Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Stella Blakemore (Blakemore, Stella) (Theunis Krogh) (Keurboslaan-Reeks)
vetseun
Nukke op Maasdorp (#16) . 2006 HUMAN & ROUSSEAU

Nog 'n oud-Maasdorper, Marie Dempers, stuur haar dogter na Maasdorp, maar dit blyk gou dat arme Bennie glad nie inpas nie.
Sy voel uiters minderwaardig by die ander meisies wat lyk asof hulle met gemak uitblink in die klaskamer én die sportveld, en nog boonop mooi is. - graffitibooks.co.za

vetseun
Maltrappe op Maasdorp (#15) . 2006 HUMAN & ROUSSEAU

Die meisies is almal weer terug na die Paasvakansie: Klarette, Teda, Lalage, Jessamie en natuurlik die nimlike Reina en Margaret wat alewig in die moeilikheid beland. - graffitibooks.co.za

vetseun
Maters op Maasdorp (#14) . 2006 HUMAN & ROUSSEAU

vetseun
Maasdorp se redaktrises (#13) . 2006 HUMAN & ROUSSEAU

Met die begin van die nuwe skoolkwartaal gaan die veertienjarige Klarette Prinsloo vir die eerste keer Maasdorp toe.
Sy en haar sussie, Leonie, is jare gelede wees gelaat toe hul ouers gesterf het, maar hul voog, meneer Viljoen, dring nou daarop aan dat Klarette Maasdorp toe gaan ten spyte daarvan dat die Prinsloo-kinders nie finansieel beskik oor dit wat die tipiese Maasdorper uit 'n welgestelde huis het nie. Tog word Klarette ingetrek in die kring van Teda Voster en haar maats, en hulle nooi haar om deel te word van die redaksie van die skoolblad wat hulle beplan. Maar Jessamie de Villiers en die Renton-tweeling het ook planne om 'n skoolblad te publiseer! Gou is daar woeste wedywering in die lug, maar dinge word baie ingewikkeld toe 'n na-ywerige meisie Klarette vals beskuldig en allerhande gerugte oor haar pa se testament die ronde begin doen. - graffitibooks.co.za

vetseun
Niggies op Maasdorp (#12) . 2006 HUMAN & ROUSSEAU

vetseun
Jongspan op Maasdorp (#11) . 2005 HUMAN & ROUSSEAU

Dis die begin van die nuwe skooljaar en tyd vir die klomp Malan-niggies om terug te keer na hul geliefde Maasdorp. Ons ontmoet die dogters van gunstelingkarakters soos Kobie, Lulu en Diana.
Dis die begin van die nuwe skooljaar en tyd vir die klomp Malan-niggies om terug te keer na hul geliefde Maasdorp. Ons ontmoet die dogters van gunstelingkarakters soos Kobie, Lulu en Diana. Daar is die musikale Teda, wat begeer om 'n konsertpianis soos haar tant Kobie te word, die pligsgetroue Magda en die onnutsige klein Estelle. En dan is daar Jessamie de Villiers. Met haar rooi hare in stywe vlegseltjies, haar lustelose houding, slonsige kleredrag en onvriendelike voorkoms, is dit moeilik om te glo dat sy die kind is van die stralende Kobie, Maasdorp se liefling en vandag die wêreldbekende kunstenaar Jakoba Malan. Sy gaan vir die eerste keer Maasdorp toe en dring daarop aan dat haar steekhaarbrakkie, Kerneels, moet saamgaan! - graffitibooks.co.za

vetseun
Juffrou Kobie (#10) . 2005 HUMAN & ROUSSEAU

Kobie Malan is weer terug op Maasdorp, maar nie meer as lewenslustige skooldogter, knap musiekleerling of as hoofmeisie nie; hierdie keer as een van die onderwyseresse van juffrou Van der Westhuizen se personeel.
Kobie vorm weer die middelpunt van die wisselvallighede van die Maasdorpse skoollewe: daar is kattekwaad, 'n ongeluk, liefdesavonture, pret en werk; en dan uiteindelik - die groot oomblik van haar lewe; Kobie trou! - graffitibooks.co.za

vetseun
Kobie gaan verder (#9) . 2005 HUMAN & ROUSSEAU

Kobie Malan, die liefling van elkeen op Maasdorpskool en die middelpunt van alles wat die afgelope vyf jaar daar gebeur het, is in die laaste kwartaal van haar matriekjaar.
Die besef het nog nie werklik tot haar deurgedring dat sy oor 'n paar maande aan haar skool vaarwel moet sê nie. Daar is inderwaarheid nie tyd om aan sulke sake te dink nie, want soos gewoonlik is Kobie in te veel skoolsake betrokke: sy is hoofmeisie, sy het 'n baie lewendige sustertjie Heloise wat saam met die ander twee Musketiers gedurig die skool op horings het; en die belangrikste van alles - die vooruitsig dat sy na afloop van die eksamens vir Olga Willovitch, die wonderkind, as klavierbegeleidster sal vergesel op haar Europese konsertreis. Dit voel soms vir Kobie asof sake te veel word vir haar en die spanning en opwinding word deel van die leser. - graffitibooks.co.za

vetseun
Hoofmeisie Kobie (#8) . 2005 HUMAN & ROUSSEAU

Wat almal verwag het gebeur: Kobie Malan word hoofmeisie op Maasdorp. Kobie is so gelukkig omdat sy haar ideaal vewesenlik het dat sy voel dat soveel vreugde byna nie kan bestaan nie. Boonop is sy ook die skool se nuwe sportkaptein.
Maar 'n ramp tref Maasdorp en dreig om ook Kobie se geluk te vernietig: juffrou Van der Westhuizen, die gewilde hoof wat Maasdorpskool die beste meisieskool in die land gemaak het, verlaat die skool onverwags. Wat gaan van die skool en sy tradisies word, veral aangesien die nuwe hoof, juffrou Brand, heeltemal ander idees en opvattings het? Juffrou Brand dreig om heelwat veranderinge aan te bring; selfs om die trotse skooldrag af te skaf en om weg te doen met prefekte.
Vir Kobie en haar vriende is dit nie meer hulle geliefde Maasdorp nie en hulle is diep ongelukig. Sal sake ooit weer regkom?
Die Maasdorpers is egter vasbeslote om iets te doen en met die Drie Musketiers se vindingryke planne gebeur daar vinnig merkwardige dinge op Maasdorpskool! - graffitibooks.co.za

vetseun
Maasdorp se nuwe onderwyseres (#7) . 1971/2005 HUMAN & ROUSSEAU

Ons maak weer kennis met die lewenslustige Kobie Malan wat (soos altyd) in talle skoolavonture betrokke is en dikwels na Wessie, oftewel die hoof, juffrou Van der Westhuizen, se kantoor gestuur word.
Kobie is nou reeds 'n senior en een van die graad elf-prefekte. Dit is nie lank nie of sy is weer besig om iemand te help. En vir Kobie beteken dit dat sy self in die proses in die moeilikheid kom! Daar is hierdie keer nie 'n nuwe meisie of 'n wonderkind om Kobie en die kosskoollewe op sy kop te keer nie, maar daar is wel 'n nuwe onderwyseres. Ons maak weer kennis met die onhebbelike Drie Musketiers, met Allegra en Carla Willemse; selfs met een van die onderwysers van die plaaslike seunskool, waardeur Kobie se jonger broer Fanie, teen sy sin, ook in die kaskenades van die meisieskool ingesleep word. Met Kobie aan die voorpunt, raak ons weereens intens betrokke by die meisies van Maasdorp. - graffitibooks.co.za

vetseun
Maasdorp se drie musketiers (#6) . 2005 HUMAN & ROUSSEAU

Breggie Landsberg en Heloise Malan, Maasdorp se twee baie ondeunde en slordige meisies, word gestraf omdat hulle 'n"onvergeeflike" sonde gepleeg het en nou moet hulle vriende maak met Daniela Lategan, die voorbeeldigste en netjiesste meisie in die skool.
Die twee besluit egter om die soet Daniela 'n les te leer, maar ongelukkig (en tot albei se stom verbasing!) kan Breggie se vindingryke brein nie gou genoeg aan 'n plan dink nie. Hulle is stom verbaas toe hulle ontdek dat Daniela eintlik 'n duiweltjie is en dat sy oorspronklike en verstommende streke kan uithaal. Die drietal word boesemvriendinne en stig die orde van die Drie Musketiers. Die ganse Maasdorp word op horings geneem met hul kreet: Een vir almal en almal vir een! - graffitibooks.co.za

vetseun
Allegra op Maasdorp (#5) . 2005 HUMAN & ROUSSEAU

Allegra op Maasdorp is een van die gewildste boeke in die Maasdorp-reeks. Behalwe Kobie Malan, die spil waarom alles gewoonlik draai, maak ons ook kennis met Allegra Bredenkamp, 'n weeskind wat danksy Kobie se pa na Maasdorp kom.
Die dag voor die skool begin, kuier Allegra by die Malans. Daardie aand red sy Kobie uit die moeilikheid en Kobie belowe om, as dit ooit eendag nodig is, haar te help.
Op Maasdorp lyk dit asof Allegra regtig 'n aanleg vir moeilikheid het. Miskien is dit omdat sy so impulsief is, maar veral omdat haar gewese boesemvriendin, Marguerite Beyers, ook nou op Maasdorp is - en die twee kom net nie meer goed oor die weg nie. Iets het met Allegra by haar vorige skool gebeur - iets waarvan niemand mag weet nie, maar ongelukkig weet Marguerite dat Allegra doodbang is dat hy haar geheim verklap.Om dinge erger te maak, word Allegra gou vriende met Breggie en Heloise - Maasdorp se stoutste leerders. Gelukkig vir Allegra is Kobie daar ... Kobie wat altyd 'n plan kan maak. - graffitibooks.co.za

vetseun
Kobie en die wonderkind (#4) . 2004 HUMAN & ROUSSEAU

Dit is 'n nuwe kwartaal by Maasdorp-skool. En dit begin nie goed nie. Kobie en Elsabe hoor dat hulle klas- en kamerkapteins is wat dit natuurlik baie moeilik sal maak om pret te hê!
Asof dit nie erg genoeg is nie, is daar ook nog die vreemde en misterieuse Carla Willemse, een van die nuwe leerders in Kobie-hulle se graadelf-klas. Carla was nog nooit op skool nie en het die wêreld vol gereis met haar tante. Niemand behalwe die hoof en juffrou Muller weet egter dat die snaakse Carla eintlik die wêreldberoemde violis en wonderkind, Olga Willovitch is nie. Olga, oftewel Carla, het 'n ineenstorting gehad en is deur haar pa na Maasdorp gestuur om te herstel en 'n normale lewe te lei. Maar niks ontsnap Kobie nie en gou is sy druk besig om tussen sportwedstryde en kattekwaad, toetse en krisisse, vir Carla te help om behoorlik deel van Maasdorp te word. - graffitibooks.co.za

vetseun
Kobie regeer (#3) ....... 2004 HUMAN & ROUSSEAU

In Die jongste meisie in Maasdorpskool het Breggie Landsberg en Heloise Malan boesemvriendinne geword. Nou, in Kobie regeer, laat Heloise "per ongeluk" haar swak skoolrapport by die treinvenster uitval - weer een van Breggie se skitterende"plannetjies".
Die skelmstreek word egter ontdek en die streng mevrou Malan dreig om Ruth, haar ouer dogter, van Maasdorp weg te neem omdat sy nie vir Kobie en Heloise uit die moeilikheid kan hou nie. Kobie neem die dreigement ter harte en besluit dat sy die een sal wees om haar susters onder hande te neem. Sy sal sorg dat Heloise in haar spoor trap en dat Ruth "iets doen sodat hulle ma haar vir niks op aarde van Maasdorp sal wegneem nie - al sou Heloise en Breggie ook die skool afbrand!". Maar nie eens Kobie kan Breggie en Heloise se ondeundheid keer nie ... - graffitibooks.co.za

vetseun
Die meisies van maasdorp (#1) . 2004 HUMAN & ROUSSEAU

Die meisies van Maasdorp is die eerste kennismaking met die maats van Maasdorpskool. Daar is die klein terggees Kobie Malan, wat met haar goue krulle en kuiltjies almal bekoor.
Sy is die voorbok van die spul woelige graad neges wat stom verbaas is om 'n nuwe leerder in die kosskool, Elsabe van den Heever, te ontmoet. Elsabe het al die jare saam met haar oudtydse tante gewoon en haar klere en manier van praat wys dit beslis! Vir die graad neges is dit 'n nagmerrie: Elsabe klink snaaks, trek snaaks aan en boonop lyk dit nie of sy enigsins gaan deelneem aan Kobie se mal planne nie. Dié mal planne neem die skool op hol en dit hou nie lank nie of die meisies van Maasdorp besef hulle gaan 'n kwartaal beleef wat hulle nie gou gaan vergeet nie! - graffitibooks.co.za

vetseun
Maasdorp Omnibus 3 .....

Maasdorp-Reeks (1965 uitgawe)
1. Meisies van Maasdorp

vetseun
2. Die jongste meisie van Maasdorpskool

3. Kobie regeer
4. Kobie en die wonderkind
5. Allegra op Maasdorp
6. Maasdorp se drie musketiers
7. Maasdorp se nuwe onderwyser
8. Hoofmeisie Kobie
9. Kobie gaan verder
10. Juffrou Kobie
11. Jongspan op Maasdorp
12. Niggies op Maasdorp
13. Maasdorp se redaktrises
14. Maters op Maasdorp
15. Maltrappe op Maasdorp
16. Nukke op Maasdorp
17. Ontgroening op Maasdorp
18. Lalage op Maasdorp

Maasdorp-Reeks (1965 uitgawe)
1. Meisies van Maasdorp
2. Die jongste meisie van Maasdorpskool
3. Kobie regeer
4. Kobie en die wonderkind
5. Allegra op Maasdorp
6. Maasdorp se drie musketiers
7. Maasdorp se nuwe onderwyser
8. Hoofmeisie Kobie
9. Kobie gaan verder
10. Juffrou Kobie
11. Ontgroening op Maasdorpvetseun
12. Lalage op Maasdorp

ook:
Toweruur
Goue sleutel
Eerste April
Vorm II op Delarey
Judith op Blourand

as Stella Owen - Katrientjie
as Annaliza Bierman - Die swaard


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )