Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Sandy Griffiths (Griffiths, Sandy)
vetseun
Piouter Dit (Stokperdjie) . 2009 METZ PRESS
ISBN: 9781920268060

Die groot verskeidenheid projekte in hierdie titel sluit treffende juwele, en groter dekoritems vir bykans elke vertrek in die huis in. Met volledige aanwysings vir enigiets van 'n stylvolle badkamerspieel tot elegante sout-en-pepermeuele, opdienborde, piouterkuns vir die woonkamer en 'n bedkassie vir die slaapkamer, is die klem dikwels ook op herwinning en hernuwing. Die ontwerpe is heeltemal oorspronklik en daar is patrone vir almal in die titel. Maklike aanwysings word vergesel van pragfoto's van elke voltooide artikel met omvattende wenke om seker te maak jou projek is 'n sukses.

vetseun
Maklike Piouter-projekte (Stokperdjie) . 2007 METZ PRESS
ISBN: 9781919992518

Al wat jy regtig nodig het as jy hiermee sukses wil behaal, is die wilskrag en die passie om te leer en te eksperimenteer. Omdat piouter so veelsydig is, kry 'n mens selde presies dieselfde resultaat, selfs al herhaal jy 'n ontwerp weer en weer. Piouter kombineer ook baie goed met ander metale soos koper, en kan met verf en krale versier word sodat dit eintlik 'n magdom ornamentele moontlikhede bied. Hierdie titel deur ervare handwerkkunstenaar Sandy Griffiths, bevat stap-vir-stap aanwysings vir meer as 30 projekte met algemene beskrywings van en idees vir sommer nog baie meer. Pragfoto's van die voltooide projekte, asook nabyfoto's wat tegnieke stapsgewys illustreer, sal jou inspireer om binne 'n ommesientjie jou eie meesterstukke te skep.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)