


















Stephan Joubert

Dink Nuut Oor Vreugde DVD . LBMDVD 032 2012 LOUIS BRITTZ MUSIEK
Dink nuut is 'n DVD reeks met praatjies deur Suid Afrika se bekendste Christen sprekers oor onderwerpe wat ons lewens daagliks raak. Dis loslit, aktueel, diep asook relevant vir elke kyker wat geestelik wil groei. Dr Stephan Joubert is 'n professor in die Nuwe Testament by die Universiteit van Pretoria. Hy word ook verbind met Moreletapark Gemeente met die fokus op opleiding, en is die stigter van ekerk. Op hierdie DVD gesels hy met ons oor hoe om nuut te dink oor vreugde. Deur die loop van 2013 kan jy ook ander Dink nuut-titels verwag deur sprekers insluitend Hettie Brittz, Johan Smith en andere.
skakels :