

















Wilma Stockenström (1933-) (Stockenström, Wilma)

Die stomme aarde: 'n keur (Digbundel) . 2007 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798147484
'n Keur uit al die digbundels van hierdie Hertzopgpryswenner, een van die heel belangrikste skrywers in Afrikaans.
Die skrywer het self die keuse van 137 gedigte uit haar sewe digbundels gedoen. (Vir die bysiende leser, Spieël van water, Van vergetelheid en van glans, Monsterverse, Die heengaanrefrein, Aan die Kaap geskryf, Spesmase.) Resensente oor haar digkuns: vernuftige eenvoud, 'n suiwer poëtiese visie, aards, ironies, vol verwondering, intelligent, sterk, onthoubaar.. - graffitibooks.co.za
2007 - The Wisdom of Water: A selection (HUMAN & ROUSSEAU)

Die Kremetartekspedisie (Klassieke reeks) . 2004 HUMAN & ROUSSEAU/BEST BOOKS
Die Kremetartekspedisie handel oor 'n naamlose slavin wat afspeel in die tyd van die Portugese ontdekkingsreise na Indië. Na die dood van haar eienaar, neem sy haar toevlug na 'n kremetartboom se stam.
Vanuit hierdie ruimte kyk sy terug op 'n lewe van slaafskap, ontneem van identiteit, beide liggaamlik en geestelik. Terselfdertyd word sy nou gekonfronteer met 'n ongekende vryheid, wat haar dwing om buite die bekende realiteit van besitting-wees te leef. - graffitibooks.co.za

Spesmase .................. 1999 HUMAN & ROUSSEAU
1992 - (Abjater wat so lag) Hertzogprys Prosa

Abjater wat so lag (Klassieke Reeks) / (eBook) . 1991/2008 HUMAN & ROUSSEAU/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798149570
ISBN: 9780798153171
Hierdie merkwaardige bekroonde roman het as verteller 'n eenkantvrou en oujongnooi wat (op 'n plattelandse dorp in die eerste deel van die twintigste eeu) terugkyk op haar lewe - as 'n versorgster in gegoede witmense se huise, eers as hulp met kinders en later vir oumense en sterwendes.
Sy vertel van die insig in die dood wat sy só by die baie sterwendes gekry het. Dan raak sy ook uiteindelik sterwensbegeleidster vir Abjater, 'n man wie se goue lag sy in haar jongdae bewonder het, iemand wat vir haar soos 'n"uitverkorene" gelyk het.
So peins die verteller aan die einde van 'n lewe waarin sy, soos sy elders sê, "by die dood ingeboek" was: "Miskien het ek met die dood getrou, kom dit by my op ... maar nou raak ek sat vir hom. Hy bly my pal besoek. Hy bring net woeligheid." - graffitibooks.co.za

Die Heengaanrefrein ...... 1988 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798122405

Die Kremetartekspedisie . 1988 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798111829

Kaapse Rekwisiete ......... 1987 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798122429
1984 - Monsterverse (HUMAN & ROUSSEAU)
1983/2008 - The Expedition to the Baobab Tree, vertaal J.M. Coetzee (HUMAN & ROUSSEAU)

Uitdraai ............................... 1981 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798106757

Eers Linkie Dan Johanna . 1979 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798109260
1977 - (Van vergetelheid en van glans) Hertzogprys Poësie
1976 - Van vergetelheid en van glans
1973 - Spiëel van Water
1970 - Vir die Bysiende Leser
skakels :