Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
W.A. de Klerk (De Klerk, Willem Abraham)
vetseun
Drie Swerwers In Suidwes . 2010 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869193300

WA de Klerk was een van die voortreflikste literere joernaliste in Afrikaans. In Drie swerwers in Suidwes vertel hy die verhaal van 'n reis wat hy en sy reisgenote onderneem het deur Suidwes-Afrika in 1948. Hulle volg die voetspore van die Duitse geoloe Henno Martins en Hermann Korn wat in die Namib gaan skuil het tydens die Tweede Wereldoorlog om die interneringskampe te ontsnap. Sy lewendige verteltrant laat die veelbewoe stuk geskiedenis uit die stof van ou geskrifte opstaan. Dit is'n rygeskakeerde boek vol wetenswaardighede, lewenslustigheid en lewenswysheid.

vetseun
Drie Swerwers Oor Die Einders / (eBook) . 2009 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869193317
ISBN: 9781869197780

W.A de Klerk was een van die voortreflikste literere joernaliste in Afrikaans. In Drie swerwers oor die einders sit hy en twee vriende hul reis deur die uithoeke van Namibie (toe Suidwes-Afrika) voort. Hy vertel op boeiende wyse van hulle wedervaringe tussen die Boesmans saam met die legendariese P.J. Schoeman, en van hulle omswerwinge in Damaraland en die Kaokoveld, deur Ovamboland en die streke om die Kunene. Hulle doel was om so ver moontlik die pad van die Dorslandtrek deur die noordwestelike hoek van Namibie te volg, en so kruis hul pad met talle kleurryke karakters. Drie swerwers oor die einders is 'n ryk geskakeerde boek vol wetenswaardighede.

vetseun
'n Swerwer Op Die Sonpad . 2008 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869192570

Twee verhale word in hierdie teks gelyktydig vertel: die van die skrywer se reis deur Angola tydens die herdenking van die Dorslandtrek en die geskiedenis van daardie epiese tog. De Klerk se lewendige verteltrant laat 'n veelbewoe stuk geskiedenis uit die stof van ou geskrifte opstaan. W.A de Klerk was een van die voortreflikste literere joernaliste in Afrikaans.Vir die skryf van Swerwer op die sonpad het hy onder meer talle onderhoude met Dorslandtrekkers en hulle kinders gevoer, wat hier woord vir woord weergee word in elkeen se unieke, sappige Afrikaans. Dit is 'n ryk geskakeerde boek vol wetenswaardighede, lewenslustigheid en lewenswysheid.

vetseun
Die Jaar Van Die Vuur-os . 1989 TAFELBERG
ISBN: 9780624028604

Die jaar van die vuur-os, waarmee die bekende skrywer en dramaturg WA de Klerk die Hertzogprys verower het, het al meer as 60 000 eksemplare verkoop sedert dit in 1952 gepubliseer is. Tog bly hierdie drama, wat in wese handel oor gesinsverhoudinge.

1989 - Terwyl dit om ons brand

vetseun
Die Afgrond ................. 1984 TAFELBERG
ISBN: 9780624022503

'n Drama oor die soektog na die sin van die lewe, uit die pen van die bekroonde dramaturg WA de Klerk.

1984 - Kleinben drink die bitterbloed
1979/1988 - The Thirstland (BOK BOOKS INTERNATIONAL)

vetseun
The Puritains Of Africa . 1975 PENGUIN

1971 - Drie Vroue (NASIONALE BOEKHANDEL)

vetseun
Beweging Uitwaarts . 1969 JOHN MALHERBE
J.J. Degenaar; W.A. de Klerk; Martin Versfeld

'Hierdie is noodgedwonge 'n tyd van ekumenisme en dialoog. In die tegnologies verenigde wêreld van vandag is 'n radikale botsing net so onmoontlik om te verduur as 'n radikale onversoenbaarheid in die gees van die enkeling. "Ons moet leer om verstandig oor die grense te praat waaroor die bom kan blits."
Dat daar tussen oënskynlik onversoenbare kampe wel basisse vir onderhandeling gevind kan word, is die oortuiging van hierdie drie denkers. Martin Versfeld, wat reeds buite die landsgrense bekend is vir sy werke. oor die filosofie, is 'n akademikus aan U.K., die oudW. A. de Klerkste Engels Suid-Afrikaanse universileit in Suid-Afrika. J. J. Degenaar, Nataller van geboorte, is verbonde
aan die Universiteit van Stellenbosch waar hy 'n middelpunt geword het van die moderne denke hier in Suid-Afrika. W. A. de Klerk, in die eerste plaas skrywer en letterkundige, se skerpsinnige belangstelling in die filosofie en die politiek en hul invloedsfere, het reeds in talle geskrifte geblyk.
In hierdie dae van verdeeldheid en Babelse verwarring is dit betekenisvol dat 'n fenomenoloog soos de. Degenaar, 'n letterkundige van naam soos W. A. de Klerk, en 'n filosoof wat ten volle in die Christelike lradisie staan soos de.
Versfeld - ten spyte van hul uiteenlopende agtergronde - dieselfde taal praat:

J.J. DEGENAAR
"U word uitgenooi om aan 'n wonderlike eksperiment deel te neem - die eksperiment naamlik om denkend te lewe, om denkend te lewe in 'n moderne tyd waarin ons nie bang is om tydgenootlike vrae te vra en deel te neem aan die beweeglikheid van 'n wêreld wat soek na nuwe vorme nie. U word uitgenooi om 'n nuwe mens te word in 'n nuwe eeu waarin al hoe meer mense, al hoe meer standpunte, al hoe meer rasse, al hoe meer godsdienste naderaan mekaar moet lewe - en een manier van saambestaan in so'n eeu is die van die oop gesprek."

W. A. DE KLERK
"Wanneer word rnenslike verhoudings tot innerlike onbuigbaarheid? ... Wanneer die rede finaal plekgernaak het vir die rasionele, wanneer ons ons finaal oorgegee het aan 'n bepaalde geestelike raamwerk waarin , ons ons heil, ons versekering vir die toekorns, wll vind ... "

MARTIN VERSFELD
"Abstrakte beginsels is onvoldoende omdat iedereen se situasie enig is ... Die kern van die moraliteit is 'n spontaneïteit wat die ware self as skeppende wese uitdruk en ontdek. Hierdie moraliteit wortel in die persoon ... Die morele toestand van 'n wêreld wat tegnies verenig is, vereis presies hierdie humanisme van die spontane mens wat onder aile defensiewe meganismes insny."

Om hierdie gedagtes in hul sinvolle verband te kan waardeer, moet die bundel self natuurlik onder hande geneem word.
Dat hier met feite gehandel word en nie met blote denkbeelde nie, en dat ekumenisme en dialoog wel redelik uitvoerbaar is, blyk uit Dr. Versfeld se skitterende verhandeling Tweegesprek tussen Marxiste en Christene, waarin die verskille tussen hierdie twee "dogmatismes" tot hul gemeenskaplike bronne teruggevoer word, en Dr. Versfeld bewys dat die Marxisme ook in sekere sin binne die Bybelse tradisie staan.
Dit blyk ook uit J.J. Degenaar se noukeurige ontleding van die ontstaan, aard en omvang van die nasionalisme. En dieselfde feitelikheid kenmerk W. A. de Klerk se boeiende Anatomie van Vernuwing waarin die Eerste Taalbeweging as werklike model gebruik word om die herhalende verskynsel van Vernuwing te ondersoek en toe te lig.
"Beweging Uitwaarts" het vandag ook in die politiek 'n benadering geword. Hierdie boek wys op die ware eise van so 'n lewensbeskouing.' - stofomslag

1968 - Buite die Raamwerk (NASIONALE BOEKHANDEL)
1966 - Die Twisappel, verhaal van 'n verbode vrug: 'n blyspel
1966 - Die jaar van die vuur-os
1965 - Die Skarlaken Eskader: 'n vliegverhaal
1964/1968 - Die Laer (NASIONALE BOEKHANDEL)
1964 - Die belydenis van Nelia Bell (NASIONALE BOEKHANDEL)

vetseun
Poens. Die Swerfjaar . 1964

1964 - Poens. Die Penkopjare
1964/1971/1973 - Die Uur van Verlange. Synde annale van die Agterberg (TAFELBERG)
1963 - Vlamme oor La Roche (NASIONALE BOEKHANDEL)
1962 - Die Verste Blou Einder
1962 - Drie Vroue (TAFELBERG)
1962 - Die Belydenis van Nelia Bell (NASIONALE BOEKHANDEL)
1962 - Die Jaar van die Vuur - Os (NASIONALE BOEKHANDEL)
1962/1963 - Vermaak se Kind (NASIONALE BOEKHANDEL)
1961/1980 - Die Soekende Mens: twee verhale uit ons tyd (NASIONALE BOEKHANDEL)
1959/1963 - Die Wolkemaker (NASIONALE BOEKHANDEL)
1958/1965 - Die Uur van Verlange. Synde annale van die Agterberg (NASIONALE BOEKHANDEL)
1958 - Adam en Eva (NASIONALE BOEKHANDEL)
1958 - (Die Skarlaken Eskader, Die vallei van die rooi gode, Die gésel van Namaland, Agtien man en 'n meisiekind) (almal AFRIKAANSE PERS BOEKHANDEL)) Scheepersprys vir Jeugliteratuur
1957 - Drie Vroue (NASIONALE BOEKHANDEL)

vetseun
'n Swerwer op die sonpad . 1957/1958/1959/1964 NASIONALE BOEKHANDEL

1956 - Die Uur van Verlange (NASIONALE BOEKHANDEL)
1956 - Adam en Eva (NASIONALE BOEKHANDEL)
1955/1976 - Die Gésel van Namaland
1955 - Die Skarlaken Eskader: 'n vliegverhaal (NASIONALE BOEKHANDEL)

vetseun
Die Twisappel, verhaal van 'n verbode vrug: 'n blyspel . 1955/1964 - NASIONALE BOEKHANDEL

vetseun
Agtien Man en 'n Meisiekind . 1955/1958/1964 NASIONALE BOEKHANDEL

vetseun
Komedie onder die eike . 1955 AFRIKAANSE PERS-BOEKHANDEL

vetseun
Drie Swerwers oor die Einders (Reis) . 1952/1955/1961 NASIONALE BOEKHANDEL, 1962 /PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869193317 (PROTEA BOEKHUIS)

W.A de Klerk was een van die voortreflikste literere joernaliste in Afrikaans. In Drie swerwers oor die einders sit hy en twee vriende hul reis deur die uithoeke van Namibie (toe Suidwes-Afrika) voort. Hy vertel op boeiende wyse van hulle wedervaringe tussen die Boesmans saam met die legendariese P.J. Schoeman, en van hulle omswerwinge in Damaraland en die Kaokoveld, deur Ovamboland en die streke om die Kunene. Hulle doel was om so ver moontlik die pad van die Dorslandtrek deur die noordwestelike hoek van Namibie te volg, en so kruis hul pad met talle kleurryke karakters. Drie swerwers oor die einders is 'n ryk geskakeerde boek vol wetenswaardighede.

1952 - (Die Jaar van die Vuur-os, Drie vroue, Drie dramas en Vlamme oor La Roche) Hertzogprys Drama

vetseunvetseun
Die Jaar van die Vuur-os (drama) . 1952/1960/1971 NASIONALE BOEKHANDEL

"DIE GENERAAL:
... Maar die ongeluk is dat ons mekaar nie begryp nie, Em. Elkeen klou maar net naarstiglik vas aan sy ou stukkie van die Waarheid en verbeel hom dis die AL... Dis ons menslike las, Em - ons bly so geslote vir mekaar..." - 'voorwoord'

"Die Jaar van die Vuur-os is in 1951 met 'n eerste prys bekroon in die nasionale dramaprysvraag uitgeskryf deur die Afdeling Opvoeding van Volwassenes van die Departement van Onderwys, Kuns en Wetenskap.
Die eerste opvoering daarvan het plaasgevind op 11 Maart 1952 by geleentheid van die opening van die Van Riebeeck-Dramafees in die Hofmeyr-teater, Kaapstad. Die opening is waargeneem deur Mev. (dr.) D.F. Malan.
Die aanbieding was deur die Nasionale Toneelorganisasie wat daarna 'n landsreis met die stuk onderneem het.
Die volgende spelers het aan die eerste opvoering deelgeneem:
Die Generaal ................. Jan Bruyns
Gillian Hammond ......... Roma Reilly
Emma ............................. Elma Krynauw
Pieter ............................... Danie Smuts
Martin ............................... Louw Verwey
Alexis ............................... Daan Retief
Eerw. Kemp ................... Eghardt van der Hoven
Kapt. Vermeulen ........... Dawid van der Walt
Die regie is waargeneem deur Hermien Dommisse

Die stuk word met groot waardering aan hierdie persone opgedra.
- Die Skrywer - 'voorwoord'

1949 - Vlamme oor La Roche (NASIONALE BOEKHANDEL)
1949 - Buite die Raamwerk (NASIONALE BOEKHANDEL)

vetseunvetseunvetseun
Drie Swerwers in Suidwes . 1947/1953 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869193300 (PROTEA BOEKHUIS)

W.A. de Klerk was een van die voortreflikste literere joernaliste in Afrikaans. In Drie swerwers in Suidwes vertel hy die verhaal van 'n reis wat hy en sy reisgenote onderneem het deur Suidwes-Afrika in 1948. Hulle volg die voetspore van die Duitse geoloe Henno Martins en Hermann Korn wat in die Namib gaan skuil het tydens die Tweede Wêreldoorlog om die interneringskampe te ontsnap. Sy lewendige verteltrant laat die veelbewoe stuk geskiedenis uit die stof van ou geskrifte opstaan. Dit is 'n rygeskakeerde boek vol wetenswaardighede, lewenslustigheid en lewenswysheid.

vetseun
Die Skarlaken Eskadril: 'n Vliegverhaal . 1941/1945 NASIONALE PERS


skakels : stellenboschwriters.com...















bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )