


















S.C. Kidson

Sasol Kitsgids: Voëls Van Die Bosveld (Diere) . 2007 BRIZA
S.C. Kidson; H.L. van Niekerk
ISBN: 9781875093892
Dit is die eerste titel in 'n nuwe reeks Suid-Afrikaanse streekvoëlgidse. Die skrywers is die bekende kenners van inheemse voëls, Saartjie Kidson en Herman van Niekerk, bygestaan deur ander kundiges soos Jo Grosel, Derick Engelbrecht, Josef Heymans, Kobie Raijmakers, Mich Veldman en Warwick Tarboton. Die titel sluit alle voëls in wat noord van Pretoria en tot by Pietersburg, en van die Botswanagrens tot aan die Oostelike Platorand gevind word - 468 spesies. Die titel is ten volle deur Birdlife South Africa geakkrediteer en is deur SASOL opgeneem in sy reeks van Suid-Afrikaanse voëlboeke. Die konsep is dat die voëlgidse enige persoon, hetsy nuweling voëlkyker of gesoute kyker, help om binne 60 sekondes enige voël te identifiseer met behulp van nuwe praktiese en innoverende hulpmiddels in die titel.
skakels :