Sean Fraser (Fraser, Sean)

Mandela - 'n Lewe (Biografie) . 2007 SUNBIRD
Adrian Hadland, Sean Fraser
"Nelson Rolihlahla Mandela, seun van 'n hoofman, is gebôre in die Transkei, en was van die begin af bestem vir grootheid. Tog was sy pad gesaai met struikelblokke en is hy weggeskeur van sy geliefdes. Hy is verban en uitgelewer, maar deur sy veg vir vryheid, gelyke regte en menslikheid, het hy daarin geslaag om een van die mees merkwaardige figure te word wat die geskiedenis nog ooit opgelewer het. Na amper drie dekades in die gevangenis, sal Mandela see naam altyd sinoniem wees met 'n bomenslike kapasiteit vir vergifnis, geduld, en 'n onontbeerlike oortuiging dat wat reg is sal triomfeer. Sy karakter, moed, nederigheid en medemenslikheid het gemaak dat die Suid-Afrikaanse volk hom vandag beskou as die Vader van die Nasie. Hierdie titel vertel Mandela se storie." - loot.co.za

Sasol Eerste Veldgids Tot Natuurlewe Van Suider-Afrika (Diere) . 1998 STRUIK
ISBN: 9781868721825
Hierdie gids maak deel uit van die Sasol eerste veldgids-reeks, wat spesiaal ontwerp is met die oog daarop om kinders in te lei in die geheime van die opwindende w?reld om ons, om alles wat kruip en roer te ontdek en alles te leer oor hul habitat. Die klein gidse is propvol inligting wat onmisbaar is vir die ontluikende natuurkundige. Die bondige teks is maklik leesbaar en die nuttige kaarte en duidelike foto's maak dit moontlik om sommer met een oogopslag inligting te bekom oor 'n spesifieke spesie.

Sasol Eerste Veldgids Tot Soogdiere Van Suider-Afrika (Diere) . 1998 STRUIK
ISBN: 9781868721788

skakels :