Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Vicki Fourie (Fourie, Vicki)
vetseun
Viva la Vicki! / (eBook) ............ NALEDI
- Dapperheid is nie 'n geskenk nie, dis 'n keuse!
ISBN: 9781920518165
ISBN: 9781920518257

'n Boek oor deursettingsvermoe en toewyding. Behaal sukses en bereik jou volle potensiaal, wat jou gebrek ook al mag wees. Inspirasie vir alle jongmense van vandag. 'n Moet lees as jy jou drome 'n realiteit wil maak.
Jare gelede was daar 'n kinderprogram op TV oor 'n brawe klein Wikingseun, Wiki. Ek het dit saam met my kinders gekyk en is net soos hulle meegevoer deur die avonture van die knaap wat geweier het dat dinge hom onderkry. Hy het elke keer met 'n blink plan vorendag gekom. Toe ek Vicki Fourie se naam die eerste keer op die manuskrip lees, het ek dadelik teruggedink aan daardie klein Wikingseun en die genoeglike ure voor die TV saam met my kinders. Ek het die manuskrip begin lees en sommer gou het ek besef dat sy en die TV-karaktertjie van destyds meer gemeen het as dat hulle name rym. Ek het gelees van 'n jong dame wat alle rede gehad het om te voel dat die lewe haar 'n streep getrek het. As sy sou voel dat die lewe se dobbelsteentjie vir haar verkeerd geval het, sou 'n mens dit kon verstaan. Om amper heeltemal doof te wees, afgesonderd in die eensame wereld van dowe mense - baie mense sou daardeur ontmoedig word en moed opgee.Nie hierdie moderne Wiking nie! Soos die TV-karaktertjie wat telkens in moeilike omstandighede 'n oplossing bereik het, het hierdie jong vrou elke nuwe uitdaging wat die lewe voor haar kom neersit het, beskou as net nog'n hekkie waaroor sy moes kom. Haar geloof in God, gekoppel met'n geestelike taaiheid waarop 'n ratel trots sou wees, het van elke struikelblok 'n geleentheid gemaak. Natuurlik was daar tye dat sy mismoedig was - en daaroor is sy pynlik eerlik in die boek - maar telkens het sy weer krag ontvang om weer op te staan en te lewe! Ja, Vicki bestaan nie net nie. Sy haal nie net asem nie. Sy leef elke dag voluit en nooi die leser uit om sy/haar eie gawes raak te sien, uit te leef en tsv donker dae te besef: Die lewe is mooi - leef dit!


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )