Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
T.T. Cloete (Cloete, T.T.)
vetseun
Onversadig (Digbundel) / (eBook) . 2011 TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624049036
ISBN: 9780624058311

Onsigbaar verken opnuut verskeie hooftemas van Cloete se oeuvre, onder meer 'n verwondering oor die natuur, en 'n doeke na sintese tussen wetenskap, religieuse impulse en die grense van taal. Hy verwoord op tegnies vernuftige wyse die onvermoe van die mens om die misterie van die skepping en sy eie bestaan te deurgrond. Hy slaag daarin om iets van die wonder vas te vang, sonder om die enigma te reduseer tot 'n eenduidige slotsom of "betekenis". En dit doen hy in gestroopte, helder taal. Daar is ook itieme verse oor vertwyfeling en die onlangse verlies van 'n lewensmaat. In sy jongste bundel bou T.T. Cloete sy merkwaardige digterskap op treffende wyse uit.

vetseun
Heilige nuuskierigheid (Digbundel) . 2007 TAFELBERG
ISBN: 9780624045069

Heilige nuuskierigheid is 'n indrukwekkende ondersoek na die ontstaan van lewe, na die ontwikkeling van 'n diversiteit van lewensvorme en na die plek van die skeppende mens binne hierdie grootse en dikwels raaiselagtige proses. Met 'n wydse gebaar slaag die skrywer daarin om in die aangesig van die opborrelende energie van die natuur en die onpeilbare geheime van die buitenste ruimte, nie net 'n hergeboorte nie maar ook 'n bruisende kreatiewe bestaan vir die kunstenaar te beding. In sy nuwe digbundel praat die skrywer weer eens met die aarde. Sy belangstelling in die evolusie en die natuurwetenskappe verryk sy meer filosofiese vraagstelling na die rol van die gelowige mens binne die steeds groter wordende bestel wat eise stel aan die mensdom se vermoe om die immer verskuiwende realiteite te verwerk. Met Heilige nuuskerigheid konsolideer Cloete sy gereelde verkenning van die skeppende prosesse in die natuur en in die kunste, maar hy lewer duidelik blyke van 'n groter waagmoed en ambisie om spronge te waag na nuwe einders. Die beste gedigte in hierdie bundel is op dieselfde hoe peil as die vele hoogtepunte wat sy oeuvre tot dusver opgelewer het.

vetseun
Onderhoud Met Bobbejaan . 2006 BEST BOOKS
ISBN: 9781770020375
ISBN: 9781770020566

vetseun
Dit kom van ver af (Kortverhale) . 2002 LITERA
'n storieverskeidenheid

Die jongste grammofoonplaat, 'n tolletjie garing, twee paraffienblikke vir Henry Ford, 'n ou trourok, 'n klavier met vashaak-klawers en insigte uit 'n ablusieblok - dít is die soort stof waarvan sommige verhale in hierdie bundel gemaak is.
Dit kom van ver af bring die beelde, mense en stories van baie tye en plekke in die fokus. Party stories kyk oor groot geografiese en historiese afstande terug, in ander skuif die hier en die nou bo-oor vorige indrukke. Wat hierdie bundel veral anders maak, is die ongewone verskeidenheid stories, temas en style wat in uiteenlopende leesbehoeftes voorsien. Bekende en nuwer skrywers vertel hier, elk met 'n eie stem, van die tyd van lampe en kerse, van dae toe 'n nuweling in die skool 'n beste maat en ook 'n favourite actress moes he, en van dinge wat in enige tyd nuut sal bly. Die verhale bied 'n mengsel van erns, humor, satire, ironie, patos, avontuur en verwondering, en die temas is so uiteenlopend soos politieke kwessies, geweld en die dood, die liefde in sy vele gedaantes en vreemde, onverklaarbare ervarings. Tesame vorm die stories 'n eenheid van warmte, bekendheid en egtheid wat 'n mens telkens weer na die bundel sal laat terugkeer. - graffitibooks.co.za

vetseun
Die Baie Ryk Ure ........ 2001 TAFELBERG

1997 - Identikit (TAFELBERG)
1993 - (Met die aarde praat) Hertzogprys Poësie

vetseun
Met die aarde praat (Digbundel) . 1992 TAFELBERG
ISBN: 9780624031741

1989 - Driepas (TAFELBERG)
1987 - (Idiolek en Allotroop - sy ander werke, Jukstaposisie en Angelliera, is eervol vermeld) Hertzogprys Poësie
1986 - Idiolek (TAFELBERG)
1985 - Allotroop (TAFELBERG)

vetseun
Gids by D.J. Opperman Se Senior Verseboek . 1985 TAFELBERG

1984 - Die waarheid gelieg
1980 - Gedigte van Totius
1980 - Angelliera
1976 - Prof. T.T. Cloete Gustav Prellerprys vir literatuurwetenskap en letterkundige kritiek
1966 - 50 Gedigte van Totius (TAFELBERG)
1966/1971 - Gids by Senior Verseboek (NASOU)

vetseunvetseun
Vyfling (Bundel) . 1963/1966/1969/1973 NASIONALE BOEKHANDEL/1970 TAFELBERG
- 'n Bundel Eenbedrywe van Hertzogpryswenners, saamgestel, T.T. Cloete
met C Louis Leipoldt; J.F.W. Grosskopf; H.A. Fagan; GJ Beukes; WA de Klerk
ISBN: 9780624020851

Vir die dramaliefhebber 'n versamelbundel met vyf eenbedrywe van dramaturge wat almal reeds met die Hertzogprys vir Drama bekroon is: Die heks van C Louis Leipoldt, Oorlog is oorlog van J.F.W. Grosskopf, Opdrifsels van H.A. Fagan, Laat die kerse brand!

1963/1980 - Die Wêreld is ons Woning nie (TAFELBERG)
1963 - Monografieë uit die Afrikaanse letterkunde; 2 - T.T. Cloete, Totius (NASIONALE OPVOEDKUNDIGFE UITGEWERY)
1963 - Monografieë uit die Afrikaanse letterkunde; 1 - T.T. Cloete, Eugène Marais (NASIONALE OPVOEDKUNDIGFE UITGEWERY)
1957 - Beskouings oor Poësie: 'n Bundel Opgedra aan Prof. G. Dekker op sy sestigste verjaarsdag, 11 November (VAN SCHAIK)

vetseun
Die Venster Gaan Oop ........................... VRIENDE VAN AFRIKAANS

T.T. Cloete gedigte, voorgedrag Helena Conradie, musiek Leonard Heydenrych (dwarsfluit), Minette du Toit-Pearce (altviool, sang), Christo Bezuidenhout (orrel)


skakels : vriende.za.net/ttcloete..













bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )