Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Sydda Essop (Essop, Sydda)
vetseun
Karoo Kombuis ................. 2012 QUIVERTREE PUBLICATIONS
ISBN: 9780987028402

Ontdek die tradisionele resepte, veldmedisyne en die uiteenlopende kosverhale in Karoo-kombuis, 'n boeiende reis na die geskiedkundige hartland van Suid-Afrika.
Sydda Essop het oor jare onderhoude gevoer met meer as 70 kokke en genesers (tussen die ouderdom van 23 en 96) reg oor die kulturele spektrum van Suid-Afrika se merkwaardige Karoo-streek. Al die deelnemers het hulle diepste hartstories oor persoonlike uitdagings en triomf asook hulle kosbaarste familieresepte gedeel. Die mense met wie onderhoude gevoer is, kom uit 'n magdom verskillende agtergronde, en sluit in afstammelinge van die Khoisan- en Xhosa-mense, die Nederlandse, Britse en Franse nedersetters, slawe uit die Ooste, Grieke, Portugese, Indiërs, Jode en selfs Somaliërs. Essop bring hulde aan hierdie ryke kulturele interafhanklikheid sonder om haar blind te hou vir die isolasie, politieke onstuimigheid, armoede en die strawwe klimaat van die streek. Die resepte weerspieël eweneens die verskeidenheid van die streek - van tradisionele afval, wildsvleis en Karoolam, tot bier, kerries, brood, soetgoed en eenvoudige, heilsame aandetes. Ook ingesluit is 'n versameling klassieke veldkruiemedisyne en boererate uit die streek.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)