Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Riana Scheepers (Scheepers, Riana)
vetseun
Die Stilte In Myself ...... 2013
ISBN: 9780799360059

Talle mense wat die miniatuurskilderye en verse op uitstalling gesien het, maar nie 'n boek in die hande kon kry, of bekostig nie, het die kunstenaar en die skrywer versoek om die 100 miniature en verse in boekvorm beskikbaar te stel. Die stilte in myself is die eindresultaat. Dit is 'n boek wat op treffende wyse die intimiteit, wysheid en die enigmatiese spektrum van emosies van vroue uitbeeld; van die jong meisie wat met 'n rooi mond die wereld uitdaag, tot die misterie van 'n vrou wat agter 'n masker skuil; van die vrou wat vir die voetstap van haar minnaar wag, tot die aartsmoeder wat haar verbonde voel aan die aarde, en die hemel. Die stilte in myself is 'n boek wat die leser deurgaans laat wonder of 'n vrou werklik 'n vrou is, of dalk 'n engel?

vetseun
Die Afrikaanse Skryfgids . 2012 PENGUIN
Redakteur: Leti Kleyn
ISBN: 9780143530152

Wil jy skryf? Het jy kundige en ervare skrywers se hulp nodig om jou ideaal te verwesenlik? Die Afrikaanse Skryfgids, 'n hulpmiddel vir voornemende (en reeds gepubliseerde) skrywers, kan die wonderwereld van woorde vir jou open. Hierdie omvattende gids - die eerste in sy soort in Afrikaans - is gemik op almal wat meer van die skryfkuns, skryftegnieke en die Suid-Afrikaanse uitgewersbedryf wil weet. Die medewerkers, almal gerekende skrywers op hul onderskeie spesialiteitsgebiede, stel die inligting op 'n toeganklike manier bekend. Hulle deel hul fabrieksgeheime, praktiese raad ten opsigte van die skryfproses wat oor lang jare van frustrasie en foute ontwikkel is, nou ruimskoots met voornemende skrywers. Niemand hoef in dieselfde slaggate te trap nie.

vetseun
Purper En Kaneel, Komyn En Smarag . 2012 LAPA UITGEWERS
Hannetjie de Clerque; Riana Scheepers
ISBN: 9780799356489

As skilder voel dit asof my siel geborge is in die romantiek van middeleeuse ikone
Mistieke kleure, 'n nostaligiese verlange na die misterie van die verlede, die ontwykende geheimenisse van vroue.

vetseun
Katriena, Vertel ................. 2011 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799351699

Katriena is 'n vrou met 'n knieg aan haar, en somtyds ook 'n rug en 'n elmboog, maar sy is ook 'n vrou met 'n hart. 'n Ruim hart vol deernis met die wêreld: vir bergies en wedevroue en vroue wat alleen die wêreld moet aandurf, maar veral vir die mêrrem van die halwe huis en haar twee onhebbelike seunskinders.

vetseun
Die vrou in die vuur (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
Saamgestel, Adriaan Meyer
ISBN: 9780798158336

Die heel beste kortverhale uit Riana Scheepers se oeuvre [die bundels Die ding in die vuur (1990), Dulle Griet (1991), 'n Huis met drie en 'n half stories (1994), Feeks (1999) en Katvoet (2009)] word hier saamgevat. Dit sluit onder meer verhale in wat die fokus plaas op liefde en sensualiteit in hul vele vorme, asook Afrika-mistiek. Die storie wat aan die bundel sy titel verskaf - 'n verwysing na Jeanne d'Arc - is 'n splinternuwe, boeiende toevoeging tot dié skrywer se oeuvre.

vetseun
Nuwe Kinderverseboek ... 2009 TAFELBERG
Illustrasie: Tamsin Hinrichsen; Maja Sereda; Dale Blankenaar
Riana Scheepers, Suzette Kotze-Myburgh, Jeanette Ferreira
ISBN: 9780624046769

Nuwe Kinderverseboek bevat by die driehonderd byderwetse verse spesiaal geskryf vir die Afrikaanse kind van die 21ste eeu...
Van tel- en toontjierympies vir die kleuter, verspotte verse vir die vroee skoolganers, tot die aanraak van belangrike temas vir die amper-tieners.

vetseun
Arboreta, Die Heks Met Die Groen Hare . 2007 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869191467

In'n groot, groen woud met bome wat honderde jare oud is, woon daar 'n heks wat net so oud as die bome is -'n heks met groen hare. Haar naam is Arboreta.
Die verskil tussen Arboreta en al die ander hekse in die wereld is dat sy nie 'n bose of nare heks is nie: Sy het nie moesies of 'n haakneus nie en vang ook nie kindertjies om in haar swart pot te kook later hulle beentjies af te suig nie. Sy wil veel eerder he dat kinders veilig en gelukkig in haar woud rondspeel. Arboreta is 'n gelukkige heks - maar daar is tog twee goed waaroor sy haar baie bekommer: Wie sal eendag die boomheks van die groot groen woud wees wanneer sy nie meer daar is nie? En wat sal gebeur as die houtkappers aanhou om so vreeslik baie bome af te kap, sonder om nuwes te plant? Miskien kan die groen dogtertjie wat op 'n dag die woud besoek, Arboreta help om die woud te red ... maar hoe?

vetseun
Katvoet / (eBook) ....... 2009 HUMAN & ROUSSEAU/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798151078
ISBN: 9780798154857

Riana Scheepers se kortverhaalbundel is 'n sjarmante, onthutsende kombinasie van erotiek en gevaar, 'n bundel waarin die skynbaar alledaagse dikwels aanleiding gee tot irrasionele en selfs wonderbaarlike lewenservarings.
Ek is die vrou wat die nag opsoek. Ek is die vrou wat snags uit my bed opstaan en loop. Ek is die vrou wat my klere uittrek en opkyk na die maan. Ek is die vrou wat katvoet loop. Ek is die vrou wat die nag nodig het, soos suurstof. Riana Scheepers se kortverhaalbundel is 'n sjarmante, onthutsende kombinasie van erotiek en gevaar, 'n bundel waarin die skynbaar alledaagse dikwels aanleiding gee tot irrasionele en selfs wonderbaarlike lewenservarings. Vanuit 'n sterk sensuele vroulike perspektief word Afrika-mistiek en die liefde sterk op die voorgrond geplaas, en bowenal word hierdie bundel 'n viering van onblusbare lewensdrif.

vetseun
Verlore Paradyse ............ 2001 KAGISO/2006 MASKEW MILLER LONGMAN
Nico Snyman; Riana Scheepers
ISBN: 9780636070516

Die hersiene uitgawe van hierdie titel sluit 'n wye verskeidenheid outentieke kortverhale in. Die bundel bevat splinternuwe kortverhale wat vir die eerste maal gepubliseer word. Daar is opsommings, verklarende aantekeninge, vrae, aktiwiteite en wenke vir elke verhaal. - graffitibooks.co.za

vetseun
Die avonture van Wilde Willemientjie . 2006 TAFELBERG
illustrasies, Vian Oelofson

vetseun
Die melkweg het 'n ster laat val (Kortverhale) . 2006 HUMAN & ROUSSEAU
saamgestel, Riana Scheepers; Nicci Thabo

Met die verhale so uiteenlopend en indrukwekkend soos die hemelruim self - het die samestellers iets merkwaardigs reggekry: Vir die eerste keer is Afrikaans verhale vanoor die hele geletterdheidspektrum in 'n bundel byeengebring.
Toe die samestellers 'n ope uitnodiging aan die skrywende en nie-skrywende skrywers van Suid-Afrika gerig het "Skryf vir ons 'n storie oor 'n plaas!" - het niemand verwag dat die reaksie so oorweldigend, so oorrompelend sou wees nie. Binne 'n kort bestek is verhale ontvang vanoor die lengte en breedte van hierdie wye en droewe land, maar ook uit Nederland, Belgie, Taiwan, Engeland en selfs Irak. Oor elke denkbare aspek van plaas en boerdery is daar geskryf - van die gul wynlande van die Boland tot die barre droogteveld van die Noordweste en die vloede van die Oos-Kaap. Van waternood tot watersnood, van brande en diere en masjiene, die liefdevolle naasbestaan van mense in 'n afgelee gebied tot verraad en bedrog en verkragting in ruimtes waar min ander mense kom.Die hele geskiedenis van hierdie land is betrek, van die vroegste plase wat uitgegee is aan die eerste vryboere, tot die hedendaagse problematiek van plaasmoorde en -besettings en die wil om te oorleef op 'n stuk grond. - graffitibooks.co.za

vetseun
'n Engel in my huis ...... 2005 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869190910

'n Engel in my huis is 'n keur uit sketse wat in Die Burger verskyn het. Wat is dan met my dat ek alewig opsoek is na 'n huis? vra Riana Scheepers in een van die sketse van hierdie bundel. Oral waar sy reis, is sy alewig op soek na 'n huis wat sy kan koop, al is dit net met die oë. En dan stel sy voor hoe so 'n huis bewoon kan word, of dit nou 'n herehuis in Ierland is of 'n Karoohuisie in Loxton, 'n trappiesgewelhuis of 'n skuur naby Malmesbury. Of les bes die liefste huis van almal: haar eenvoudige vissershuisie aan die Weskus. Vir Scheepers is huise die hulsels waarin en waaruit gelewe word, waar mense mekaar ontmoet, waar kosbaarhede versamel word, waar gul maaltye berei word, maar ook vanwaar paaie na ver plekke aangedurf kan word, vanwaar jy beweeg om ander te ontmoet.

vetseun
My voete loop na Wellington (Rubrieke) . 2003 PROTEA BOEKHUIS/SUN E-SHOP
ISBN: 9781869190316

"In hierdie bundel opwindende sketse neem die veelbekroonde skrywer haar lesers op reis na Pelgrimsrus, die vergete dorpie Eselbank in die Sederberge, Paternoster aan die Weskus en Namibië. Sy reis ook verder na die Skotse Hooglande, Buenos Aires met sy polsende tango, en klein Griekse dorpies wat wit en blou en pragtig is. Die reise is te voet, per trein, per vliegtuig en selfs per besemstok! My voete loop na Wellington ... is 'n keur uit sketse wat in Beeld, Die Volksblad, De Kat en Rooi Rose verskyn het." - SUN E-SHOP

2003 - (Blinde sambok, Met die taal van karmosyn) ATKV Kinderboek prys

vetseunvetseun
Blinde Sambok (Jeugroman) . 2001 TAFELBERG

vetseun
Met die taal van Karmosyn (Poësie) . 2001 HUMAN & ROUSSEAU

Die bekende prosaskrywer Riana Scheepers keer terug met 'n verrassing: haar debuut-digbundel.
Hierdie versameling passievolle, dramatiese verse belig 'n verskeidenheid temas: reise (plaaslik, na die buiteland én ook na die éie 'binneland'), die verhouding met die ouers, die verhouding met die aarde, die verhouding met Afrika, die verhouding met die geliefde . . . En dan staan die erotiese en sensuele dikwels sterk voorop, met die spreker wat in een gedig verklaar:"met die taal van skarlaken/ brand my mond/ ek maak weer liefde/ ek én my taal/ met my mond. 'n Bundel wat geen leser onaangeraak sal laat nie. - graffitibooks.co.za

vetseun
Feeks (Kortverhale) .... 1999 HUMAN & ROUSSEAU
1998 - Feeks (Kortverhale), NED

1998 - Koos Prinsloo: Die skrywer en sy geskryfdes, doktorale proefskrif (TAFELBERG)
1997 - Dogters van Afrika, bloemlesing, saamgestel (TAFELBERG), NED, Dochters van Afrika

vetseun vetseun
Katriena, nee! (Kortverhale) . 1998/2004 FUNDI/LAPA UITGEWERS
1997 - Katriena, néé!, NED

"Katriena en Mevrou sorg weer vir lekkerlag-vermaak, soos hulle gedoen het in Haai, Katriena - wat vertel jy my nou! en Nou lieg jy mos, Katriena!
Katriena, néé! bevat agtien uiteenlopende storietemas. Katriena vertel van 'n soetkysie kraalmis, 'n double burger en tjips, die arme outjie in bed nommer 4, 'n baie spesiale dummie!, 'n double Jeyes Fluid en Jik, 'n bondel skottelgoed in die oond en nog meer.
Katriena se deernis met mense en hulle doene en late skemer telkens deur, net soos haar liefde vir Mevrou en haar seunskinners.
Katriena, Mevrou en Marinus, van die broekielace-huis oorkant die straat, sorg ook vir elf resepte van hulle gunsteling geregte en lekkernye.
Katriena, néé! is dus sommer 'n lekker lees - en lekker eet - boek!" - LAPA

vetseun vetseun
Nou lieg jy mos, Katriena! (Kortverhale) . 1996 JP van der WALT/2001 LAPA UITGEWERS
1995 - Katriena, nou lieg jy mos!, NED

"Almal se gunsteling-char bied in hierdie bundel weer 'n dosyn en nog 'n bietjie stories. As daar nie luise in die halwe huis is nie, is daar iets onnoembaars in die sjerrie. Tussendeur deel sy links en regs resepte uit met sulke interessante name soos Slinger-om-die-smoel vir lekker bak tussen die lees deur!" - LAPA

1995 - Haai Katriena, wat vertel jy my nou! (Kortverhale), NED

vetseun
Die heidendogters jubel . 1997 TAFELBERG
ISBN: 9780624033813
Die
heidendogters jubel is die bekroonde kortprosaskrywer Riana Scheepers
se eerste roman - 'n indrukwekkende debuut. Nina het gedink dis 'n
avontuurlike uitstappie om vir die soldaat in die kamp te gaan kuier,
maar voor sy weet, sit sy gevange in sy kame

1995 - Die heidendogters jubel (Roman) (TAFELBERG), NED, De Heidendochters juichen

vetseun vetseun
Haai, Katriena - Wat vertel jy my nou? (Kortverhale) . 1994 JP van der WALT/2002 LAPA UITGEWERS

"Die verhale is gebôre uit skerp waarneming en uit bykans onvermurfbare selfondersoek. Dit is geskryf met eerlikheid en 'n opregtheid byna ontstellend is en dit is hierdie getrouheid aan die realiteit van ons tyd wat hierdie bundel so uniek maak. Daar is egter ook 'n groot mate van humor en plek-plek geneentheid wat die situasie vir Katriena en die mense met wie sy in aanraking kom, draaglik maak." - LAPA

vetseun
'n Huis Met Drie En 'n Half Stories (Kortverhale) . 1994 TAFELBERG
NED, Onbevlekte ontvangenis
ISBN: 9780624032922

Riana Scheepers het as skrywer geen bekendstelling nodig by Afrikaanse lesers nie. In 'n Huis met drie en 'n half stories is die vrou in al haar gedaantes die hooffiguur in dié uitsonderlike 19 verhale.

1992 - (Dulle Griet, NED) Akademie vir Wetenskap en Kuns, Eugène Maraisprys

vetseun
Dulle Griet (Kortverhale) . 1991 TAFELBERG

1991 - Liefde en Geweld (TAFELBERG)
1991 - (Die ring in die vuur) ATKV-Prosaprys, F.A.K.-prys
1990 - Die ring in die vuur (HAUM)
1988 - Die ring in die vuur, NED, Mujeres Zulues, SPA



skakels :








2020 05 31 - Petronel Baard And Friends - a Message of Hope: Godfrey Johnson, Riku Lätti, Stef Kruger, Riana Scheepers, Luna Paige, Phillipe Kangi, Jean Tunes Marais, McCoy Mrubata, Ben Schoeman, Gavin Jay, Jackie Lätti, Schalk Maas, Altan Ungerer, Jannie du Toit
vetseun



bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )