


















Wilken Calitz (Calitz, Wilken) (EM, Lontana)
2020 11 29 - Tuin Van Digters - Oopmond: Henry Cloete, Wilken Calitz, Annie Kloppers, Anouk Cronjé, Adel Schoeman, Hanru Niemand, Nardus du Plooy, Bôrdienghuis Teater, Breytenbach Sentrum



Swart Swaan .............. 2020 PENGUIN
ISBN 9781415210499
n Monsteragtige wese het hom in Fabian se tuin tuisgemaak - 'n ondier met 'n dodelike aptyt.
In die skadu van die dobbelhuis waar Fabian 'n veiligheidswag is, werskaf hy en Mossie, pas uit die tronk, om vir die gedierte 'n blyplek te bou en hom te versorg.
Maar net Fabian weet van die trommel wat hy vroeër in die tuin begrawe het - daar waar die dier nou lê. 'n Trommel wat hom in staat sal stel om sy vrou Merinda, wyndrinker van formaat, vir 'n wyle te help vergeet van die skade aan haar gesig en in haar hart.
Wilken Calitz se Swart Swaan is meer as 'n surrealistiese sprokie vir volwassenes. Dit is 'n betowerende roman oor die lewe van 'n man wie se verbeelding op 'n dag vlerke kry.
skakels :
2020 06 26 - InniBOS ((Digitaal)): Rasende Ryme met Elsabé Daneel en Wilken Calitz, 18:00, R70, tickets.computicket

2018 05 -Rasende Ryme: Elsabé Daneel & Wilken Calitz

In die kontemporêre woord- en musiek produksie Rasende Ryme delf die veelsydige aktrise Elsabé Daneel en bekroonde musikus Wilken Calitz onder die oppervlak om ou en nuwe gedigte se inherente musikaliteit te ontgin. >>> thegremlin.co.za
2015 03 08 - Katalekte (Schalk Joubert, Ronan Skillen, Laurinda Hofmeyr, Toast Coetzer, Danie Marais, Vicky Davis, Nicole Holm), kykNET Fismer, Woordfees, Stellenbosch, R100
2015 03 09 - Prisma, (Laurinda Hofmeyr, Wilken Calitz, Schalk Joubert, André Terblanché, Winand Grundling, Antoinette Louw, Johann Nell en Koleka Putuma), Weltevreden, Woordfees, Stellenbosch, R80
