Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Wilna Adriaanse (Adriaanse, Wilna)
vetseun
'n Klein Lewe / (eBook) . 2012 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624054672
ISBN: 9780624054689

Die fassinerende verhaal van 'n wit, middeljarige vrou wat in die laat 1950's in Suid-Afrika gebore is. Gebeure soos die oproer van die tagtigerjare en die ingrypende sosio-politiese veranderinge in die land dra by tot haar politieke bewuswording en belewenisse en laat haar dikwels vrae vra oor haar identiteit en plek binne die samelewing. Sy is 'n vrou wat vasgevang is binne die beperkings van 'n sisteem, maar met 'n versigtige blik op dinge soos die "tuisland-beleid", die"expat"-generasie, moederskap, die lewe in Afrika en vele ander betekenisvolle aangeleenthede. Hierdie uiteenlopende invloede word deurlopend teen die agtergrond van haar witheid beleef. Die titel van hierdie fyn genuanseerde roman dui op 'n bewustheid dat haar storie maar net een van vele in hierdie land en op hierdie kontinent is.

vetseun
Omnibus 3 / (eBook) . 2011 TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624053859
ISBN: 9780624053866

Die verhale in hierdie omnibus is Die wingerd sal weer bot, Liefde is 'n kleur en Brug van woorde.
In Die wingerd sal weer bot bly Juliétte aan as wynmaker nadat sy van die plaaseienaar se onstandvastige seun Bertus geskei het. Ná 'n paar jaar keer Bertus se broer, Conrad, terug van oorsee om die bestuur van die plaas oor te neem. Daar ís 'n romantiese vonk tussen haar en Conrad, al ontken sy dit ook, maar daar is gerugte dat Conrad met die geitjie van'n Susan gaan trou . . . In Liefde is 'n kleur sukkel Emma lank ná haar egskeiding steeds om haar lewe in orde te kry. 'n Vakansie in die Alpe bring egter nie rus vir haar siel nie, want daar loop sy haar vas in nie minder nie as drié mans wat almal haar hartsnare roer. Hoe gaan sy dié keuse maak? En in Brug van woorde is Magriet 'n aantreklike vrou wat alles het waarvan sy kan droom. Maar pleks van tevrede te wees, is sy sielsongelukkig, want haar huwelik ly onder haar man se sukses. Sy begin navorsing doen vir 'n artikel oor Afrikaanse internet-kletskamers, en ontmoet 'n baie gawe kletsmaat, 'n man wat haar só goed verstaan . . .

vetseun
Omnibus 2 / (eBook) / (eBook) . 2010 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624049302
ISBN: 9780624050186
ISBN: 9780624050698

In'n Heildronk op die liefde keer Nicolene terug uit Londen, en ontmoet weer haar jeugvriend Jacques. Hy het nog altyd maklik verveeld geraak met sy meisies en kort voor lank nuwe weivelde gaan soek; daarom wou Nicolene nog nooit 'n verhouding met hom aanknoop nie. Maar toe hy haar een aand onverwags soen, is die gort gaar . . .In Serenade vir 'n nagtegaal is sang Ann se hele bestaan, en haar sangdosent, Carl, is die liefde in haar lewe. Maar dan verbreek hy hul verhouding net wanneer sy op vertrek staan na Europa. En nou verskyn daar 'n donkerkop-man op die toneel wat haar letterlik oor haar eie voete laat val én geen deernis toon vir haar gekneusde ego nie...En in Hande wat heelmaak keer Libby terug na haar tuisdorp om as fisioterapeut te begin werk. Daar maak sy kennis met haar jong pasiënt, Nikolai, wie se ouers verongeluk het. Sy oom Andrew, 'n ortopeed, moet vir hom sorg. As tiener was Libby verlief op dié man... maar nou het hy so stug en afgetrokke geword. En tog, soms kan ou gevoelens teen die verwagting in herleef.

vetseun
Vier Seisoene Kind / (eBook) . 2010 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624048671
ISBN: 9780624051756

Cato se man is dood, drie jaar ná hul troue. Op Stellenbosch moet sy die Big Pink-teaterrestaurant oorneem, maar iewers tussen die tyding van die motorongeluk, die blyke van waardering, die roudiens en die werklikheid van 'n leë plek langs haar in die bed, het sy die Cato wat sy geken het, verloor.
Die woord "weduwee" is 'n verdrietige woord, 'n toestand waarmee sy haarself met moeite vereenselwig. Maar hier waar Cato in die vliegtuig sit, is dit ongelukkig haar werklikheid. Haar man is dood, 'n skamele drie jaar ná hul troue. Sy is op pad terug Stellenbosch toe, waar Kristina en Ben nog is. En Marcus en Helen net om die draai in Kaapstad woon. Haar ondersteuningsnetwerk. Of dit so 'n goeie plan is om terug te gaan na die plek waar sy vir Neil ontmoet het, weet sy nie, maar in dié stadium wil sy nêrens anders wees nie. Veral nie alleen in Londen nie.Êrens tussen die tyding van die motorongeluk, die blyke van waardering, die roudiens en die werklikheid van 'n leë plek langs haar in die bed, het sy die Cato wat sy geken het, verloor. En in haar plek 'n bang vreemdeling gevind.In Stellenbosch wag nie net haar vriende op haar nie, maar ook die gewilde Big Pink-teaterrestaurant. Hoe sy kans gesien het om dié onderneming te koop, weet sy nie, en wens dis net 'n nare droom. Dit help ook nie dat die vreemdeling langs haar op die vliegtuig vir haar sê daar bestaan nie iets soos beter dae nie...

vetseun
Rebecca ...................... 2009 TAFELBERG
ISBN: 9780624048206

Rebecca Fagan het twee jaar lank in Frankryk, Italie en in Duitsland gewerk. Sy is terug in Suid Afrika en soek 'n 'regte' werk. Toe sy hoor dat Julian Hoffman, derde geslag erfgenaam van 'n multibiljoenrand-maatskappy, op soek is na 'n persoonlike assistant, besluit sy om aansoek te doen.
Wilna Adriaanse se deurbraakboek is nou weer beskikbaar! Op vyf-en-twintig is Rebecca Fagan in besit van 'n regsgraad, 'n rugsak, 'n groot mond en baie guts. Sy het twee jaar lank druiwe gepluk in Frankryk, in Italie op 'n olyfplaas gewerk en in Duitsland was sy 'n kelner. Maar nou is sy terug in Suid Afrika en sy soek 'n 'regte' werk. Verkieslik een wat opwindend is en 'n groot salaris betaal. Toe sy hoor dat Julian Hoffman, derde geslag erfgenaam van 'n multibiljoenrand-maatskappy, op soek is na 'n persoonlike assistant, besluit sy om aansoek te doen.

vetseun
Die Boek Van Ester / (eBook) . 2008 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624046837
ISBN: 9780624051800

Alles wat Ester Green geleer het en alles waarin sy geglo het, word egter in een aand omvergewerp toe haar ouers buite hulle huis doodgeskiet word deur lede wat 'n sindikaat wat deur Leon se koerant ondersoek is. Ester pak na die begrafnis haar tasse en trek Londen toe waar sy 'n vryskut mode-fotograaf word. Sy verander haar klere, haar haarstyl en haar leefwyse en beplan om nie weer haar voete op die Afrika kontinent te sit nie. Twee jaar nadat sy die land verlaat het, bevind sy haar egter terug in Suid-Afrika vir 'n mode-artikel wat in die Laeveld geskiet word.
As politieke fotojoernalis het Ester Green al met baie verskillende fasette van die lewe in aanraking gekom, en het sy in 'n huis grootgeword waar sy geleer het die pen is 'n magtige wapen. Sy is die dogter van Leon Green, 'n Jood wat as jong man Suid Afrika toe gekom het en later een van die suksesvolste redakteurs van 'n dagblad in die land geword het. Alles wat sy geleer het en alles waarin sy geglo het, word egter in een aand omvergewerp toe haar ouers buite hulle huis doodgeskiet word deur lede wat 'n sindikaat wat deur Leon se koerant ondersoek is. Ester pak na die begrafnis haar tasse en trek Londen toe waar sy 'n vryskut mode-fotograaf word. Sy verander haar klere, haar haarstyl en haar leefwyse en beplan om nie weer haar voete op die Afrika kontinent te sit nie. Twee jaar nadat sy die land verlaat het, bevind sy haar egter terug in Suid-Afrika vir 'n mode-artikel wat in die Laeveld geskiet word. Hier ontmoet sy vir Samuel McGreggor, 'n veearts van beroep, maar ook betrokke by 'n verskeidenheid bewaringsorganisasies. Hy is 'n gewilde spreker by kongresse en is raadgewer vir heelwat regerings- en nie-organisasies oor die onderwerp van bewaring. Hy is uitgesproke teen groot korporasies wat ekologies en humanitêr stompsinnig is en net na die balansstaat van hulle maatskappye kyk en regeringsamptenare wat hulle self verryk deur te maak of hulle nie bewus is van sekere vergrype wat aan die gang is nie. Samuel is onlosmaaklik deel van die kontinent en glo dat daar genoeg mense is wat'n verskil wil maak. Wanneer Ester hom leer ken, beskuldig sy hom daarvan dat hy naïef is en nie wil sien dat hy met 'n hopelose poging besig is nie. Terselfdertyd fassineer sy geloof in die proses waarmee hy besig is haar en kan sy nie help om haar eie verbondenheid met hierdie land en sy mense te evalueer nie. Haar Joodse herkoms herken en verstaan die onlosmaaklike verbondenheid aan 'n landstreek wat hard op sy inwoners is. Die pad wat sy moet loop om by aanvaarding uit te kom, is nie so maklik nie en in die proses verklaar sy eers oorlog teen 'n kontinent en sy mense, haar ouers en broer en teen 'n man wat nie wil aanvaar dat hy met 'n verlore saak besig is nie. Maar Afrika is rooi grond word ook nie maklik uit 'n mens se skoene geskud nie.

vetseun
Met Ander Woorde ..... 2006 TAFELBERG
ISBN: 9780624044550

Toe Kristina een aand nie huis toe kom nadat sy gaan draf het nie, bel haar twee huismaats die polisie. Hulle kry haar in die vroee oggendure onder 'n bos teen die berg. Sy is by haar bewussyn, maar kan glad nie onthou wat met haar gebeur het nie. Daar is ook geen logiese verklaring vir die drastiese persoonlikheidsverandering wat sy sedertdien ondergaan het nie, en ten einde raad word die hulp van 'n psigiater ingeroep. Ben Krige het 'n praktyk en kliniek op Stellenbosch, en wanneer Kristina oorkant hom plaasneem, is sy vir hom soos 'n labirint - vreemd en onbekend. Al wat hulle het, is woorde. Maar geleidelik breek woorde alle grense af, en uiteindelik bring die pad hulle by 'n bestemming uit - al lyk 'n bestemming soms anders as wat 'n mens jou dit voorgestel het.

vetseun
Omnibus 1 (eBook) / (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624050315
ISBN: 9780624049807

In'n ongewone belegging besluit Georgina Walters om kinderoppasser te speel vir 'n baie welgestelde man se drie spruite. Net jammer die man - donker, met rookgrys oë wat haar laat stotter - dink nie sy's opgewasse vir die taak nie. Of speel hy doelbewus kat en muis met haar? In Alleenvlug dink Francis Malan om jouself lewenslank aan iemand te verbind is te veel gevra. Veral as dié iemand Michael Alheit is, die man wat meisies soos posseëls versamel.En in Die reuk van verlange sien dr. Josslyn Neethling reeds drie jaar lank vrou-alleen om na 'n sendinghospitaal op die Keniaanse platteland. Maar dan daag haar eerste - en enigste - liefde, dr. Adam Berkowitz, daar op, en onverwags brand daar in haar 'n oerverlange na hom.

vetseun
Serenade vir 'n nagtegaal . JASMYN


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)