Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Sarah du Pisanie (Du Pisanie, Sarah)
vetseun
Omnibus 7 / (eBook) . 2013 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624057826
ISBN: 9780624057567

My hartjie, my liefie: Toe Alet Fourie by Walvisbaai se treinstasie afklim, kan sy haar teleurstelling skaars verberg. Wat het haar besiel om 'n onderwyserspos op so 'n afgeleë dorpie te aanvaar? As dit nie vir die dierbare leerlinge was nie, het sy haar goedjies in 'n japtrap gepak en teruggekeer huis toe.
Die voorskootbataljon: Karlien Joubert se jare lange droom om te boer, spat aan skerwe toe die prokureur haar oupa se testament aan haar verduidelik. Wie is die vreemdeling wat die grootste gedeelte van haar oupa se plaas besit? En waarvan, dink dié wildvreemde man, moet sy, haar vier susters, en haar ma en tante dan oorleef as hulle nie in die ou plaasopstal welkom is nie?Fort van die kappiedraers: Skaars 'n week gelede het Stieneke Kitshoff nog geglo Teuns het haar lief . . . dat hy sy buurman Piet Coetzee doelbewus oorreed het om haar as goewernante vir sy vier spruite aan te stel, daar op hul verafgeleë plaas in Suidwes. En nou, sewe dae later, is sy saam met die Coetzees op vlug . . . op pad na 'n beskutte fort op Ovikokorero, met Teuns nêrens in sig nie. En die enigste man wat bereid is om haar teen die gewapende vyand te beskerm, is die arrogante Jaap Venter!

vetseun
Omnibus 6 / (eBook) . 2012 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624056744
ISBN: 9780624052579

In Liefste Koos bevind Elsa Fourie haarself stoksielalleen op die houtkaai op Swakopmund. Kurt, haar verloofde, het beloof om haar op die hawe te ontmoet, maar hy het soos mis voor die son verdwyn. Uiteindelik besluit sy om sy spoor te volg na Otjimbingwe in die binneland. Maar eers moet sy haar reisgenoot, Hermaans Potgieter, oortuig sy kan die tog meemaak. In Jakkalswater rig Oom Bennie 'n moeilike versoek tot Daan: daar is iemand op Walvisbaai wat op hom wag. Hy moet haar gaan haal, en voordat hulle terugkeer na die plaas Jakkalswater, moet Daan eers met haar trou. Daar is geen ander uitweg nie, dit weet Daan. Want 'n vrou alleen tussen die spul mansmense op Jakkalswater gaan net moeilikheid afgee. En in Die winskopie kry Gerhard Fouché snuf in die neus wanneer hy dieselfde verslonste ou oom eers in Luderitz en later in Otavi teekom. Dat die ou oom besig is met konkelwerk, is duidelik, maar waarom is die jong seun aan sy sy 'n handlanger? Dalk moet hy maar ingryp en die seunskind onder sy toesig plaas.

vetseun
Omnibus 5 ......................... 2012 TAFELBERG
ISBN: 9780624054733

Sarah du Pisanie bring met hierdie omnibus die leser opnuut onder die indruk van die romantiek van die land wat nou Namibie heet. Al drie die stories speel af in die dae toe die land nog as Duits-Wes bekendgestaan het, toe die inwoners min en die gevare groot was. In "As die Nina-wind waai" verruil die jonge Nina van Walvisbaai haar geboortedorp vir die onbekendheid van 'n wynplaas in die Franschhoekvallei na sy moes hoor dat die man wat sy nog altyd pa genoem het, nie haar eie vader is nie. In "Die woestynplantjie" word 'n ongekunstelde sendingstasiemeisie na die opgesmukte huishouding van die ryk baron Von Lindique gestuur om 'n verlamde jong man te gaan versorg - teen almal se sin, ook hare. En in"Die voshaar van Biesiesvlei" bevind 'n rooikop-verpleegster haar skielik in 'n baie ongemaklike situasie: haar pasient ly aan geheueverlies, maar glo vas sy is sy verlore geliefde wat hy nou teruggevind het.

vetseun
Omnibus 4 .................. 2011 TAFELBERG
ISBN: 9780624053972

As die sweep klap: Teen die agtergrond van die Voortrekkers se vryheidstryd in 'n nuwe vaderland word die verhaal vertel van die jong Letta se worsteling om nuwe lewensruimte, en ook om heling vir haar geknakte gees te vind. Fontein in die dorsland: Dit is die jaar 1874 en Maria Lodewyk Groenewald maak deel uit van 'n trek op pad na Angola. Dit word vir haar 'n stryd om oorlewing: sy is 'n vrou wat deur haar vrese, leed, haat en bitterheid gelouter word totdat sy op 'n dag as 'n heel ander mens 'n kosbare soenoffer in ontvangs neem. Ver reis na die liefde: In 1892 is Hilka Auge een van die eerste Duitse Setlaars wat in Duitswes aangekom het. Saam met Ernst Kreft, luitenant en mediese dokter, oorkom sy die talle struikelblokke wat met 'n ruwe en ongetemde land gepaardgaan. Dis net die misverstande in die weg van die liefde wat onoorbrugbaar voorkom...

vetseun
Omnibus 3 / (eBook) ........ 2011 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624052760
ISBN: 9780624053651

Die verhale in hierdie omnibus speel almal in die ou Suidwes-Afrika af. In Die huis van Makir bly privaat verpleegster Annie slegs in diens van 'n skatryk familie om 'n veilige hawe te kan skep vir die seuntjie van die stugge Pieter von Moltke, in die hoop dat die man eendag aan die kind die erkenning sal gee wat hom toekom. En dan breek daardie dag aan ... In Die rooi duiwel van Rotskloof pak Ansie en haar verloofde 'n lang tog aan om haar wewenaar-broer te gaan bystaan waar hy hom op 'n sendingstasie saam met sy twee kleuters bevind. Maar spoedig ontdek sy dat haar broer dodelik siek is aan malaria, en boonop loop sy haar vas in 'n rooibaard-duiwel van 'n man wat vas glo een van die kinders het op sy plaas oortree. En in Vir twee koppies meel is weeskind Anke bestem om die bruid van 'n Duitse soldaat te word; sy wil die armoede van Duitsland verruil vir 'n nuwe lewe in sonnige Suidwes. Maar met haar aankoms daar word haar droomwereld aan flarde geruk.

vetseun
Bruid vir Soetvlei (eBook) .
ISBN: 9780799353426

Riaan Malan trou met Leila om sy erfplaas te verseker. Hy hoor 'n klomp leuens, glo dit en word koud en ongenaakbaar. Leila weet naderhand nie meer of sy hom langer van die teendeel wil probeer oortuig nie.

vetseun
Die voorskootbataljon (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624064183

Die voorskootbataljon: Karlien Joubert se jare lange droom om te boer spat aan skerwe toe die prokureur haar oupa se testament aan haar en haar ma verduidelik. Wie is die vreemdeling wat die grootste gedeelte van haar oupa se plaas, Standersfontein, besit? En waarvan, dink hy, moet sy, haar vier susters en haar ma en tante dan oorleef as hulle nie in die ou plaasopstal welkom is nie?

vetseun
Fort van die kappiedraers (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624064206

Fort van die kappiedraers: Stieneke Kitshoff het nooit kon dink haar lewe sou oornag so handomkeer verander nie. Skaars 'n week gelede het sy nog geglo Teuns het haar lief . . . dat hy sy buurman, Piet Coetzee, doelbewus oorreed het om haar as goewernante vir sy vier spruite aan te stel, daar op hul verafgeleë plaas in Suidwes. En nou, sewe dae later, is sy saam met die Coetzees op vlug . . . op pad na 'n beskutte fort op Ovikokorero, met Teuns nêrens in sig nie. En die enigste man wat bereid is om haar teen die gewapende vyand te beskerm, is die arrogante lummel Jaap Venter!

vetseun
Gedeelde geluk (eBook) .
ISBN: 9780799348255

Die Kruger-dogters is voorste boere, en mooi! Is hulle agterbaks genoeg om Conrad Vermeulen van sy erfplaas te wil verwilder? Stefaans Kruger begeer Rietkuil. Vanwaar dus die veediefstal en veldbrand? Veral die geitjie Stella laat Conrad wonder.

vetseun
My hartjie, my liefie (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624064169

My hartjie, my liefie: Toe Alet Fourie vroegoggend by Walvisbaai se treinstasie afklim, kan sy haar teleurstelling skaars verberg. Wat het haar besiel om 'n onderwyspos op so 'n afgeleë dorpie te aanvaar? Boonop het die skoolhoof, mnr. Erlank, skynbaar 'n veel ouer dame verwag. As dit nie vir die dierbare leerlinge was nie, het sy haar goedjies in 'n japtrap gepak en teruggekeer huis toe . . . na Pieter toe.

vetseun
Omnibus 2 (eBook) ........ . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624058335

In'n Prinses vir Somi is Armand du Bois die prins van Somi, fabelagtige stad aan die Kus van die Dood. Dié stad word bedreig deur mense uit die sogenaamde beskaafde wêreld, en Armand moet 'n besluit neem oor die lewe van 'n jong edelvrou uit die Kaap die Goeie Hoop. Maroelas uit Libanon speel af tydens die laaste jare van die Tweede Wêreldoorlog, in die ou Duits-Wes. 'n Jong soldaat, Henning de Waal, moet skielik eiehandig vier klein blondekop-dogtertjies wat wees gelaat is, versorg.En Toe kom Klaartjie is 'n opwindende verhaal oor 'n rabbedoe-verpleegster wat amper haar moses teëkom in haar nuwe werkgewer, 'n baron wat jonk en aantreklik is, maar ook hooghartig en afsydig.

vetseun
Die kralebruid ..............

vetseun
Jakkalswater ...............

vetseun
die woestynplantjie ....

vetseun
Die Voorskootbataljon ..

vetseun
Prins van die duine .....
- Hy moes keer dat liefde sterker is as haat

vetseun
Die baron van Rauenshof .

vetseun
As Die Sweep Klap ......


skakels :











bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)