Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Riette Rust (Rust, Riette)
vetseun
Die AA Tot Die OE Van Seks / (eBook) . 2013 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624054023
ISBN: 9780624054030

Hierdie boek sal letterlik die sluiers voor jou oë wegtrek en jou stap vir stap wys - ja, wys! - hoe jy die heel beste seks kan geniet. Dis 'n oopkop, kaalvuis en loslittige gids tot die mees ekstatiese orgasmes onder die son.
Jy leer onder meer:
Hoe om in voeling te kom met jou innerlike sekskat
Wat om te maak as hy wil, maar jy wil nie
Hoe om jou verbeelding aan die brand te kielie (of te piets)
Hoe om veel, véél waaghalsiger te wees.

vetseun
'n Lyf Onthou / (eBook) . 2012 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869195489
ISBN: 9781869198664

Met die lyf en lyflike begeertes as fokuspunt, slaag Riette Rust daarin om die versplintering van die openbare en geheime lewens van gewone mense na vore te bring. Die literator Marius Crous se oor die bundel: Soos die titel van hierdie versameling kortverhale reeds suggereer, gaan die leser hier te doen kry met verhale oor die liggaam en belewenisse van die liggaam. En die leser word inderdaad nie teleurgestel met die aanbod nie. Dit is geile verhale oor die liggaam, die erotiek en die sluimerende wellus. Goeie verhale. Goedgeskrewe en onderhoudend.

vetseun
Lang Bene & Lipstiek . 2011 NALEDI
ISBN: 9781920518011

Baie feministe se dit is 'n doodsonde om jou lang bene en lipstiek in te span om in jou werk te vorder. Nou het navorsing bewys dit werk.
Die skepper van die term, dr Catherine Hakim, is 'n sosioloog aan die London School of Economy. As jy erotiese kapitaal het, het jy die belangrikste eienskap wat nodig is vir sukses in die komende dekade, skryf sy in die European Sociological Review (20 Maart 2010) 'n joernaal oor sosiale studies wat wereldwyd versprei word. Of jy vrou of man is, jonk of ouer, mooi of minder mooi, jy kan erotiese kapitaal aanleer. Riette vertel meer oor bekendes wat erotiese kapitaal het, soos Steve Hofmeyr Jeannie D, Tammy Anne-Fortuin, Sarah Theron, Izak Davel en Chris Chameleon. Lang bene Lipstiek is 'n insiggewende, maar ook lekkerlees, selfhelpgids, waar- sonder jy nie die 21ste eeu behoort aan te durf nie. Riette onderneem self ook 'n praktiese eksperiment wat toon dat vaal mense heelwat swakker behandel word as die wat reeds erotiese kapitaal aangeleer het. In Lang bene Lipstiek word die leser presies geleer hoe om die eienskappe waaruit erotiese kapitaal bestaan, te bekom.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)