Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Riaan Cruywagen (Cruywagen, Riaan)
vetseun
Die Avonture Van Prof Ontplof - Volume 2 . LBMD084 2013 LOUIS BRITTZ MUSIEK

vetseun
Die Avonture Van Prof Ontplof - Volume 1 . 2013 MERCHANT/RSG
- Soos vertel deur Riaan Cruywagen, Verna Vels en Inè Reynierse
1. Die Sheep - P - S Avontuur
2. Die Vergeet-Komeet Avontuur
3. Die Ama Zinki-Zinki Avontuur
4. Die Langvinger-Wolkvanger Avontuur

"Die Avonture Van Prof Ontplof" stock has arrived at Merchant Music and is now available from us! You can expect it in stores within the next few weeks. This new Afrikaans children stories CD has been written specially to take our children on adventures, to make them laugh, to let them use their imagination and to expose them to life lessons and Christian values. It is ideal for 4-9 year old's, but we are positive that children of all ages will enjoy these stories! Volume 1 consists out of 4 stories of 12-15 minutes each. What makes this even more unique is that the voices of the Afrikaans legends, Riaan Cruywagen (the voice of Prof Ontplof that builds gadgets) & Verna Vels (the voice of Ham Burger, the porcupine), were used. Inè Reynierse, the writer of these stories, is the voice of Kiekie Magrietjie le Roux, the 8-year old girl who likes to go on adventures where she can help people.

vetseun
Wat's Nuus / (eBook) . 2012 NALEDI
ISBN: 9781920518158
ISBN: 9781920518226

Hier is dit nou! Riaan klim uit die TV-kas! Sy langverwagte outobiografie met die ware Riaan gaan elke mens laat regop sit. Gou word die leser in hierdie kostelike, gemaklike en informatiewe biografie ingetrek, sodat jy later absoluut meegevoer word deur die welkome inligting. Dit voel eintlik asof jy vir ete by die Cruywagens genooi is en jy in 'n diep gemakstoel na daardie welluidende mooi stem sit en luister wat op 'n boertige en gesellige manier onthou. Hy bring al vir die afgelope 47 jaar vir ons die nuus in ons huis en lyk sowaar nog presies dieselfde. Vind uit hoekom hy die geloofwaardigste Suid-Afrikaner naas Nelson Mandela is. In hierdie boek wys ons jou wie Riaan werklik is. 'n Familieman wat 'n passie het vir Afrikaans en wat mal is oor 'n goeie grap. Hier boek gaan jou laat skater van die lag en jou hart laat warm klop na jy dit gelees het.

Na 47 jaar in die uitsaaiwese onthul Riaan Cruywagen uiteindelik wat agter die SABC en SAUK se skerms gebeur en hoe hy dit regkry om na 37 jaar nogsteeds vir ons die nuus te bring in ons huis op die televisie. Riaan vertel onder andere waarom hy so histeries gelag het met 'n uitsending in die tagtigerjare, waarom hy deesdae in popmusiek videos verskyn en saam met pragtige halfkaalmeisies in 'n borrelbad sit. In hierdie kostelike, gemaklike en insiggewende outobiografie word die leser meegevoer in Riaan se lewe agter die skerms van 47 jaar in die uitsaaiwese maar ook sy persoonlike lewe. Sy bekende mooi stem is deurgaans kristalhelder deur die boek wat jou gaan laat skater van die lag en jou hart sommer lekker warm gaan laat klop. Nadat jy die boek gelees het sal jy verstaan hoekom Riaan Cruywagen een van die geloofwaardigste Suid-Afrikaners naas Nelson Mandela is en ook een van die bekendste gesigte en stemme in die Afrikaanse kultuurwêreld is.
RIAAN CRUYWAGEN is die langsdienende TV-nuusaanbieder in Suid-Afrika. Hy vier in 2012 sy 47ste jaar in die uitsaaiwese en sy 37ste jaar as TV-nuusaanbieder.Sy uitsaailoopbaan het in 1965 tydens sy studentedae op Stellenbosch begin totdat hy ná voltooiing van sy graadstudies in 1968 voltyds as omroeper by die Afrikaanse Diens in Johannesburg aangestel is. Van 1971 tot 1974 het Cruywagen in Nederland gewoon, waar hy drie jaar lank as omroeper by die Afrikaanse Afdeling van Radio Nederland Wereldomroep in Hilversum gewerk het. Met sy terugkeer na Suid-Afrika in 1974 is hy aangestel en opgelei as een van die eerste TV-regisseurs by die nuwe SAUK-Televisiediens. Vanweë sy belangstelling in nuus en aktualiteit, het hy met die totstandkoming van die SAUK se TV-Nuusdiens in 1975 'n lid van die redaksie.Hy is in 1975 twee maande lank na die VSA en Brittanje gestuur om nuusregie te gaan bestudeer en het met sy terugkeer baie gedoen om 'n eie styl en voorkoms vir die SAUK se TV-nuusuitsendings te help ontwikkel. As Afrikaanse joernalis, nuusredakteur en -aanbieder het hy meegewerk aan die vestiging van 'n skryf- en visualiseringstyl vir TV-nuusberigte.As radiospeler het hy reeds in sy eerste studiejaar op universiteit aan tallose Radioteater- en Kleinteaterproduksies vir die Afrikaanse Diens begin deelneem en ook vir dié radiodiens én Springbokradio hoofrolle en ander karakterrolle in Afrikaanse vervolgverhale vertolk. Ook in die reklamewese het hy hom spoedig vir vier dekades as 'n gesogte Afrikaanse stemkunstenaar gevestig. Sy stem is in letterlik duisende radio-advertensies gebruik. Hy het nooit geskroom om reklameagente beleefd op taalfoute in die Afrikaanse kopie te wys nie en het by verskeie geleenthede Engelse advertensiekopie op versoek in Afrikaans herskryf. Hy was ook jare lank die amptelike voorleser van die sitate by die jaarlikse ordetoekennings deur die Staatspresident.Cruywagen was van 1981 tot 1983 in Washington DC die SAUK se verteenwoordiger in die VSA en Kanada en by die Verenigde Nasies, en het in dié tyd daagliks nuusverslaggewing vir die SAUK se radio- en TV-dienste gedoen. Hy was ook sedert 1985 ononderbroke 'n lid van die SAUK se Komitee vir Afrikaanse Taaladvies (KTA), waar hy die TV-nuusdiens tien jaar lank tot met die ontbinding van die KTA in 1995 verteenwoordig het. In dié tyd het hy aan sy kollegas by TV-nuus die KTA se Afrikaanse uitspraakriglyne en algemene taaladvies oorgedra. Sedertdien - en by gebrek aan 'n KTA - raadpleeg radio- en TV-kollegas hom steeds oor Afrikaanse taalkwessies, bloot op grond van sy jare lange ervaring. Selfs buite uitsaaiverband word sy mening oor taal- en uitspraaksake ingewin.

vetseunvetseun
What's News .............. 2012 NALEDI
ISBN: 9780987038807

Consequently, this book is nothing more than that - stories about my life and career as I relive and remember it, written in the same way that I speak. Sometimes I interrupt myself and wander off, but that is an old Cruywagen tendency I inherited from my father. Here and there, there may be some apocryphal material, but that is limited to stories I have taken on hearsay. I am not making excuses for them, as I am passing them on to you the way they were told to me. As the news-people always say jokingly, Why spoil a good story with the facts? It is quite often the case that people who are in the public eye also stimulate the curiosity of that public. On reading this book, everyone will know exactly where and how I grew up, who my parents and siblings were, where I went to school and studied, and more. In fact, after this it should not be necessary to grant media interviews, because there will be nothing left to say. It is thanks to the SABC that I could follow a fulfilling career in broadcasting, and that I became of some renown. I did not strive for fame; that came with the job. Neither did I consciously compete in the popularity stakes; all that I did was to do my job, to the best of my ability. I have an aversion to awards, for which you have to nominate yourself. In my opinion, your employer should submit examples of your best work for acclamation, if it's good enough. That is why I absolutely refused to enter the SABC's Artes Awards of the day. The dozen or so awards that I received were all, without exception, bestowed on me spontaneously by organisations outside of the SABC. At the time of writing this book, I have been in the broadcasting industry for 47 years, of which the first ten years were in radio and the rest in television. By looking at the TV news rosters, I have calculated that I have presented the news on television more than 7 000 times - and I am still learning. My sincere thanks and appreciation goes to all the radio listeners and television viewers who have let me into their homes and tolerated me over the years.

vetseunvetseunvetseun
Haas Das Hou Konsert DVD . DVAT6196 2007 VAT VYF MUSIEK/SONY MUSIC/BMG
1. Mieliekopterlied
2. Diereliedjie
3. Elke Dier Maak 'n Geluid
4. Groot Oom Flapoor
5. Moeder Raaf
6. Handjies Handjies
7. Warm Pap Maroela
8. Die Dapper Muis
9. Bobbejane Bop
10. Haas Das Se Nuuskas
11. Mieliekopterlied
plus Kareoke snit vir al 11 snitte.

Haas Das first made its appearance on SABC in the 1970's the creation of producer Louise Smit that featured the voice of Riaan Cruywagen as the lovable rabbit. For 30 years, poeple have been asking Smit "When is Haas Das coming back"?
Now one of South Africa's most lovable television creations has returned with five brand new songs as well as the classics children all over the country grew to love Haas Das for! In this long-awaited release the news is read, the weather presented by Piet Muis and then Haas Das himself decides to stage a concert for the King to try and get rid of his awful headache.
Along comes guest artist, Gert van Tonder, who arrives in "Diereland" from "Menseland" in a helicopter and the fun begins. All the characters that children grew to love on the original television series are back as well as soem new ones.
Grootoom Flapoor, Bettina Bobbejaan and her two sons Bakkies en Boeboe are just a few of the characters that turn up on this great DVD that will take today's adults back in time, and prove a hit with parents looking for homegrown fun for their children.

Plus: A Bonus Karaoke opsie
Die storie wat tussen die liedjies vertel word deur 'n klomp baie oulike en snaakse diere is dié een: Koning Leeu het al dae lank 'n skeelhoofpyn. Daarom besluit Haas Das om 'n verrassingskonsert te reël om die ou perd op te vrolik. Al sy diervriende werk saam om dit 'n onvergeetlike aand vir Koning Leeu te maak.

vetseun
Haas Das LP ............... MFP 55001 1978 MUSIC FOR PLEASURE
Kant Een:
1. Haas Das Temalied (B. Bierman, L. Smit, G. van Tonder)
2. Piet Muis Raak Parmantig (L. Smit)
Kant Twee:
1. Haas Das Op Leeupark (L. Smit)

Haas Das stem deur Riaan Cruywagen, Piet Muis stem deur Monica Breed, Regisseuse deur Louise Smit, Klankingenieur, Koos Botha, Klankeffekte, Leon Roux, Kobus Ras, Boeremusiek, Hansie Roodt (Ghitaar), Corrie Nortjé (Konsertina), Musiekverwerking, Hennie van Loggerenberg, Advertensies, Hennie van Loggerenberg (Komposisies), Louise Smit (Woorde)


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)