


















Dr. S.T. Potgieter (Potgieter, S.T.)

Jou Laaste Selfhelp Boek Ooit . 2013
ISBN: 9781432202194
In Jou laaste selfhelp boek word al die kwessies en nog aangespreek. Die leser se transformasie word as 'n projek aangepak wat bestuur moet word. Dan word jy uiteindelik perfek geposisioneer om die reis na die ontdekking van die outentieke jy aan te pak. Die boek sal jou met nuwe oe na die lewe laat kyk. Dit sal jou opnuut opgewonde maak oor die krag wat in jouself en God se wil vir jou lewe opgesluit le. Jy sal perspektief kry op jou plek in die heelal en leer om dankbaar te wees. Jy sal die kans kry om 'n kwaliteit lewe te leef.

Pitkos ........................... 2013 RSG
ISBN: 9781920654085
In die gewilde radioprogram Pitkos op RSG gesels Dr S.T. Potgieter oor interessante en lewensverrykende aspekte vir enige mens. Hier saamgevat is die keur van sy gesprekke. Hierdie boek bring aan jou wysheid en antwoorde op jou pad. Bowenal sal dit jou inspireer, perspektief en vreugde vir jou lewe gee. Pitkos is reguit en lees maklik en is 'n boek om geniet te word.
Dr S.T. Potgieter is 'n geregistreerde sielkundige wat daagliks in sy privaat praktyk in Bellville, Kaapstad in konsultasie staan. Hy was vir'n hele aantal jare in Windhoek, Namibië, asook in die Limpopo Provinsie werksaam. Benewens sy werk as sielkundige tree hy gereeld op in radioprogramme en het hy ook bekendheid verwerf as skrywer en van sy bydraes en insette verskyn gereeld in artikels in koerante en tydskrifte. Hy is 'n gewilde spreker by verskeie geleenthede, van die korporatiewe mark tot by skole, manne en vroue-byeenkomste.

Staan Op In Moeilike Tye . 2011 NALEDI
ISBN: 9780986998119
In Staan op vir jouself fokus Potgieter daarop om die leser te help om homself en sy drome weer te vind. In Staan op in moeilike tye vind jy antwoorde en oplossings vir daardie donker dae in jou lewe. Hierdie is 'n praktiese gids met toepaslike riglyne om op te staan en te seevier wanneer storms om jou slaan. Rampe en krisisse tap die energie en lewenslus uit jou hele wese. Dit laat jou moeg en moedeloos; sonder rigting en sonder hoop. Jy veg teen magte wat jou verswelg tot jy uiteindelik alle hoop verloor. Mense het jou seergemaak. Onreg het jou verniel. Omstandighede het teen jou gedraai. Ernstige probleme staar jou in die gesig. Selfverwyt oor verkeerde keuses druk swaar op jou gemoed.
skakels :