Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Rob Marsh (Marsh, Rob)
vetseun
Alles Oor Suid-Afrika ....... 2013 STRUIK
ISBN: 9781431700974

Alles oor Suid-Afrika is reeds sedert 1992 die mees omvattende naslaanboek vir Suid- Afrikaanse skoliere (en hul ouers!) wanneer hulle op soek is na inligting oor die land. Hierdie uitgawe - met hersiene en opgedateerde inhoud en fotografie - sal beslis sy status behou! Hierdie grootformaatboek propvol kennis is hoogs visueel met volkleurfoto's, -kaarte en -illustrasies en die teks is maklik om te lees en te verstaan. Bykomende belangstelling word geprikkel deur brokkies inligting wat in teksboksies en verlengde opskrifte vervat word. Plekke om te besoek word ook aanbeveel en pas by die betrokke tema wat op die dubbelbladsy-uitleg bespreek word. Die teks is opgedeel in afdelings soos lank, lank gelede; die mense; die kultuur; die gemeenskap; wetenskap en tegnologie; die ekonomie; die land; en die natuurlewe, wat elke aspek van Suid-Afrika dek.

vetseunvetseun
Afrika (eBook) ..................... LAPA UITGEWERS
- Feit, fiksie of fabel
ISBN: 9780799347852
ISBN: 9780799348071

Afrika: Feit, fiksie of fabel kyk na die eiesoortige dinge, plekke, mense en diere wat in Afrika was, en is. Hierdie uiters interessante en feitlike boek kan aanslag vind by die algemene mark en ook deur akademiese instansies gebruik word. Dit bevat onder andere inligting oor al die UNESCO Wêrelderfenisgebiede in Afrika (73), en vele noemenswaardige en vreemde dinge soos: - Die Selekant - Die geheim van die Krugermiljoene - Opgrawings van fossiele - Legendes soos die Farao se vloek - Die storie van "Able Seaman Just Nuisance" - Die Ennedi tier - Die vlieënde Hollander - Die Mokele Mbembe dinosourus - Die Dogon, mense van die sterre - Ghana se uitsoek doodskiste - Die Vredefort meteoriet koepel - Mauritanië: waar groot die beste is - Die Reënkoningin - Die Sardienloop - Die monstervis van die Kongo, en die lysie hou aan... Die inskrywings is in kort bondige brokke verdeel en dus is die boek maklik om ter enige tyd op te tel en bietjie vir bietjie deur te lees. Hierdie onopgesmukte feite-skatkis sal baie maklik op die koffietafel of bedkassie 'n tuiste vind vir 'n geruime tyd. Die interessante en informatiewe teks verseker 'n wye gehoor - van lekker-lees, uitbrei van algemene kennis tot toesprake en redenaars voorbereiding.

vetseunvetseun
Suid-Afrika Raar maar Waar .... 2004 TAFELBERG
South Africa weird and Wonderful . 2004 TAFELBERG


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )