


















W.J. Henderson (Henderson, W.J.)

Vir Griekse Fluite ......... 2009 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869192501

Op Griekse Lier .............. 2004 PROTEA BOEKHUIS
Die Griekse poësie van twee en 'n half millennia gelede het 'n wydreikende invloed op Westerse letterkunde gehad en moderne liriek toon nog karaktertrekke wat tot die vroegste Westerse letterkunde teruggevoer kan word. Fragmente is egter al wat behoue gebly het van die grootste gedeelte van die vroeë Griekse poësie.
Op Griekse lier is die produk van Henderson se jare lange toewyding om hierdie gerestoureerde fragmente in Afrikaans te vertaal. Daarbenewens word die gedigte toegelig met 'n uitvoerige bespreking van die historiese en sosiale milieu en musikale instrumente wat gebruik is om die poësie te begelei - 'n gids en 'n bundel wat inligting sowel as leesplesier verskaf vir studente, gevorderde navorsers en musiek- en poësieliefhebbers. Henderson is emeritusprofessor in Griekse en Latynse Studies aan die Randse Afrikaanse Universiteit. Hy is 'n lid van die Johannesburgse Bach-koor en sy belangstellingsveld strek van Klassieke musiek, argitektuur en argeologie tot reis en koskook. - graffitibooks.co.za
1986-88 - Kalliope, saamgestel met kommentaar, struktuuranalise en interpretasie - JH Barkhuizen, W.J. Henderson, CA van Rooy (Pretoria : Universiteit van Suid-Afrika)
skakels :