


















Sanet Groenewald (Groenewald, Sanet)

My Babe ........................... 2008 GRIFFEL MEDIA
saamgestel
My Babe is 'n verhaal sonder 'n begin of 'n einde. Dit is die eerstehandse vertelling deur meer as vierhonderd bydraers, maar dit is ook die verhaal van elkeen van ons se eie lewe. Dit is 'n skrikwekkende menslike werk.
Wanneer mens My Babe lees en nie daardeur aangeraak word nie, is jy nie mens nie. Meer nog, dit maak mens wéér mens. Dit plaas die leser volvoet in die eie skoene maar ook in die skoene van die een langsaan.
Die boek is 'n samestelling van uittreksels van die samesteller, Sanet Groenewald, se korrespondensie oor 'n tydperk van vyf jaar met mense wat 'n ervaring van aborsie gehad het, maar dit neem nie standpunt in vir of daarteen nie. My Babe neem die leser na die twee pole van die mens se stryd om oorlewing. Die sagtheid om nader getrek en omarm te word teenoor die hardheid om weggestoot te word. Dit speel in op die mens se mees basiese behoefte van aanvaarding in onvoorwaardelike liefde en die teenpool daarvan, die vrees vir verwerping wanneer ons nie aan die verwagtinge voldoen nie.
Ons hou mekaar vas in liefde en noem mekaar 'my babe', maar wanneer ons nie hou van die gevolge nie, word ons self deel van die verhale in My Babe. - graffitibooks.co.za

My Man Weet Nie .............. 1995 QUEILLERIE
skakels :