedis skrik en arme Arnold se stertjie val af. Hulle probeer hul bes om Arnold se stertjie weer vas te plak, maar dan verduidelik Snakkie dat Akkedissies se stertjies afval om hulle teen hul vyande te beskerm.
- Die Stertjie: Akkedis Lied; Padda Lied (Instrumenteel); Stertjie Lied
3. Wurms Lank En Wurms Kort
Daar is baie wurms in die ou wêreld en Woepies is baie in sy noppies om almal te ontmoet. Hy raak verlief op Hannie Harige Wurm, maar as hy later weer vir Snakkie ontmoet, besef hy hy bly maar die liefste vir sy ou beste maat, Snakkie Slak.
4. Honger Lied
5. Wurm Lied
6. Temalied (Instrumenteel)

Stemme
Rina Nienaber - Woepies Wurm
Bill Flynn - Snakkie Slak, Ignatius Naaldekoker, Erlank Erdwurm
Pierre Knoesen - Vlerkies Vlinder, Faantjie Springkaantjie, Gertjie Gloeiwurm
Ronny Belcher - Marius Mot, Arnold Akkedis, Sentimeter
Roelna Louw - Strepies By, Kriekie Kriek
Amanda Strydom - Hannie Harige Wurm
Musiek - Roger Bashew
Produksie - Howard Bashew
Teks En Liriek - Roelna Louw


skakels : wiki : The Little Film Company












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )