


















Riaan Venter (Venter, Riaan) (Die Nutsman) .co.za

Die Nutsman (Stokperdjie) . EET 01480 2006/2007/2009 SABC2/LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799336429 (2006, LAPA UITGEWERS)
ISBN: 9780799344370 (2009, LAPA UITGEWERS)
"REEDS OOR DIE 12000 BOEKE VERKOOP! Riaan Venter van SABC2 se Die Nutsman-faam se eerste selfdoen-handleiding in boekformaat. Riaan demonstreer stapsgewys hoe om van 'n bababed tot 'n staal fietsstaander te maak. Hierdie splinternuwe, eerste handleiding sluit ook onder andere in -die installering van 'n toilet, bad en wasbak - installering van kombuiskaste - vervanging van ruite - elektriese werk - sekuriteitsprojekte - loodgieterwerk en VELE MEER! Alle stappe word deur middel van volkleur foto's toegelig met duidelike aanwysings, lyste van benodigdhede, snylyste en akkurate tegniese tekeninge - 'n uiters geskikte geskenk vir selfdoenprojekliefhebbers. Riaan Venter is die aanbieder van die bekende SABC2-program, Die Nutsman, wat vanjaar reeds in sy vyfde reeks is en op Woensdae uitgesaai word. Riaan is ook die aanbieder van die bekende en gewilde kinderprogram, Iketsetsi, wat op Saterdae uitgesaai word. In dié program wys Riaan vir kinders hoe om kreatiewe handwerkprojekte te doen. Ook beskikbaar in Engels as The Handyman: Do-It-Yourself." - LAPA UITGEWERS


The Handy Man ....................... LAPA UITGEWERS
" It has finally arrived: the first DIY manual by Riaan Venter, presenter of SABC2 popular Die Nutsman series.
Riaan provides step-by-step instructions on how to:
- Construct a baby's cot
- Make a steel bicycle stand
- Install a toilet, bath and basin,
- Install kitchen cabinets
- Replace a broken windowpane
- Electrical work
- Security features
- Plumbing, and much, much more!!
Full colour photographs illustrating each step are complemented by clear instructions, complete lists of items required, and accurate technical diagrams - resulting in an invaluable manual as a gift for DIY enthusiasts.
Riaan Venter is the presenter of SABC2's popular programme on DIY projects, Die Nutsman, which is screened on Wednesdays and is currently in its fifth series. He also presents a fun creative crafts programme for children, Iketsetse, on Saturdays." - LAPA UITGEWERS

Die Nutsman Deel 3DVD . SABC2
* Dekor met mat, kussingkies, lampskerms, gordyne, blindings, TV kas, leerbanke en oortrekmateriale.
* Wenke vir die hang van gewone deure en instandhouding van skuifdeure
* Inrig van 'n klein kombuisie
* Skep 'n studeerkamer met praktiese rakke, mat, mini-hangkas en 'n lessenaar
* Kombuisopknap met nuwe teëls, kassies, graniet werksoppervlakke, opwasbak en krane
* Maak 'n ottoman en lampskerm
* Skep ekstra pakplek
* Motoriseer jou motorhuisdeure

Die Nutsman Deel 2DVD . SABC2
* Die insit van sekuriteitshekke
* Bring diefwering aan voor vensters
* Waterdigting van klam mure
* Installeer 'n uitsuig-dakwaaier in 'n badkamer
* Insit van houtvloere
* Maak 'n hout voetplank
* Omskep 'n babakamer in 'n kleuterkamer
* Wenke vir die bou van badkamers en buitestort
* Tuinmaak vir geur
* Nuttige kersgeskenke

Die Nutsman DVD .............. SABC2
* Die oprigting van 'n seil sonskerm en die versiering van 'n asbesafdak met 'n rietplafon
* Bou 'n bosveldbraai van klip en sement
* Bou 'n nuwe braai
* Bou en instandhouding van visdamme en houtdekke
* Bou 'n kruietuin en 'n hout lêstoel vir die buitelug
* Instandhouding, skoonmaak, waterdigting en verf van mure en dakke
* Maak en restourasie van hout patiomeubels.
* Oprig van 'n palissadeheining, aanbring van 'n hekmotor en die insit van 'n dakvenster


Sweiswerk .......................... 2008 LAPA UITGEWERS
Riaan Venter, Aanbieder van SABC2 se DIY met Riaan - maar veral beter bekend as Die Nutsman - wys jou hoe om sweiswerk te bemeester in hierdie eerste van 'n reeks selfdoenboeke oor verskeie onderwerpe.
Hy demonstreer in eenvoudige stappe hoe enigeen met 'n sweismasjien die 25 interessante projekte kan aanpak. Elke projek word toegelig met duidelike snylyste, akkurate tegniese tekeninge, sta-vir-stap aanwysings en volkleur foto's.
Maak in 'n japtrap 'n:
-Veelsydige potplantrak
-Stewige buitetafel met stoele
-Kompakte braaier en braaigereedskap
-Veiligheidshek en VELE MEER!" - LAPA UITGEWERS

Die Nutsman #4 video . EET980 2005 SABC2
Vloere, Restourasie, Sitkamermeubels, Beligting, Bou jou eie bed, Maak jou die eie kopstuk (119min) R90

Die Nutsman #3 video . EET978 2005 SABC2
Buite-Area, Swembad & Jacuzzi, Besproeiing, Bou jou eie braai, Waterversiering & Lae onderhoud tuine (103min) R90

Die Nutsman #2 video . EET976 2005 SABC2
Kombuis, bad-, slaap-, baba-, speel-, TV- en studeerkamer (160min) R90

Die Nutsman #1 . video EET974 2005 SABC2
Winter, hitte, motorhuis, sekuriteit, Jungle gym (115min) R90
skakels : nutsman.co.za

