Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Roald Dahl (Dahl, Roald)
vetseun
Roald Dahl Se Vreeslike Versies . 2012 PROTEA BOEKHUIS
Illustrasie: Quentin Blake
Vertaling: Francois Bloemhof
ISBN: 9781869198510

'n Versameling van ses omdigtings van ou bekende sprokies uit die pen van een van die wereld se mees geliefde kinderboekskrywers. Francois Bloemhof se onnutsige en speelse vertaling van Dahl se reeds klassieke Revolting Rhymes sorg vir 'n allerheerlike leeservaring. Talle verrassings wat op lesers wat gedink het Sneeuwitjie is so soet soos stroop en Rooikappie weet nie van sake in haar eie hande neem nie ...

vetseun
Die GSR (Groot Sagmoedige Reus) . 2007 TAFELBERG
Mavis de Villiers (Akademieprys vir Vertaalde Werk Prosa, 1996), Illustrasie: Quentin Blake

"Wanneer Sophie uit haar bed ontvoer word deur 'n reus met tennisbaan-tree en enorme groot ore, verwag sy die ergste. Maar Sophie is gelukkig. Die GSR is baie sagmoediger as sy afgryslike bure, wat vir 'n tydverdryf elke nag slapsoetige kidderen opgopsel." - kalahari.net

vetseunvetseun
James en die reuse perske . 2007 HUMAN & ROUSSEAU
Vertaling: Kobus Geldenhuys
ISBN: 9780798145473

"James se tantes, tannie Spyker en tannie Spons, skel hom gedurig uit. Hulle slaan hom en laat hom honger ly en maak sy lewe 'n nagmerrie. Eendag ontmoet hy 'n geheimsinnige ou mannetjie wat vir hom 'n sak vol krokodiltonge met towerkrag gee." - kalahari.net

vetseun
Matilda (Vertaling: Kobus Geldenhuys) . 2006 HUMAN & ROUSSEAU
Illustrasie: Quentin Blake
ISBN: 9780798145459

"Matilda is 'n buitengewone slim meisietjie wat nie genoeg kan kry van boeke en van lees nie. Haar ouers, Mnr. en Mev. Wormwood, dink sy is net 'n laspos. Volgens haar is al wat haar ouers doen om televisie te kyk en geld te maak deur mense te verneuk. En sy is nie verkeerd nie. Sy besluit om hulle te straf en ontdek dan dat sy bonatuurlike kragte het. Dit kom heel handig te pas, nie net by die huis nie, maar ook by die skool waar hulle aaklige skoolhof hulle al hul dae gee." - kalahari.net

vetseun
Marius se Merkwaardige Medisyne . 2005 HUMAN & ROUSSEAU

"Marius het 'n nare ouma - 'n klaerige ou ding wat hom nie wil uitlos nie. Sy is selfsugtig en lelik, sy haat kinders en soms maak sy hom so bang dat hy dink dat sy moet seker 'n heks wees. "Moenie my medisyne vergeet nie," treiter sy hom. Nee, Marius sal nie sy ouma se medisyne vergeet nie. Hy het spesiale planne vir haar elfuur-dosis - die soort onheilige planne wat net in 'n Roald Dahl-storie kan uitbroei." - kalahari.net

vetseunvetseun
Charlie en die sjokoladefabriek . 2005 TAFELBERG/HUMAN & ROUSSEAU

"Charlie Bucket hoor dat die wonderlike sjokoladefabriek se misterieuse eienaar, Willie Wonka, 'n Goue Kaartjie gaan gee wat 'n paar gelukkiges deur die hekke van die fabriek gaan neem. Hy wens met sy hele hart dat hy een is wat 'n kaartjie sal wen - en dan gebeur dit! Dit blyk die fabriek is nie net 'n lekkergoed- en sjokoladehemel nie en Charlie word vasgevang in die soetste avontuur!" - storiewerf.co.za


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )